Friday, 30 May 2025

'n Kuier-karnaval van kleur en klank oor 'n dag - bring jou vriende saam!!


Moenie Dutoitspan se heerlike kuierkanrnaval mis nie!
Wanneer: 31 Mei 2025
Waar: Dutoitspan Kerkterrein
Tyd: 09:00-14:00

Die Vrede en Liefde van God is met julle

Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee. My juk is sag en My las is lig (Mat.11:25-30 ). 
Jesus wil die swaar jukke, bekommernisse en laste wat ons dra, van ons afhaal. In die plek daarvan wil Hy ons herstel tot die mens wat Hy vanaf die begin beplan het dat ons moet wees. Vir dit om te gebeur, moet sekere vleeslike werke in ons lewe sterwe en plek maak vir die geestelike vrugte. 
Ongelukkig sal ons solank ons op aarde is, altyd 'n stryd voer tussen die Gees en vlees wat albei in ons woon ( Gal.5:16 ev.) Die keuse van wie in ons gaan heers, berus by ons. Heiligmaking is wanneer ons kies om 'n verandering in ons lewe te bring. Daarmee sal die Here ons help (Rom.12:2). Hy sal nooit teen ons keuse indruis nie. Ons het die ewige lewe gekies wat Hy vir ons aangebied het. Nou gaan ons verder en kies ook om die lewe te leef wat Hom behaag. Kortliks, ons kies wie ons God is en dien Hom, ons kan nie twee gode dien nie. Ons kies om goeie vrugte te dra (Joh.15).
Bid asseblief gereeld en getrou vir ons land en volk en ook by name vir ons regering. Die Here is lief vir ons. Kom ons dra ons liefde vir Hom elke dag net meer en meer uit. 
[Dankie, Anoniem, vir die deel van hierdie gedagtes.]

Thursday, 29 May 2025

Dink hieroor: Hy ken jou naam

Jy is gebore met 'n doel.
God is met jou oral waar jy gaan.
Hy ken jou deur en deur.
Hy ken jou naam,
dis in Sy handpalm gegraveer.
Hy sien alles wat jy doen en
Hy weet van alles waardeur jy gaan.

Wednesday, 28 May 2025

'n Kuier-karnaval van kleur en klank oor 3 dae - sien jou daar!!


Moenie Dutoitspan se heerlike kuierkanrnaval mis nie!
Wanneer: 31 Mei 2025
Waar: Dutoitspan Kerkterrein
Tyd: 09:00-14:00

Mossiestilte: Luk. 9:56

want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red. En hulle het na 'n ander dorp vertrek.


Die rede vir Jesus se koms was om mense se lewens te red.
Glo in God en in die redding deur sy Seun. Sy Heilige Gees leer jou en lei jou in die spore van geregtigheid deur die bloed van Jesus.
Die Vader se liefde vir die mens verteer Hom so dat Hy tot die uiterste gegaan het om die mens te herstel tot, sy vorige beeld sonder sonde.
Daar sal altyd mense wees wat die Messias sal verwerp.
Maar God bly getrou aan sy woord om die mens te red.

Dankie Here, vir u redding en geregtigheid, wat my toegang tot die ewige lewe gee. U het my uitverkies ten spyte van my sonde en ontrouheid. Vader U het opdrag gegee dat ons na Jesus moet luister, u geliefde Seun (vers 35). Johannes sê ook in Joh. 1:29: Dáár is die Lam van God wat die sondes van die wêreld wegneem. Dankie Jesus, aan U al die eer en heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Tuesday, 27 May 2025

Gemeentenuus: Elizma’s Journey to Nationals

Die afgelope naweek het goeie nuus die Du Plessis-familie se pad gekruis. Ons deel dit graag met die res van die gemeente en die lesers. 

Glo en harde werk vorm o.a. deel van Elizma se wenresep. Die aanmoediging van 'n ouma is van onskatbare waarde vir 'n kleinkind. En die ondersteuning van haar gesin en familie wat in haar glo, is deel van Elizma se besondere reis.

Baie geluk en baie sterkte. Ons is saam met julle trots op hierdie uitsonderlike prestasie. Elizma se pa het haar reis in 'n paar bladsye opgesom. Mag dit ander wat op hierdie stadium klippe kou en wonder of uithou en aanhou die moeite werd is, tot aansporing dien.  

From Humble Beginnings to Provincial Champion

Elizma’s passion for karate began at the tender age of 10, inspired by the gentle encouragement of her grandfather. From those early days, her interest blossomed through the influence and support of her family. Little did she know that the path ahead would be filled with challenges and hurdles, demanding perseverance and grit. Her journey to success commenced with her enrolment in JKA Karate, where she began learning the art of self-control, discipline, and the fine techniques that form the foundation of this martial art.
 
Early Challenges and Determination

The road to victory was not an easy one. Elizma faced numerous obstacles, endured failures, and missed several competitions along the way. But her determination never wavered. She focused on her goal: to become a national medallist. Her unwavering commitment led her to surpass expectations, skipping grades and progressing rapidly under the guidance of her sensei and supportive teammates. By the age of 14, Elizma had gathered the courage to enter her first-ever competition. It was an uncharted territory for her, filled with uncertainty, but she chose to step forward on the road less travelled.

Facing the Regional Competition

Elizma participated in the SA JKA Regional Competition, a prestigious and highly competitive event where she faced off against provincial champions. Despite being a brown belt competing against higher-grade opponents, she refused to shy away. Intimidated but determined, she drew upon every ounce of strength and faced her fears head-on. Overwhelmed by doubt, a motivational boost from her sensei, father, and friends reignited her courage. In that pivotal moment, she felt the grace of God guiding her through the nerve-wracking experience.
 
Triumph Against All Odds

With renewed bravery, Elizma faced her opponents with resilience and strength. Her efforts bore fruit as she finished in second and third place, earning her provincial colours. The realization of her achievement dawned slowly—she had emerged as the Northern Cape JKA Champion, a title that marked a significant milestone in her karate career. This victory filled her with pride and boosted her self-esteem, but Elizma knew the journey was far from over.

Preparing for Nationals

With only three months remaining until the South African National Competition, Elizma plunged into intense preparation. The stakes were higher than ever, and her daily routine was marked by effort, hard work, and steadfast determination. She embraced the obstacles ahead, viewing them as stepping stones to her dream. The countdown to nationals had begun, and Elizma was ready to face whatever challenges lay ahead.

Her journey serves as a testament to the power of perseverance, faith, and the unwavering determination to succeed. Elizma’s story is one of courage, resilience, and the indomitable spirit that drives individuals to overcome their fears and achieve greatness. As the South African National Competition approaches, she stands as a shining example of what can be accomplished through dedication and belief in oneself.

The day Has Come

As the day approached, Elizma embarked on yet another defining moment in her journey. On the 23rd of May 2025, she boarded SA Airlink for her first-ever flight, filled with a mix of excitement and apprehension. Her destination? The great golden city of Johannesburg, Gauteng, where dreams and challenges awaited. The adrenaline coursing through her veins was indescribable as she soared above the landscapes, marking a new milestone in her life.

Arriving at the Golden City

Landing at OR Tambo International Airport, Elizma was welcomed by her great aunt Annalize and uncle Jaco, who accompanied her during the hours leading up to the monumental event—the SA JKA National Karate Competition, held in conjunction with the African Cup of Nations. This prestigious event, hosted at the iconic Ellis Park Stadium, boasted over 5,000 competitors from across South Africa and the continent. Time seemed to stretch and bend as nerves, fear, and self-doubt crept in. But Elizma knew this moment required absolute focus, unwavering faith, and the strength she had built over years of dedication. With the comforting knowledge that her Heavenly Father would guide her once more; she steadied herself for the challenge ahead.

The Test of Time

The competition began with intensity, and Elizma faced her first opponent, securing a flawless victory that bolstered her confidence further. Yet, greater challenges lay ahead. Her next opponent was none other than the defending national champion from Gauteng, a formidable adversary. With determination, Elizma triumphed again without faltering. Her journey continued as she faced the Western Province Champion, claiming yet another flawless victory. It was only then that she realized the magnitude of her group—a daunting 18 competitors. Undeterred, she fought valiantly, steadily advancing through each match.

The final road to victory

By the time only four competitors remained, Elizma found herself tested to the limits. Despite her resilience, she endured her first loss in the tournament. Discouraged but not defeated, she regrouped for one final match. The moment came to an end, and as her name was called out to receive her medal and SA JKA National Colours, a wave of emotion swept over her. She had made it. Her dream had come true.

A Final Word

Elizma’s journey to the SA JKA National Karate Competition will forever serve as a testament to her unwavering determination, the strength of faith, and the courage to embrace every challenge. From the skies above Johannesburg to the arena of Ellis Park Stadium, she proved how a steadfast heart and resolute mind can transform dreams into reality, marking an unforgettable chapter in her story of perseverance and triumph.

This letter was written by Elizma’s Father.

Elizma, thank you for your hard work and believe in our Heavenly Father, through faith you can change the stars.

Love,
Mom, Dad and Melane

[Aangestuur deur Elsa Minne]

Afkondiging: Selgroep

Mandjie Hoop: Weet dat jou Verlosser leef

Mag jy nie teen jou omstandighede vaskyk nie,
maar opkyk en weet jou Verlosser leef.
Mag jy in God se waarheid staande bly
en deurdruk ten spyte van,
totdat Sy lig vir jou deurbreek.
Mag vertroue in jou Hemelse Vader
en die waarheid van Sy liefde
jou menswees oorneem
en vir jou vrede bring
in alles waardeur jy gaan.

Monday, 26 May 2025

'n Kuier-karnaval van kleur en klank oor 5 dae - sien jou daar!!


Dutoitspan se heerlike kuierkanrnaval is om die draai.
Wanneer: 31 Mei 2025
Waar: Dutoitspan Kerkterrein
Tyd: 09:00-14:00

Gebed: Here, daar is geraas in my hart

Al word dit soms stil rondom my, is dit of die geraas binne my net nie stil word nie.
As ek besig is, dan pla dit my nie so erg nie, dan is dit maar soos donderweer in die verte.

Maar as dit stil word rondom my, daar waar ek in die nag wakker lê en peins, dan word hierdie veraf gedreun ‘n skrikwekkende storm.

En die klank is nie die majestueuse klank van ‘n simfonie wat opwerk tot ‘n magtige crescendo nie, nee, dis soos die oorverdowende gekap van potte en panne.

Wat ‘n lawaai. En ek voel magteloos om dit stil te maak hier binne-in my.

Here Jesus, U wat eens die wind en die golwe aangespreek het en dit het stil geword, maak dit stil in my.

Spreek net ‘n woord … en u vrede sal in my hart kom heers.

Ek wag … stil … geduldig.

Tot ek u liefdevolle opdrag hoor en as u vir my sê:
wees stil en weet, ek is die Heer.

[Outeur: Richard Foster]

Sunday, 25 May 2025

Geseënde Nagmaal


Foto's: Elsa Minne

Die taal van blomme


Foto's: Elsa Minne

Piet Smit se optrede - 'n belewenis!


Foto's: Elsa Minne

Mossiestilte: Op. 19:7

Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof  van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.

Die gelowiges se uiteinde, is die bruilof van die Lam, die Woord van God, die Seun van God, die Koning van alle konings. 
Die Here sal jou beklee met rein en blink fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.
Salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam.
Wees dus bly en verheug jou daarin.

Here, u genade beklee my met rein wit klere. U geregtigheid het my herskep in regstaande posisie weer met U. Ek sal soos voorheen weer saam met U wandel in u heerlikheid en glorie. U het my duur gekoop met u bloed. Dit wat ek nie verdien nie, gee U aan my. Dit wat ek verdien, het U op Uself geneem en aan die kruis vasgenael. Dankie Jesus, U liefde het my gered. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Saturday, 24 May 2025

Het jy kaartjies gekoop??


Moenie Piet Smit se sangboodskap vanaand 
mis nie - Saterdag 24 Mei - 18h00 vir 18h30.

'n Eenmalige geleentheid - het jy jou kaartjies al gekoop??

Sondag 08:15 vir 08h30 Nagmaal-erediens word deur Piet Smit aangebied.

Kontak kerkantoor vir enige verdere inligting: 053 842 1100

Kerkgenotjies: Besoek

* Die plattelandse dominee en sy vrou besoek die groot stad.
"Vrou, op hierdie plek kan ons nie bly nie."
"Hoekom nie?"
"Ek het nie woordeskat vir hierdie verkeer nie."
 
* "Pa, hoekom is Adam eerste gemaak?"
"Om hom 'n kans te gee dat hy ook iets kan sê." 

Gehoor van Karin en Frank, albei 95 jaar oud, wat na 70 jaar se getroude lewe besluit het om te skei?
Toe die dominee dit hoor, het hy dadelik navraag gaan doen waarom hulle dit nou nie maar nog vir die laaste rukkie saam kan uithou nie.
"Dominee," antwoord die man, "ons wou al jare gelede geskei het, maar ons het toe liewer besluit om eers te wag tot al die kinders dood is."

Friday, 23 May 2025

Sien jou en jou gesin daar!!!


Piet Smit maak met elkeen van julle 'n afspraak, Saterdag, 24 Mei - 18h00 vir 18h30.

Moenie hierdie spesiale geleentheid deur jou vingers laat glip nie. Daar is slegs 'n beperkte aantal kaartjies.

Sondag 08:15 vir 08h30 Nagmaal-erediens word deur Piet Smit aangebied.

Kontak kerkantoor vir enige verdere inligting: 053 842 1100

Thursday, 22 May 2025

Dink hieroor: Spesiaal vir jou van my af

Alles kan in 'n oogwink verander.
Want God werk op vreemde wyses.
Sy wil is nie ons wil nie.
Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.
Sy tyd is nie ons tyd nie.
Daarom moet jy:
* Diep dink.
* Saggies praat.
* Baie liefhê.
* Vriendelik wees.
* Hard werk
* Voluit lewe.
Want elkeen wat goed lewe, lewe lank, want ons lewenstyd word nie bereken in jare, dae of ure nie ...
Dink gerus en gereeld hieroor:
Vreugde, selfs liefde, sterf as jy dit nie vertroetel nie.
Daarom is dit nou tyd dat ons -
* Met sagte hande aan mekaar begin vat.
* Met sagte oë na mekaar begin kyk.
* Met sagte tonge met mekaar praat.
En sorg dat ons elke dag ons daaglikse dosis lag inkry!

Wednesday, 21 May 2025

Mossiestilte: Joh. 3:33-36

Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is.
Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie. 
Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. 
Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.

Johannes sê ook: Joh. 3:30: Hy moet meer word, maar ek minder.

Plaas jou hoop, geloof, en verwagting op Hom, die Koning van konings. 
Neem Hom aan vandag. Glo in Hom en kry die ewige lewe. God is waaragtig, sit sy seël daarop!

Here ek neem u getuienis aan. U is die waaragtige God. Dankie vir die Heilige Gees wat ook aan my gegee is. Ek glo in die Seun van God, wat die Vader gestuur het. Here gee my u woorde dat ek net dit sal spreek. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Tuesday, 20 May 2025

Kerkraadvoorstelling


Ons lees in Efesiërs 4 dat Christus aan "elkeen van ons" gawes gegee het om die liggaam van Christus op te bou.
Dutoitspan is dankbaar dat Marina Marais en Adriaan Broodryk hul hand opgesteek het en gesê het: "Here hier is ek stuur my."
Die arbeiders is min, terwyl die oes só groot is.
Baie seën vir die nuwe kerkraadslede in diens van die Here.

Foto's: Elsa Minne

Afkondiging: Selgroep

Mandjie Hoop: Sien hoop raak

 Mag jy vandag opkyk in geloof
en hoop raaksien.
Mag jy aanhou hoop, glo en vertrou.
God is vir jou,
jy is steeds in Sy hande.
Laat Sy liefde jou elke dag lei.

Monday, 19 May 2025

'n Gedagte om die week mee te begin

Wanneer jou omstandighede jou in 'n hoekie vasdruk -
Stel jou vertroue in God:
* Hy is ons Hulp
* Hy is ons Rotsvesting
* Hy is ons Skuilplek
as storms dreigend rondom ons woed. 

Wees geseënd en wees ook 'n seën vir ander in hierdie nuwe dag en nuwe week wat ons onverdiend uit die Vader se hand ontvang.

Sunday, 18 May 2025

Oesmaande: Mei

Mossiestilte: Jer. 32:27

Kyk, Ek is die Here, Die God van alle vlees; sou enige ding vir my te wonderbaar wees?

Wat is vir jou te groot of te wonderbaar?
Is daar 'n onoorkombare probleem in jou lewe?
Is daar iets wat jy dink, jy nie van mag kry, omdat jy jouself as te minderwaardig ag, vir wonderbare dinge?
Die Here is God van alle vlees. Die Here het mag om te neem en te gee. Gee Hom al die eer vir die lewe waarvoor Hy jou toegerus het. Blom op die plek waar God jou geplant het en verryk als om jou, deur die genade en mag, wat God aan jou gegee het.

Dankie Here, vir die wonderbare genade en heerlikheid, wat ek nou ervaar onder u heerskappy. U is die God van my vlees, U het my geskep na u beeld en u gelykenis. Toe ek ontrou was en weggeloop het, het U my op wonderbaarlike wyse kom red en met u kosbare bloed teruggekoop. Ek is 'n nuwe mens in Jesus Christus, regverig in U, deur u genade. Amen.

Saturday, 17 May 2025

Kerkgenotjies: Visser van mense

* Een van die gemeentelede het in die stilligheid 'n fortuinverteller besoek. 
Fortuinverteller: "Jy sal arm en ongelukkig wees totdat jy eendag veertig is."
Gemeentelid: "En dan?"
Fortuinverteller: "Dan sal jy daaraan gewoond wees."

* Die dominee en sy twee pragtige tienerdogters gaan stap 'n entjie langs die rivier toe hulle 'n hengelaar teëkom.
"Dag, Dominee," sê die hengelaar. "Kom jy ook visvang?"
"Nee," antwoord die dominee. "Ek is 'n visser van mense.
"A!" sê die hengelaar met sy oë op die twee dogters. "Dan gebruik jy die regte aas."

* 'n Kwaai vrou het 'n grafsteen vir haar oorlede man se graf laat maak met die woorde daarop: RUS IN VREDE.
Toe sy eendag sy klere uitpak, kry sy 'n brief wat hy van 'n ander vrou ontvang het in een van sy sakke.
Sy is dadelik weg na die grafsteenmakers. 
Vrou: "Meneer, ek wil glad nie meer daardie woorde op die grafsteen hê nie."
Grafsteenmaker: "Maar Mevrou, dit is klaar ingegraveer, en ons kan dit nie nou verander nie, tensy u nog iets wil byvoeg"
Vrou: "Wel, sit daarby: TOT EK KOM."

Friday, 16 May 2025

Rykdom is belasbaar

'n Belastinginspekteur kom eendag by 'n Christen aan om vas te stel hoeveel belasting hy moet betaal.
"Hoeveel besittings het jy?" vra die man van SARS.
"Ek is regtig baie ryk," antwoord die Christen.
"Gee my 'n lys van al jou besittings, asseblief," vra die agent.
Die Christen antwoord:
1. Ek het die Ewige Lewe - Joh. 3:16;
2. Ek het 'n huis in die hemel - Joh. 14:2;
3. Ek het vrede wat alle verstand te bowe gaan - Fil. 4:7;
4. Ek het onuitspreeklik vreugde - 1 Pet. 1:8;
5. Ek het liefde wat nie vergaan nie, -1 Kor. 13:8;
6. Ek het goeie en betroubare vriende (op WA en ook op FB) - Spr. 18:24;
7. Ek ken geen vrees nie - Hebr. 13:6;
8. Ek het die kroon van die lewe - Jak. 1:12"
Die agent maak sy boek toe en sê: "Meneer, jy is waarlik skatryk, maar jou rykdom is nie belasbaar nie."

Deel hierdie rykdom met almal wat jy lief het.

[Internet]

Thursday, 15 May 2025

Dink hieroor: Die restaurant-ete

'n Seun wat in Ceres woon, het sy bejaarde pa na 'n restaurant toe geneem. Aandete. Uiteet. 'n Luukse vir die oue van dae. Sy pa wat baie oud en swak was, kon nie regtig eet nie. Hy het kos op sy hemp en op sy broek gemors. Die ander mense in die restaurant het gestaar met afkeur, terwyl die seun baie kalm en bedagsaam opgetree het.
.
Na die ete, was sy seun geensins skaam of in 'n verleentheid nie. Hy het hom so ongesiens as moontlik na die badkamer gevat, die broek en hemp netjies skoongemaak. Sy pa se hare gekam en sy bril weer perfek opgesit. Toe hulle uit die badkamer kom, het die hele restaurant in doodse stilte na hulle twee gestaar.

Stemme het gefluister: ''Hoe kon hy hom so verneder voor al die mense?''

''Ja, nogal in die openbaar.''

Die seun het die rekening betaal en uitgestap saam met sy pa.

Teen daardie tyd, het 'n ou man tussen die mense uitgeroep na die seun en gevra: "Jongman, dink jy nie jy het iets agtergelaat nie?"

Die seun antwoord: “Nee, Meneer, ek het nie.''

Die ou man antwoord: "Ja, jy het! Jy het 'n les vir elke seun, oud of jonk, agtergelaat en hoop vir elke vader wat vanaand in hierdie restaurant sit."
.
Gedagte: Maak nie saak hoe oud die seun se pa was nie, hy was nie skaam vir sy pa nie, hy het sy pa liefgehad soos altyd, want sy pa was nooit skaam vir hom nie. Jou ouers bly jou ouers. Maak nie saak hoe oud jou ma of pa is nie, jy moet altyd lief wees vir hulle, sonder om skaam te wees wat ander sal sê en dink. Jou pa bly jou pa, ongeag wat. Jou ma bly jou ma ongeag wat. So respekteer jou ouers, hulle is net aan ons geleen.

[Dankie vir die een wat dit aangestuur het.]

Verjaardagwense

Maans, baie geluk met jou verjaardag. Mag Jesus jou oorvloedig seën sodat jy altyd gelukkig sal wees. Geniet hierdie spesiale dag.

Tuesday, 13 May 2025

Afkondiging: Selgroep

Mandjie Hoop: Wees 'n seën vir ander

Ons is geseënd om 'n seën te wees.
Kom ons wees vandag 'n seën vir iemand
en vervul die belofte in die Psalm 67:
"Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela. Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil."

Monday, 12 May 2025

Afkondiging: Bid saam met ons vir ...


Gebed: Laat dan u lig skyn op ons pad

God van ons lewe, daar kom dae
wanneer die laste wat ons dra
ons skouers skaaf en ons neerdruk;

wanneer die pad vorentoe droewig en eindeloos lyk,
die lug vaal, troosteloos en dreigend;

dae wanneer die lied uit ons lewe verdwyn
en ons hart eensaam is en ons siel moedeloos word.

Laat dan u lig skyn op ons pad,
rig ons oë op na die hemele van belofte;

snaar U ons hart vir die lied;
skenk ons die gemeenskap van die heiliges
en helde van die eeue;

en sterk so ons gees om ook ander,
wat die pad saam met ons bewandel,
te onderskraag tot u eer en verheerliking.

Amen.

[Outeur Augustinus]

Sunday, 11 May 2025

Vir ‘n Moeder op Moedersdag

Dit was die sesde dag toe God moeders gemaak het.
Hy het al oortyd gewerk, toe die Engel vir hom sê: “U vroetel darem baie rond met hierdie een”
En God antwoord: “Hierdie werk moet My meesterstuk wees”
Sy moet heeltemal wasbaar wees, maar nie plasties nie.
Sy moet 180 vervangbare dele hê.
Sy moet met min tevrede kan wees.
Sy moet ‘n skoot hê wat verdwyn as sy opstaan.
Sy moet met soentjies alles kan gesond maak – van ‘n gebreekte been tot ‘n gebreekte hart.
Sy moet ook meer as een paar hande hê”
Die Engel skud sy kop en sê: “So baie hande”
“Dis nie die hande wat my bekommer nie,” antwoord God, “maar die baie oë wat oral moet kan sien.
Nadenkend sê God: “Ja, een paar oë wat deur geslote deure sien as sy vra wat jy doen.
‘n Ander paar wat sien wat sy nie moet nie en nog ‘n paar wat na haar geliefdes kyk om te sê:
“Ek verstaan jou. Ek weet jy wou nie rêrig nie en ek is lief vir jou.”
Met ‘n sagte blik sê die Engel: “Here God, wil U nie maar gaan rus nie?”
“Ek kan nie,” sê God. “Ek is so na aan klaar om iets na My beeld te skep."
Ek wil graag hê dit moet iemand wees wat haarself gesond kan maak wanneer sy siek is.
Sy moet ‘n familie van sewe met een pond maalvleis kan voed.
Sy moet ‘n sproetgesig, uithanghemp nege-jarige seuntjie sover kan kry om te gaan bad.”
“Is dit dan moontlik,” vra die Engel
“Vir hierdie moeder moet dit moontlik wees om haarself onvoorwaardelik te kan gee.”
Toe buk die Engel en streel oor haar wang. “Hoekom is hier dan ‘n druppel?”
“Dit is nie ‘n druppel nie,” sê God “Dit is ‘n traan”
“Waarvoor is dit”
“Dit is vir geluk, hartseer, teleurstelling, pyn, eensaamheid en trots”
Met verwondering sê die Engel: “ Dit is voorwaar ‘n geniale skepping”
En God sê: “Dit is ‘n MOEDER!"

Mossiestilte: Heb. 1:7-10

En nou van sy engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme;
Maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer. 
U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het o God u God U gesalf met vars vreugde-olie bo u metgeselle;
en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is die werk van u hande.

Dis die Jesus, Seun van God, wat vir jou gesterf het om vir jou 'n plek te berei in Die Vader se tempel.
En Hy kom weer terug en kom jou haal, sodat jy by Hom kan wees.
Die engele van vuur staan reg om op die woord van die Vader, engele uit te stuur om vir jou te hulp snel en jou te bekragtig.
Jesus sê duidelik in Joh. 14 Moenie bekommerd wees nie, want Ek gaan om vir julle 'n plek te berei. En Ek kom weer terug en kom julle haal sodat julle kan wees waar ek is.
God die Vader laat jou nou op die nuwe en lewendige weg wandel wat Hy, vir jou ingewy het, deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees.

Vader deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, het U vir my die weg berei, 'n nuwe en lewendige weg wat U vir my ingewy het. (Heb. 10:20). Nou sing ek en juig ek in u voorhowe. deur die genade van Jesus Christus. Ek gee U al die ere. Amen.

Saturday, 10 May 2025

Kerkgenotjies:

 * "Dominee, is dit sonde om op Sondae gholf te speel?"
"Wel, soos jy speel is dit sonde om op enige dag te speel."

* 'n Dominee word gevra of hy vir die politici bid.
"Nee, Meneer. Ek kyk na die politici en bid vir die land en sy mense."

* Die gemeentelid is ernstig siek en die dominee vat die stofpad uit die dorp om die man te gaan besoek. Daar aangeland, vind hy die sieke in die bed, vaal om die kiewe. Op die tafel langs die bed, staan 'n halwe bottel brandewyn.
Die dominee groet en slaan dan sommer toe: "Ag nee, broer, is dit dan nou werklik al troos wat jy in hierdie tyd van beproewing het?"
"Gelukkig nie, Dominee," kom dit flou. "Daar staan darem nog twee volles in die kas." 

Friday, 9 May 2025

Poem: No perfect church

I think that I shall never see
A church that’s all it ought to be;
A church whose members never stray
Beyond the strait and narrow way;
A church that has no empty pews,
Where all the people pay their dues;
A church whose members always sing
And flock to church when bells do ring.
Where gossips never peddle lies,
Or make complaints or critize,
Where all are always sweet and kind,
And all to others faults are blind.
Such perfect churches there may be,
But none of them are known to me.
But still we’ll work and pray and plan
To make our own the best we can.

[Unknown]

Thursday, 8 May 2025

Dink hieroor: 'n Trommeltjie herinneringe

Elke mens het ‘n lewenstrommeltjie herinneringe en dit is al wat jy het vandat jy kan onthou totdat jy sterf.
Wat jy in jou eie trommeltjie sit, asook in die trommeltjie van ander, is wat saakmaak.
Om die trommeltjie van die lewe te vul met kosbare herinneringe moet 'n mens nooit geleenthede versaak nie.
Dit wat jy vandag nalaat, is verewig verlore in die trommeltjie.
Om waardering te toon, om liefde te gee, om mooi herinneringe vir jou familie, vriende asook vir mense wat jou pad kruis, te gee, is van die blywende juwele in elke persoon se trommeltjie.
Watter herinneringe sit jy daagliks in jou geliefdes, vriende, kollegas en kennisse se trommeltjie?
As hulle die dag hul trommeltjie uitpak, wat gaan hulle van jou onthou ...?

Straatuitreik: Getuienis

Wednesday, 7 May 2025

Mossiestilte: Hand 2:21

Hand. 2:21 (Petrus pofeteer oor laaste dae vanaf vers 14 - 36) En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.


Sonder om soos 'n doemprofeet te klink, wil ek die woorde van Petrus aanhaal vir die laaste dae. Petrus noem die wonders van die vorige profeet Joël op.
Petrus sê dan die belangrikste van alles; daar is verlossing vir elkeen in die aanroep van die Naam van Jesus.
Ook voeg hy by dat Dawid ook geprofeteer het van die opstanding van Christus.
Nou het ons die Heilige Gees, wat Christus oor ons uitgestort het nadat Hy verhef is deur die regterhand van God. (vers 33)
God het Hom, Here en Christus (Messias, Verlosser) gemaak (vers 36).

Here, u dag het aangebreek, wat U vir my en die hele wêreld se sondes betaal het. U is my Messias en Verlosser, U het my sondes afgewas, U het my gereinig en geheilig, om in hemelse plekke te mag sit, saam met U en die Vader. U leer my steeds deur die Heilige Gees, ook vandag. Ek loof U my Verlosser en Here. U red my van die bose en reinig my en trek vir my 'n nuwe kleed aan. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel] 

Tuesday, 6 May 2025

Mandjie Hoop: Mag jy geseënd wees ...

Mag jy geseënd wees wanneer jy opstaan.
Mag jy geseënd wees wanneer jy gaan slaap.
Mag God Sy Engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy gaan.
Mag Sy vreugde en vrede jou verkwik
en mag jy daagliks Sy Sabbatsrus beleef.

Afkondiging: Selgroep

Monday, 5 May 2025

Afkondiging: Bid saam met ons vir ...

Gebed: Psalm 121 - ’n Bedevaartslied

Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.
Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.
Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.
Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.
Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.

Verjaardagwense

Danie, Denise en Zonian, julle moet lekker verjaar. Mag julle net seën, goeie gesondheid en liefde van Bo ontvang en mag vrede en geluk julle soos 'n skadu agtervolg. Vreugde vir hierdie besondere dag.


 

Verjaardagwense

Malan, mag jy God se genade om jou raaksien. Mag jy Sy liefde in jou lewe ondervind. Mag jy Sy vrede in jou hart voel. Geniet 'n vreugdevolle dag.