Kerssangdiens 2015

Terug na HOME PAGE

Dit is die tweede jaar wat Dutoitspan-gemeente 'n sangdiens onder die sterreruim aanbied. Vanjaar het, behalwe die koor, ook 'n doedelsakspeler, 'n violis en 'n dwarsfluitspeler luister aan die aand verleen.
Kerslig het die atmosfeer van Kersfees onderstreep. Bybelvoorlesings en gedigte het die sang afgewissel. Daarna het die gemeente gesellig gekuier oor 'n bakkie vrugteslaai met roomys!

Vanjaar kon ek die Kersdiens geniet saam met Henry en Alda wat spesiaal van Welkom gekom het vir die sangdiens. 'n Vroeë kersgeskenk vir my!!

(Foto's: Alda Welman)

Schalk Pienaar en Henry Welman.





Elsa Minne besig om die gebeure op kamera vas te lê!
















Ek en Henry aan die einde van 'n geseënde aand!