Sunday 19 July 2015

Kosprojek!

Baie gesinne en individue in en op die drumpel van Dutoitspan Gemeente ly daagliks honger a.g.v. werkloosheid en ander sosiale probleme. Dutoitspan help om hierdie groot behoefte aan te spreek, deur die voorsiening van nie-bederfbare kosvoorrade en kospakkies ten bedrae van reeds meer as R50 000 per jaar.

Gemeentelede wat graag deel wil wees van hierdie projek, kan die kerkkantoor kontak of kruideniersware daar gaan aflewer.

Die behoefte is baie groter en ons vertrou ons Hemelse Vader om die gemeente in staat te stel om in die toekoms op nog ‘n groter skaal tot hierdie projek te kan bydra.

Aan stuur van sake is mev. Rosa van der Westuizen wat hierdie werk al sedert 1988 met groot toewyding doen.