Monday, 31 August 2020

So, jy sê jy staan op die Bybel …

“Die Bybel is ons anker. Dit is die Boek waarop ons staan. Maar ek het agtergekom dit is ’n ander vraag hoeveel mense weet regtig wat in die Bybel staan. Self is ek dwarsdeur my katkisasiejare in die kerk sonder om ooit een enkele Bybelboek deur te werk. Ja, ek het hulle almal se name geken, maar dit is omtrent al. Vir myself was die Bybel min of meer die Groot Verseboek. Hiervan gepraat, ek onthou my tannie het so ’n klein boksie met Bybelversies langs haar bed gehad. As ons daar gekuier het, moes ons elkeen ons versie vir die dag kom trek uit die boksie. Dit was net al die ‘mooi’ Bybelversies. Dit was beloftes oor wat God nog vir ons wil doen. Maar nooit het ek die Woord behoorlik leer lees nie. Ek is ook nie geleer om self verantwoordelik hiermee om te gaan nie.

“As ’n jong teologiestudent het ek ernstig gesoek na die Here. Ek wou graag sy krag en nabyheid beleef. Na ernstige soektogte en gebede het een groot waarheid in my wakker geword. Ek het my eie reformasie, my tweede bekering beleef. Ek het oor en oor ervaar: “Lees die Woord. Oordink dit dag en nag.” Dit het my lewe verander. Dit doen steeds!

“God het toe nooit 'n klompie verse aan mense gegee nie. Daarom is dit steeds hier in 2020 ’n halwe waarheid wanneer  ‘Facebook apps’ so ewe Bybeversies uitdeel met die opskrif: ‘God’s verse for you!” (soos wat ek net verlede week iewers sien). Of wanneer mense sê hulle het Skrif gekry, maar dan bedoel hulle eintlik een of ander belofte of mooiklinkende vers wat pas by hulle eie behoeftes.

“God gee Bybelboeke aan ons. So het Hy dit van die begin af gedoen. So doen Hy dit steeds in 2020. Daarom herinner ek myself en ander mense oor en oor daaraan dat Bybelverse nie deel van die oorspronklike Bybelboeke was nie. Eers in 1227 is hoofstukke deur Stephen Langton ingevoeg in die Bybel. Versindelings soos wat ons dit ken, is deur Robert Estienne in die jaar 1555 gedoen.

“Ek weet ek kan nie my lewe bou op ’n paar verse of beloftes in die Bybel nie. God is, met respek, nie een of ander robotagtige hemelse uitdeler van losstaande verse en beloftes uit een of ander hemelse boksie genaamd die Bybel nie. Hy is ons Vader in die hemel. Hy kom aan die woord in die Woord. Ek hoor Hom reg as ek sy boeke deurlees soos wat Hy dit oorspronklik aan ons gegee het. Ek lees sy Bybelboeke van voor tot agter deur. Dan eers kan ek verse hieruit reg verstaan en reg aanhaal.

“So, jy sê jy staan op die Bybel. Jy sê glo dit. Mooi so! Maar ken jy dit? Het jy al een Bybelboek baasgeraak. Nog nie? Dan is dit tyd om nie maar net op die Bybel te staan nie, maar om af te klim en dit te lees en te oordink. Doen dit en jy sal leef.”

[Deur Stephan Joubert *]

Ek sal sing ...


Sunday, 30 August 2020

Die 5 solas

Luister na vanoggend se preek HIER























Die 5 solas
Enkele skrifgedeeltes
(luister na die preek vir nog gedeeltes)



1.
Sola Gratia
Hand. 15:11; Ef. 2:1-10; Rom. 3:23-24



2.
Solus Christus
Joh. 14:6; Hand. 4:12; 1 Joh. 2:22-23



3.
Sola Fide
1 Joh. 2:22-23; Hebr. 4:1-3; Hebr. 11:6;
1 Joh. 3:9-14



4.
Sola Scripture
1 Sam.15:23; Ps.119; Joh.17:17



5.
Soli Deo Gloria
Jes. 48:11; Ps. 115:1; Es. 20:9; Ps.46:11




Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Loflied: U is waardig om die Boek te neem
(Klik HIER om te luister)

Tema: Bybelsondag: Die 5 solas - met die klem op alleen.

Skrifgedeelte: 2 Tim. 3:1 - 4:8

Slotlied: Soos 'n man van die Woord
(Klik HIER)

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 30 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Saturday, 29 August 2020

Bestel NOU: Begin jou lente op 'n soet noot!



Bankbesonderhede

Ons doen 'n vriendelike beroep op u om nie u bydraes te onttrek
in hierdie tyd nie, maar dat u sal voortgaan om d.m.v.
'n EFT-betaling dit moontlik te maak vir die kerk om met sy
werksaamhede voort te gaan.
Indien u kontantbydraes wil maak, kontak die kerkkantoor
om reëlings te tref. Dutoitspan-groete en seën.

Friday, 28 August 2020

Thursday, 27 August 2020

Overview of the Bible - YouTube

Klik HIER vir 'n oorsig van al die boeke van die Bybel.














Klik HIER vir 'n samevatting van Genesis.

Wednesday, 26 August 2020

Woensdag: Sefanja 3


Luister saam na die gesprek oor die laaste hoofstuk van
Sefanja. Klik
HIER

During your lifetime ...

Monday, 24 August 2020

Sunday, 23 August 2020

Sondag: Sefanja - inleiding

Luister na die inleiding oor Sefanja. Klik HIER.

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Wanneer niks meer sin maak nie.

Skrifgedeelte: Romeine 8:18-30

Teksvers: Romeine 8:18; 26-28

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 23 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Saturday, 22 August 2020

'n Brief van Fanus Hansen

Klik HIER om na die brief te luister wat vir my en vir
jou geskryf is en deel dit met ander.