Wednesday 18 October 2017

Gemeentestaaltjies: Staaltjies uit die sestigers...

Mev. Smittie van der Westhuizen
Mev Smittie van der Westhuizen was 'n vrou met verskuilde talente. Sy het die binnewerke van 'n motor se enjin geken en as sy in haar sweetpak ingeklim het, met geen haar van haar kapsel uit sy plek nie - was dit nie lank nie, of die motor is weer padvaardig. Sy was verantwoordelik dat mev. Frieda Siebert (ds. Siebert se vrou) se blou Morris op die pad gebly het.


As dit tyd was dat die Morris gediens word, sal jy vir Smittie onder die enjinkap van die motor by die pastorie kry, besig om in die laat sestiger jare te doen wat nie algemeen bekend was as werk vir vroue  nie. (As ek nou terugdink... dan was sy haar tyd dekades vooruit!)