Al die dames van die gemeente en sommer hulle vriendinne buite die gemeente word uitgenooi na Tabita se afskop, 7 Februarie om 18:00.
'n Heerlike kuier word in die kerktuin beplan. Indien dit Woensdagaand gaan reën, dan skuif ons al ons verrigtinge kerksaal toe en hef sommer 'n reënpryslied aan.
Julle is só welkom!!