Sunday 6 September 2015

Gebed

Hier is die begin van 'n nuwe dag.
God het aan my hierdie dag gegee

om te gebruik soos ek wil.
Ek kan dit vermors of groei in sy lig
En tot diens wees van ander.
Maar wat ek met hierdie dag doen, is belangrik
Omdat ek 'n dag van my lewe daarvoor geruil het.
Wanneer môre aanbreek,
Sal vandag vir ewig verlore wees.
Ek hoop dat ek nie die prys wat ek daarvoor betaal het, sal berou nie.

(Onbekend)