Saturday 5 September 2015

Wasgoedgebed....

Ek staan voor U Here met my bondeltjie geestelike wasgoed.
My mandjie loop oor.
Here, help my assseblief sorteer.
Met U hoef ek nie vlekverwyderaars te koop nie,
want U bloed was my witter as sneeu.
U ken my hart, was my en hang my in U sonlig van geregtigheid
en al wapper ek soms teësinnig in U winde van verandering,
moet my asseblief nie van die draad afhaal,
voordat ek skoon en droog en bruikbaar in U diens is nie.
Here, stryk al die kreukels van depressie, selfbejammering, bitsigheid
en alle sonde uit met U strykyster van liefde, vergifnis en genade.
En as U met my klaar is, hang my op sodat almal U in my kan sien.
Amen