Sunday 18 October 2015

Ou Franciskaanse seënbede

Mag die Here jou seën met ongemak oor maklike antwoorde,
halwe waarhede en oppervlakkige verhoudings,
sodat jy uit die diepte van jou hart kan leef.

Mag die Here jou seën met woede oor onreg,
onderdrukking en die uitbuiting van mense,
sodat jy kan werk vir geregtigheid, vryheid en vrede.

Mag die Here jou seën met trane om te stort vir mense wat pyn,
verwerping, honger en oorlog ervaar,
sodat jy ‘n hand kan uitreik en hulle pyn in blydskap kan verander.

En mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo
dat jy ‘n verskil kan maak in hierdie wêreld,
sodat jy dinge sal kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word nie.