Sunday 24 July 2016

Blapse in kerkblaadjies!

# Dames, moenie die krap-en-koop-aand vergeet nie. Dis ook jou kans om van al die onnodige goed in jou huis ontslae te raak. Onthou om jou man saam te bring.

# Die Interkerklike Vredesberaad is gekanselleer weens sinodale konflik.

# Moenie dat bekommernis jou doodmaak nie. Laat die kerk help.

# Die koste vir bywoning van die gebed- en vaskonferensie sluit die koste van die etes in.

# Vanoggend se erediens handel oor "Ons Redder loop op die water".
Vanaand se preek: "Waar is ons Redder?"

# Me. Charlene Madison van die Metodiste-gemeente het vir ons, "I will not pass this way again" gesing, wat ons almal groot vreugde verskaf het.

# Volgende Donderdag is daar oudisies vir die kerkkoor. Kom gerus as jy niks aan het nie.

# Barbara is nog in die hospitaal vir bloedoortappings. Sy sukkel om te slaap en het kassette van pastoor Jack se preke gevra.

# Die pastoor gaan sy afskeidspreek lewer, waarna die koor gaan sing, "O blye dag".

# Bertie Buitendag en Petro Prinsloo is op 3 Oktober getroud. En so eindig 'n mooi vriendskap wat in hul skooljare begin het.

# 'n Boontjiesop-aand gaan in die kerk se lapa gehou word. Bring 'n baadjie saam ingeval dit winderig en onplesierig raak.

# Die onderwerp van Maandagaand se gemeentebiduur is: "Die hemel, hoe kan jy daar kom?" Vervoer vertrek om 19:00 van die bushalte oorkant die ouetehuis.

# Die lae selfbeeld-ondersteuningsgroep vergader Donderdagmiddag om 15:00 in die sysaal. Gebruik asseblief die agterdeur.

# Die Weight Watchers-groep vergader Dinsdagmiddag om 14:00 in die saal. Gebruik asb die dubbeldeure by die sy-ingang.