Saturday 24 February 2024

Slaairesep: Wortel-en-selderyslaai

Benodigdhede:
2 medium wortels
1 selderystingel
65 ml vars gemaalde swart peper 
Knypie suiker
1 ml sout
65 ml suurroom van Clover

Metode:
Rasper die wortels aan die growwe kant.
Sny seldery in stukkies.
Meng bg. bestanddele in bak.
Gooi die suurlemoensap oor.
Sprinkel die suiker oor en meng liggies.
Meng sout en peper met room en gooi oor slaai.

Wenk:
Room kan vervang word met ongegeurde jogurt.
Slaai genoeg vir 2 mense.