Wednesday 16 October 2024

I choose to be happy!

I will no longer allow the
negative things in my life
to spoil all of the
good things I have!

-Thank you, Rosetta-

Afkondiging: Potjiekompetisie - sien jou daar!

Afkondiging: Beplanning vir 2025

Mossiestilte: Job 52 : 4

Hoor tog, en ek sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!

Nadat jy emosioneel uitgemergel is en jy voel jy kan fisies net nie meer nie, dan kom God en verduidelik aan jou dalk ook vanuit 'n storm soos vir Job, hoe Hy dinge doen en waarom en wanneer. As jy God se raadsbesluite verstaan en kennis het, sodat jy nie sal ondergaan nie, sal jy tot God roep. Dit is egter jou besluit; neem dit en vra God om jou te onderrig. Verheug jou in God se krag, kennis en wysheid, Hy sal jou leer. God kan alles doen en geen plan is vir Hom onuitvoerbaar nie. (vers 2)

O Here, ons God en Vader, ek roep U aan in u hoogheid en heerlikheid. U is hoog en verhewe. Ek het berou in my nederige situasie. Ek het U nie geag in U barmhartigheid en goedheid nie. U sal my leer en ek sal kennis by U kry. My wysheid beskaam my en ek leun vandag op U, om my wysheid te gee. U kyk alles aan wat hoog is; U is koning oor alles. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Tuesday 15 October 2024

Afkondiging: Selgroep

Die Here voorsien ...

Bybelvertaling is selde 'n werk met gereelde ure en 'n vaste inkomste.

Dit is heeltemal normaal vir vertalers om verskillende maniere te hê om hulle inkomste aan te vul. Daar is byvoorbeeld vertalers wat hulle landerye moet bewerk om te oorleef, maar daar is seker nie baie wat 24 kinders moet onderhou, terwyl hulle besig is met 'n Bybelvertaling nie.  

Insuthosi Jamir woon in Dimapur in Indië en is een van die vertalers van die Bybel in Nagamese.

Die Bybelgenootskap van Indië ondersteun hom terwyl hy aan die Bybelvertaling werk. Alhoewel dit tans sy enigste inkomste is, het hy en sy vrou, Imeinla, 'n weeshuis vir 24 kinders.

"Ek kom uit 'n baie arm gesin, maar ek het altyd geweet ek wil ander, veral weeskinders, help," vertel Insuthosi. "Ons het met drie kinders begin maar gou-gou het meer gekom. Sommige is in hospitale agtergelaat en ander op straat.

"Dit is finansieel baie moeilik, maar ek weet dat die Here sal voorsien." Hy vertel dat hy dikwels net 'n paar muntstukke in sy sak het, maar die Here voorsien altyd. Onlangs het hy nie genoeg geld gehad om die kinders se skoolgeld te betaal nie, en toe kom daar 'n bydrae van 'n vriend in Amerika - die presiese bedrag wat benodig is.

"Om betrokke te wees by die Nagamese Bybelvertaling is vir my 'n wonderlike voorreg. Bybelvertaling en die kinders het my egter geleer die Here sal voorsien."

Indië se ongeveer *1 miljard mense praat sowat 3 372 tale. Die Bybelgenootskap van Indië het reeds die volledige Bybel in 65 tale beskikbaar gestel. Bybelvertaling is 'n prioriteit vir hierdie Bybelgenootskap. Soos Insuthosi, glo hulle ook dat die Here die nodige fondse en kundigheid sal voorsien.   

* Verouderde inligting van 2015

[Bron: Somer 2015 die saaier]

Mandjie hoop: Die geskenk van geloof

Geloof los nie ons probleme op nie, maar ons geloof in God se trou help ons om ons probleme met meer kalmte te hanteer sodat ons daardeur kan groei. Hierdie kalmte kom uit die wete dat God in beheer is en dat Hy ons nooit sal verlaat nie, ongeag die omstandighede.

Geloof gee ons ‘n innerlike vrede en die vertroue om te weet dat ons nie alleen is nie, en dat elke uitdaging en oorwinning deel is van God se groter plan vir ons lewens. Dit is hierdie geskenk van geloof wat ons versterk en ons die moed gee om met hoop en volharding deur die lewe te gaan.

Monday 14 October 2024

We all make mistakes

My Grandmother always cooked tasty food.
But one day, she put a burnt pie in front of my Grandpa.
Not just a little burnt, but black as coal.
I waited to see what my Grandpa would say.
But he just ate the pie and asked how my day was.
Then I heard my Grandma apologize to him for his dinner.
I'll never forget his response.
"Dear, I like your pie."
Later, I asked him if he had told the truth.
He put his arm on my shoulder and said,
"Your Grandma had a tough day at work."
"She was tired."
"The burnt pie didn't harm me,
but a sharp word could've hurt her."
We all make mistakes.
We shouldn't focus on mistakes, but
support those we love.

[Unknown Author]

Maandag-gedagtesaad

Sunday 13 October 2024

Die vrug van ...

Die vrug van stilword
is GEBED
Die vrug van gebed
is GELOOF
Die vrug van geloof
is LIEFDE en DANKBAARHEID
Die vrug van liefde en dankbaarheid
is DIENSBAARHEID
Die vrug van diensbaarheid
is VREDE!
[Moeder Teresa]

Mossiestilte: 1 Kron. 17:25

Want U, my God, het die oor van u kneg geopen, dat U vir hom 'n huis sal stig; daarom het u kneg vrymoedigheid gevind om voor u aangesig te bid.

Dit is nodig dat jy jouself en God herinner aan God se beloftes aan jou. God vergeet egter nie en is 'n waarmaker van sy Woord. Jesus het belowe dat Hy vir ons 'n woning sal voorberei en terugkom om ons te kom haal. (Sien Joh. 14) Na aanleiding van sy beloftes vind ons bemoediging om sterk te staan en in gebed te tree al voel ons nie goed genoeg of bevoeg nie. Ons kruip nie weg in vrees om te bid nie, maar kom voor sy aangesig in gebed met vrymoedigheid met die wete dat God ons gebied om tot Hom te bid en Hom te vra wat ons nodig het vir vandag.

Dankie onse Vader, wat in die hemele is, dat U neerbuigende goedheid my gebed optel en gehoor daaraan sal gee. Reg voor u aangesig kom ek in gebed om U te smeek en te bid vir my behoeftes en u aangesig te prys en te verheerlik. U gaan om vir my 'n plek te berei dat ek kan wees waar U is. U weet reeds lankal wat my behoeftes is en sal in elkeen voorsien na die rydom van U heerlikheid. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Saturday 12 October 2024

Kerkgenotjies: Die gehoorapparaatjie

Van Tonder kom agter dat hy bietjie doof word en besluit om ‘n gehoorapparaat te koop. Hy’s net bietjie doof, en verdomp suining, so hy wil nie baie geld uitgee nie.

“Hoeveel kos die goed?” vra hy vir die klerk.

“Dit hang af, Meneer, ons het modelle van R20 tot R20 000.”

“Nou man, waarvoor wag jy, wys my die R20-model.”

Die klerkie vroetel in ‘n laai, haal ‘n apparaat uit en hang dit om Van Tonder se nek. “Meneer, jy druk nou net die knoppie in jou oor en laat hang die toutjie tot in jou hemp se sak.”

“Ja ja, maar hoe werk die ding?”

“Meneer, vir R20 werk hy nie eintlik nie, maar as die mense sien jy het dit aan, praat hulle sommer vanself harder! Die gehoorprobleem opgelos.”

Friday 11 October 2024

Dutoitspan sê dankie aan elke adverteerder op die kerkalmanak


Dankie aan elkeen van julle. Julle getroue ondersteuning maak dit moontlik om elke jaar 'n mooi kerkalmanak uit te gee. Ons waardeer julle betrokkenheid opreg.

Ondersteun asb. hierdie lojale borge!

Thursday 10 October 2024

'n Baie baie baie laat verjaardagwens...


Dominee, nog 'n genadereis om die son is voltooi en daarmee saam het jou wysheid, kennis, leiding en toewyding vir jou gesin en jou werk gegroei. Jou passie en liefde vir Sy Woord is sigbaar en 'n daaglikse inspirasie vir baie. Mag jou nuwe lewensjaar in alle opsigte geseënd wees. Dankie vir al die opheffingswerk ... in Dutoitspan, in Kimberley, maar ook op die vasteland! (Jammer vir hierdie laat wense - die boodskap bly egter dieselfde!) 

Dink hieroor: Die waarde van vriendskap


'n Klip is genoeg om ‘n glas te breek.
Een sinnetjie is genoeg om ‘n hart te breek.
Een sekonde is genoeg om verlief te raak.
Maar een misverstand is genoeg om ‘n vriendskap te breek.
Vriendskap is ‘n pragtige reënboog tussen twee harte.
Maak seker jy werk altyd aan goeie vriendskap.
Goeie vriendskap is skaars.
Goeie vriende vergewe.
Goeie vriende help graag.
Goeie vriende is altyd daar in reën en in sonskyn.
ONTHOU VRIENDSKAP IS 'N GESKENK VAN GOD!

Wednesday 9 October 2024

Mossiestilte: Jes. 41:9

Jy wat Ek uitverkies het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie.

Die Here jou God, gryp jou regterhand aan en Hy sê: Wees nie bevrees nie. Hy help jou. Jy sal juig in die Here, jou beroem op die Heilige van Israel. Die Here kom haal jou aan die uiteindes van die aarde om jou te red. Almal sal sien hoe goed en hoe groot die Here is en hom al die eer gee.

Dankie Here, dat U my nooit verlaat het nie. Ek het soms gedink dit is klaar met my, maar U het my voete weer op die pad gesit; U het my verkeerde weë waargeneem en my op die regte pad laat loop in oorwinning. U Naam is groot en gedug. Wie sal U leer of sê wat om te doen? U leer my; U Gees herinner my aan u beloftes en u heil. Ek loof en prys U grote Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Ralph Waldo Emerson: "This is my wish for you ...

Comfort on difficult days,
smiles when sadness intrudes,
rainbows to follow the clouds,
laughter to kiss your lips,
sunsets to warm your heart,
hugs when spirits sag,
beauty for your eyes to see,
friendships to brighten your being,
faith so that you can believe,
confidence for when you doubt,
courage to know yourself,
patience to accept the truth,
love to complete your life.”

Tuesday 8 October 2024

'n Mandjie hoop: Mag God vandag vir jou 'n skoenlapperdag gee!

'n Vrou het vir God gevra vir 'n skoenlapper en 'n blom ... 

Toe kry sy 'n kaktus en 'n larwe ... 

Hartseer het sy gewonder: "Het God my dan verkeerd verstaan?"

Dae later het sy uit nuuskierigheid gaan kyk ... Aan die kaktus was die mooiste blom en langs die kaktus het die mooiste skoenlapper gesit.

GEDULD! GOD weet wat ons nodig het.

Hemelse Vader, ek bid nou spesiaal vir elke kosbare leser van Dutoitspan-blog. Jou hart skreeu om hulp, Here help my! Ek het jou hulpgeroep gehoor, sê die Here. Ek het jou trane gesien. Jy is liggaamlik en geestelik uitgeput en moeg vir die lewe. Maar Ek is nog nie moeg nie. My energie het nog nooit minder geraak nie. Ek spreek nou ‘n nuwe Woord van bemoediging in jou oor, sê die Here. Ek sal jou woestyn in ‘n fonteinland verander. En Ek sal jou hartseer in gejubel verander!!! 

Mag jy vandag 'n skoenlapperdag beleef!

Monday 7 October 2024

Wie is dood?

Ek lees dat Martin Luther ’n baie sensitiewe persoonlikheid gehad het. Gevolglik het hy van tyd tot tyd baie negatief en selfs depressief geraak. Volgens oorlewering kon dit vir ’n rukkie aanhou. 

So, op ’n keer toe dit weer gelyk het of hy nie uit hierdie gat kon kom nie, het sy vrou hoogs gefrustreerd een oggend na die ontbyttafel toe gekom met ’n swart band om haar arm, soos dit destyds die gewoonte was om te doen wanneer iemand gesterf het. 

“Wie is dood,” het Luther gevra? 

“Wel,” was haar antwoord, “soos jy die afgelope tyd optree, is ek seker jou God moet dood wees.” Dit het gewerk!

Weet jy, net so lewe ons baie keer met swart roubandjies asof God dood is! Ons praat baie keer asof ons God dood is! Ons gesigte wys baie keer dat God dood is! Ons moraal getuig baie keer daarvan dat ons God dood is!
 
Staan uit die gat van moedeloosheid op omdat God koning is! En omdat julle Koning lewe!

Maandag-gedagtesaad

Sunday 6 October 2024

Besoeke-vreugde: 171 000

Derde kwartaalprogram: Oktober

11-12 Oktober: 
Belydeniskamp
19 Oktober: 
Potjiekoskompetisie 

Mossiestilte: Jes. 41:17

Die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hul tong verdroog van dors; Ek, die Here sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.

Dit is God se natuur, om aan armes en ellendiges, verstotelinge en die wat verneder is, sy barmhartigheid te bewys en sal 'n geknakte riet nie breek nie. God verhoor altyd; die wat arm van Gees is; salig is hulle, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. (Matt. 5:3)
Reik vandag uit na God en sien hoe sy goedheid jou verfris en weer krag gee. Die Here sal vir jou water gee waar jy dit nie sal verwag nie. (Sien vers 18 en 19)
... sodat God verheerlik sal word. (vers 20)

Here, my God, en Vader van almal wat U vrees, na U kom ek vanoggend, want daar is niemand anders nie. Vanoggend wil ek soos Petrus sê: Na wie toe sal ons gaan? U is die alleenwyse God, die Alpha en die Omega. U laat my drink by riviere in die woestyn; U sal my nooit verlaat nie. U skep 'n weg waar daar geen weg is nie. Waar my pad ophou en versper word, maak U 'n nuwe weg vir my, om u Naam te verheerlik en groot te maak. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Oesmaande: Oktober

Saturday 5 October 2024

Internasionale onderwyserdag


Mag elke onderwyser vandag besef watter belangrike rol hulle in elke kind se lewe speel. Dankie vir julle harde werk, liefde en bystand vir elke leerder. Dankie vir al die ure se werk wat julle insit om net die beste vir elke kind te gee. Dit word raakgesien en waardeer. Onderwys is nie net 'n roeping nie, maar 'n passie!

Kerkgenotjies: What causes arthritis?

A drunk man who smelled like beer sat down on a subway next to a priest.

The man's tie was stained, his face was plastered with red lipstick, and a half empty bottle of gin was sticking out of his torn coat pocket.

He opened his newspaper and began reading. After a few minutes the man turned to the priest and asked, "Say Father, what causes arthritis?"

The priest replies, "My Son, it's caused by loose living, being with cheap, wicked women, too much alcohol, contempt for your fellow man, sleeping around with prostitutes and lack of a bath."

The drunk muttered in response, "Well, I'll be damned," then returned to his paper.

The priest, thinking about what He had said, nudged the man and apologized. "I'm very sorry. I didn't mean to come on so strong. How long have you had arthritis?"

The drunk answered, "I don't have it, Father. I was just reading here that the Pope does."

Friday 4 October 2024

World Smile Day


The idea of World Smile Day was coined and initiated by Harvey Ball, a commercial artist from Worcester, Massachusetts. He is known to have created the yellow Smiley Face in 1963. The World’s first World Smile Day was held in the year 1999 and has been held annually since.

The slogan of the Smile Foundation is “Improving this world, one smile at a time.” 

Pray: 1 Timothy 2

Read: 1 Timothy 2
Pray earnestly and sincerely for those who have done hateful and unthinkable things.
Pray for our president and his administration.
Pray for those who are lost and hurting.
Pray for those who don’t intimately know Jesus.
Look in the mirror real hard and pray for the person looking back at you who has secret pain and struggles that no one knows about.
PRAY!!

Thursday 3 October 2024

Dink hieroor: Tyd is gratis

“Tyd is gratis
maar dit is prysloos.
Jy kan dit nie besit nie
maar jy kan dit gebruik.
Jy kan dit nie hou nie
maar jy kan dit spandeer.
As jy dit verloor het
kan jy dit nooit weer terug kry nie.”
Kom ons gebruik die ure in die dag wys.

Wednesday 2 October 2024

Mossiestilte: Mark. 10:49

Toe gaan Jesus staan en sê dat hy geroep moes word; en hulle roep die blinde man en sê vir hom: hou goeie moed, staan op! Hy roep jou.

Staan op, Jesus roep jou!

Is daar dalk 'n "blinde kol" in jou lewe? Is daar 'n probleem wat jou wil onderkry? Miskien wil jy net opgee op hierdie stadium. Hou goeie moed, staan op, want Jesus roep jou. Jesus sal jou blindheid herstel, sodat jy met wysheid die probleme in jou lewe kan oorkom. 

My Almagtige Vader, ek kom en heilig u Naam. Laat u wil in my lewe en omgewing geskied. net soos wat dit in die hemel geskied. Herstel my blindheid, Here, en laat my die vyand ontbloot en uitken in my lewe. Somtyds kan ek nie die rigting sien wat ek moet inslaan nie. Ek sukkel soms om reg en verkeerd te kan onderskei. Here, Seun van die Allerheiligste God, help my! Ek het U wysheid en sig nodig om verder die lewe in te gaan. Laat u koninkryk ook in my lewe kom. In Jesus Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Tuesday 1 October 2024

Mandjie hoop: Hy vou jou toe in liefde en genade

Soms skuif die Here die berg uit jou pad,
omdat JY glo HY kan,
en soms laat Hy jou oor die berg klim,
omdat HY glo JY kan.
Maar TOG trek Hy vir jou skoene van geloof aan en vat Hy jou hand as jy voel jy gaan val!
Mag Sy liefde en genade jou toevou en mag jy in die holte van ons Hemelse Vader se hand rus.
Seënwense!

Sterkte aan al die leerders en studente!