Saturday 17 February 2024

Slaairesep: Tannie Marie se noedelslaai

Benodigdhede:
 
1 x 350 g skroefnoedels
1 groot ui
1 soetrissie
1 k tamatiesous
5 druppels tobasco of  kwart teelepel rooi peper
Half koppie asyn
Half koppie kookolie
3 t kerrie
Driekwart koppie suiker

Metode:
Kook noedels en laat afkoel
Snipper soetrissie en uie saam
Meng sous goed en voeg by

Wenk:
Heerlike bykos saam met braaivleis.
Snipper worsies of fyngemaakte hoender in vir 'n ligte aandete.