Friday 23 October 2015

VRYDAGGEBED

Hemelse VADER...
Ek BID Spesiaal vir die PERSOON wat nou hier lees.
Hou asseblief hierdie kosbare mens STYF VAS in U sterk VADERarms.
Jy het soveel AANMOEDIGING en ondersteuning nodig. 
Soveel BEGRIP en liefde. 
Jy het My KRAG en HULP nodig, sê die HERE. 
Jy smag na My STEM … na My RAAD en WYSHEID in elke BESLUIT. 
Jy het OPBOUING en TOERUSTING nodig. 
My VREDE en KALMTE. 
Ek INSPIREER jou, sê die HERE. 
Ek OPENBAAR aan jou die SIN en DOEL van jou lewe. 
Jy vind jou waarde en IDENTITEIT in My alleen. 
EK is met JOU, sê die HERE! 
Dankie VADER. 
Amen.