Sunday 17 July 2016

Bid aan tafel!

Klein Kosie en sy gesin eet Sondagmiddae by sy ouma. Net toe almal aan tafel is, begin ouma die kos opskep. Toe Kosie sy bord kos ontvang, begin hy dadelik eet.
"Kosie, asseblief!" sê sy ma, "Wag asseblief tot ons gebid het."
"Ek hoef nie," sê hy dadelik.
"Natuurlik moet jy!" antwoord sy ma. "Ons bid altyd voordat ons by die huis eet."

"Ja, maar dit is by ons huis." verduidelik Kosie. "Maar hierdie is Ouma se huis en sy weet hoe om te kook."