Sunday 15 August 2021

Verskillende soorte Christene ...

Baie Christene is soos kruiwaens - onbruikbaar, tensy hulle gestoot word.

Sommige is soos `n kano - hulle moet gedurig aangedryf word. 

Sommige is soos `n vlieër - as jy hulle nie aan `n tou vashou nie, vlieg hulle weg. 

Sommige is soos `n rugbybal - jy weet nooit in watter rigting hulle gaan spring nie. 

Ander is weer soos ballonne - vol wind en gereed om te ontplof. 

Party is soos `n sleepwa - hulle moet gedurig getrek word. 

Sommige is soos neonligte - hulle gaan gedurig aan en af. 

En dan is daar dié wat soos `n goeie horlosie is - oop, pure goud, in stilte besig om die goeie werk te doen.