Tuesday 30 October 2018

Het u 'n tydjie om uit te reik?

Binne die grense van die gemeente, is daar twee tehuise om by betrokke te raak: Sally Aucamp en Ons Huis.

Dit is van die uiterste belang dat die inwoners nie voel dat hulle op die kantlyn van die lewe staan nie. Wysheid en lewenservaring is deel van dié inwoners se menswees. Kom deel gerus daarin.

Raak betrokke by die wel en weë van hierdie eens baie aktiewe mense van die samelewing.