Monday 14 September 2020

Neem tyd o verloste, word rustig voor Hom!

Rus rustig in die holte van Sy hand,
Hy genees die wat gebroke is van Hart,
Hy verbind die wonde van hulle
Wat verslae is van gees,

Die Meester en Koning van ons hart
Het al ons krankhede op Hom geneem
Ons smarte-die het Hy gedra…

Die Meester nooi NOU vir jou en my
“Kom nou, jy wat dors, honger, hartseer is,
Luister na My, en jy sal lewe.
Kom na My toe, jy wat moeg en swaar laste,
Jy wat seer pyn in jou liggaam,
Seer pyn in jou hart dra…..
En jou laste word net te swaar…
Ek sal jou rus gee.
Ek sal jou verkwik!
Ek sal jou nuwe krag gee!

Wees sterk en vol moed,
Wees nie bevrees of verskrik nie,
Want Ek, die Here jou God
Is met jou, oral waar jy heengaan.