Thursday, 31 July 2025

Dink hieroor: As dinge skeefloop ...

Op die lewensreis saam met die Here moet daar ook nie vir jou so iets soos probleme wees wat jou terneergedruk eenkant laat sit nie. Nee, daar moet net oplossings en nuwe geleenthede wees. Wat soos probleme lyk moet net vir jou die stilhouplek langs die pad wees wat jou kans gee om nuut te beplan en nuwe oplossings te soek. As die “afs” in die lewe jou tref, moet jy soos ʼn fietsryer teen ʼn afdraande wees. Jy moet dan juis spoed opmaak. As dinge skeefloop moet jy herbeplan, kyk wat verkeerd geloop het en dit regmaak, weer probeer, of anders probeer.

Die “ops” in ons lewe is juis daar omdat ons nie by die “afs” bly lê het nie.


[Uittreksel: Jan van der Watt]

Wednesday, 30 July 2025

Kindervreugde: Ondersteun die Santa Shoeboksprojek


Dis weer tyd om ‘n paar kinders se harte
rondom Kersfees bly te maak.
BEGIN VROEGTYDIG
Daar is 20 spesiale name by die kerkkantoor.
Kontak die kantoor om jou naam te kry!!

Dutoitspan sê dankie aan elke adverteerder op die kerkalmanak


Ondersteun asb. hierdie lojale borge!

Mossiestilte: Ps. 13:6

Maar ek - op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.

Vertrou op God, die een wat jou opgewek het, nadat Hy oor jou die wag gehou het deur die donker nag.
Hy wil  vandag jou heil wees.
God wil aan jou goed doen, want dit is wie Hy is en dit is wat God doen van die skepping af; alles wat God gedoen het, was goed.
Laat jou hart bly wees, vol met vreugde; begroet God met dankbaarheid. 

Here, vanoggend roep ek U aan, want U sal vir my goed doen, omdat U goed is. Here, wie is soos U onder die gode. U is my Skepper en U het my herskep, omdat ek U verlaat het. Ek wil sommer vroeg u Naam besing met lof en juig oor u getrouheid. U het alles reeds vir my vooruit beplan vir die dag. Omdat U leef, sien ek kans vir vandag. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Tuesday, 29 July 2025

Mandjie Hoop: Sterker

Moenie bid vir 'n gemaklike lewe nie,
maar bid om sterker te kan wees.
Moenie bid vir 'n taak wat by jou kragte pas nie,
maar bid om krag vir jou taak.

Phillips Brooks (1835–1893)

Afkondiging: Selgroep

Monday, 28 July 2025

Afkondiging: Bid saam met ons vir ...

Gebed van Koos du Plessis

Laat my nooit die grond verlaat nie.
Laat my in U skadu bly.
Gee dat elke aardse vreugde en vrees,
eindelik nietig word vir my.

Elke afdraai paadjie ken ek.
Elke keer het ek verdwaal.
Elke keer het u my iewers kom haal.
Maak dit Heer, die laaste maal.

Elke dag is n gedagte.
Elke kamer net gehuur.
Elke aardse droom van rykdom en roem,
net n skadu teen die muur.

Wat ek is, is net genade.
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus.
Lei my Heer vanaand daarheen.

Wat ek is, is net genade.
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus.
Lei my Heer vanaand daarheen.
Lei my Heer vanaand daarheen.

- Koos du Plessis - 10 Mei 1945 tot 15 Januarie 1984 -

[Bron: HIER]

Sunday, 27 July 2025

Mossiestilte: 1 Kor. 1:30

Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God  en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.

Jy het deur God in Christus Jesus wysheid ontvang om die kennis van God se natuur aan die mensdom te bring.
God het jou posisie in regstelling met Hom herstel; deur sy geregtigheid. 
God sê ons moet heilig word soos Christus heilig is; dit kan net God deur Christus doen. 
So het God jou verlos van kettings van die bose; van verwerping of sonde; van gierigheid of trotsheid en of rebelsheid. God is besig om sy bruid voor te berei.

Here, maak my vandag vry van rebelsheid en gierigheid. Laat my trotsheid nie toe om ander te veroordeel nie, maar laat ek bly wees met dit wat U vir my gegee het het. Laat ek roem in U Here, wat my met wysheid beklee en reinig daagliks. Laat ek die perfekte bruid vir die bruidegom Christus wees. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Saturday, 26 July 2025

Kerkgenotjies: Dit laat 'n mens dink ...

 * 'n Onderwyser gee Bybelklas in 'n klein Vrystaatse skooltjie. Hy vra vir die klas of Jesus in Betlehem gebore is. Hulle antwoord ja.
Toe vra hy: "Betlehem in die Vrystaat?"
"Nee," antwoord die klas.
"Hoekom is Hy nie in Betlehem in die Vrystaat gebore nie?"
'n Stemmetjie uit die klas antwoord: "Seker omdat hulle nie 'n maagd en drie wyse manne in die Vrystaat kon kry nie, meneer."

* Die Afrikaanse onderwyser vertel vir die kinders dat elke liefdesverhaal 'n bietjie GELOOF, 'n bietjie LIEFDE en 'n bietjie SPANNING moet bevat om werklik goed te wees. Hulle huiswerk vir die volgende dag was om 'n storie te gaan skryf met al drie hierdie elemente in.
Die volgende dag vra die onderwyser vir Sannie om haar storie vir die klas te lees.
Sy lees: "Dominee! Ek is swanger! Maar wie het dit gedoen?"

* Wat is die definisie van resessie?
Dit is wanneer jou buurman sy werk verloor.
Wat is die definisie van depressie?
Dit is wanneer jy jou werk verloor.
Wat is die definisie van ekonomiese herstel?
Dit is wanneer die minister van finansies sy werk verloor.

Friday, 25 July 2025

Geen tyd ...

Ons probeer om God te beperk tot binne die kerk op 'n Sondagoggend ...
Miskien ook Sondagaand ... 
En binne die onwaarskynlike diens op 'n weeksdag.

In tye van siekte, wil ons hom graag daar hê ...
En, natuurlik, by begrafnisse.

Nietemin, gedurende werktyd en wanneer ontspan word, 
het ons nie vir Hom tyd of plek nie ...
Daardie deel van ons lewens, na ons mening ... 
Kán ons, en behoort ons, self te behartig.

Mag God my vergewe dat ek ooit so gedink het ...
Dat daar 'n tyd en 'n plek is waar HY nie die EERSTE plek in my lewe moet inneem nie.

Ons behoort voortdurend tyd te hê om alles in herinnering te roep wat HY vir ons gedoen het.
Jesus het gesê: "Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader..." (Mar. 8:38 ).
Ja, ek hét God lief.
HY is die bron van my bestaan en my Redder.
Hy hou my funksioneel elke en iedere dag.
Sonder Hom sal ek niks wees nie.
Sonder Hom is ek 'n nul.
Maar, ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee (Fil. 4:13).

*DIE GEDIG** *

Ek het gekniel om te bid,
maar soveel het my te doen gestaan,
dus was dit van korte duur.

Ek moes my na my werkplek haas,
anders kon dié aan wie ek iets skuld, my aangluur.
Derhalwe het ek gekniel, gou 'n gebed gedoen;

en vinnig van my knieë opgestaan.
My Christelike plig was tog nou nagekom,
so my siel kon in rustigheid weer voortbestaan.

Die ganse dag het die tyd ontbreek om 'n woord van
bemoediging teenoor iemand te spreek.
Geen tyd is gemaak om met vriende oor Christus te praat -
hulle kon met my die draak steek.
Geen tyd, geen tyd, te veel om te doen,
dit was my voortdurende klaaglied.
Geen tyd afgestaan aan siele in nood,
maar eindelik baie tyd: dít wat die dood aan my bied.

Met neergeslane oë het ek voor die Here verskyn
en daar moes ek staan en bewe,
Want in Sy hand het God 'n boek gehad:
dit was die Boek van die Lewe.
"Jou naam verskyn nie in my Boek nie,"
sê God toe Hy met my spreek,
"Ek wou dit op 'n keer neerskryf,
maar die tyd daarvoor het ontbreek."

Gebed: Vir mense wat werk soek


Poste in Kimberley 
Follow this link to join my WhatsApp Group:

https://chat.whatsapp.com/GEx6bRLKXutEVBIWbpDxaX


Dankie, Jesus!!!!
Vir elkeen wat reeds of onlangs werk gekry het. 
Ons bid saam vir elkeen wat nog werk soek.
Ps. 39:8
"Is daar nog hoop vir my Here? U is my enigste hoop."

Here, baie dankie dat U van elke mens wat werk soek, se huidige situasie bewus is. Help elkeen om ten spyte van hul omstandighede positief te bly - selfs al neem die soektog soms langer as waarvoor hulle gehoop het. Lei hulle na die regte besigheid of maatskappy en rus hulle toe met wysheid, selfvertroue en moed wanneer hulle vir 'n werksonderhoud moet gaan. Mag U elke dag geloof en geprys word en mag U volkome wil met elkeen wees wat vandag uitgaan om werk te gaan soek. Ons bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Afkondiging: Erediens

Thursday, 24 July 2025

Dink hieroor: Elementêre dog krities belangrike wiskundige beginsels

Maal jou vriende.
Deel jou hartseer.
Trek jou teleurstellings af!
Tel God se Liefde by!!

Antwoord???
GENADE = ONBESKRYFLIK GROOT! 
Die bewyse is:
IN JESUS: Ek vind genade oor my sonde 
(1 Joh.1:9).
IN JESUS: Ek vind Lig in my duisternis 
(Joh.1:4,5&9).
AMEN: Jesus het gesê: "Bid, en vir julle sal gegee word!" 
(Matt.7:7)
AMEN: Jesus het gesê: "Ek is die lewende water" 
(Joh.7:38).
AMEN: Jesus het gesê: "Ek is die ware wingerdstok" 
(Joh.15:1).
DIE BELOFTE: “Maar die Here is getrou....” (2 Thess.3: 3).

[Dankie, Estelle!]

Wednesday, 23 July 2025

Mossiestilte: 2 Tim.5:18

Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

Wees vanoggend altyddeur bly.
Bid sonder ophou; nie omdat jy bevrees is nie maar oorloop van blydskap.
Moenie die Gees uitblus nie; laat jou blydskap vandag die Gees vurig laat optree in en deur jou.

Dankie, Gees van vreugde, u vrede in my laat my oorloop van blydskap. Dankie, Vors van vrede, vir die rustigheid in my gemoed wat vol blydskap is. My eerste woorde is een van dankbaarheid vir hierdie dag en die toetse waaraan ek onderworpe gaan wees; sommiges sal ek dalk dop, maar U laat alles ten goede mee werk vir die wat in U glo. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Dutoitspan sê dankie aan elke adverteerder op die kerkalmanak

Ondersteun asb. hierdie lojale borge!

Tuesday, 22 July 2025

67-noodsaaklike minute by Resthaven ouetehuis


Senior burgers of oumense soos daar dikwels in die omgangstaal na hulle verwys word - die mense wat hulle lewe gewy het om op te bou, hard te werk, uit te reik en kinders groot te maak ... hulle wat nie meer raakgesien word nie ... hulle wat uitgerangeer is uit die samelewing waar alles teen 'n vinnige tempo en nog vinniger leefstyl gekenmerk word ... hulle het ons hulp dringend nodig.

Die vergete aftree-oorde wat deur gedetermineerde en omgeepersoneel aanmekaar gehou word, skree die onbetrokkenheid van die gemeenskap uit. Daar is só baie dinge wat benodig word om net te oorleef.

Kimberley se besondere koue winter het die behoefte aan komberse en wintersklere onderstreep.

'n Uit-die-hart-dankie vir Rina Groenewald wat op die agtergrond gewoeker het om die eerste tree te gee om die winterknyp by Resthaven aan te spreek. 50 splinternuwe komberse val nie net uit die lug uit nie. Saam met haar, het Pula, Daphné en Lizzie gehelp om vir elke inwoner Mandela-dag spesiaal te maak. Saam met die snoesige komberse, is daar ook heerlike sop en broodjies uitgedeel, terwyl ds. William en sy vrou, Isabel, ook die Brood van die Lewe met die inwoners gedeel het.

Dankie vir elkeen wat hierdie uitreik spesiaal en moontlik gemaak het.

Mandjie Hoop: Vrede

Ons lewe in 'n wêreld
wat gevul is met kommer en angs ...
daarom het ons die vrede van God nodig wat oor ons harte en gedagtes die wag kan hou.

Jerry W McCant

Afkondiging: Selgroep

Monday, 21 July 2025

Gebed: U wil in ons land en die kerk

Hemelse Vader ons dra ons land en sy mense aan U op. Ons bid U seën oor ons land en sy mense. Ons bid vir herlewing in ons huise, kerke, werkplekke, ontspanning en die samelewing. Ons bid vir mense wat nog in die duister tas en U nie ken nie dat hulle die lig sal sien en tot bekering kom. Ons bid vir eenheid in die kerk van Christus hier op aarde. Ons bid dat hulle wat die woord bedien dit suiwer sal doen in diepe afhanklikheid van U en in aanbidding en gehoorsaamheid aan U wil. Ons bid vir onderskeidingsvermoë om nie deur valse predikers mislei te word nie. Ons bid vir U wil om in ons land en die kerk van Christus te geskied. Alles tot U eer en tot verheerliking van U Naam. Amen

Afkondiging: Bid saam met ons vir ...

Verjaardagwense

Baie geluk met jou verjaardag, Fanie. 'n Nuwe lewensjaar gevul met alles wat mooi is word jou toegewens. Mag vreugde, vrede en seëninge deel daarvan wees. Geniet jou dag! 

Sunday, 20 July 2025

Mossiestilte: 1 Sam. 17:37b

Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn.

Vandag sal God jou red uit die hand van die bose, nie oor jou geregtigheid nie, maar sy geregtigheid. 
God sal jou verlos van jou vyand omdat jy na God se hart handel.
God se Gees is in jou en Hy het jou met sy krag omgord.
Kap die hoof van jou vyand af vandag met sy eie swaard deur die kragtige werking van die Heilige Gees. 

Heilige Gees van God die Vader, ek verwelkom U in my lewe en ek weet U sal my beskerm teen die bose, wat God en sy slagordes uitdaag. Soos Dawid nederig onder die koning gebly het, wil ek nederig onder my Koning Jesus bly. Ek het reeds die oorwinning en die vyand kan niks aan my doen nie. Heilige Gees, U is in my, soos die klip in die slingervel. In u outoriteit stap ek vandag die lewe met oorwinning in en sal die vyand verslaan in Jesus Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel] 

Saturday, 19 July 2025

Kerkgenotjies: Mike aan die woord

* Waarom is die wetenskaplikes heeltemal seker Adam en Eva was nie Chinese nie?
As hulle Chinees was, sou hulle die slang geëet het.

* In Australië kan 'n mens nou nie eintlik klasseverskille wegsteek nie. 'n Man wat pas daar op besoek was, kom terug met die vraag: Hoe weet jy wanneer jy te doen het met 'n Australiër uit die boonste klas?
Hy het minder spelfoute in sy tatoeërmerke.

* Gehoor van die jongste Ierse uitvindsel?
'n Woordeboek met 'n indeks.

* Het jy al die jongste definisie van welvaart gehoor?
Dit is iets wat sakemanne skep sodat die politici die eer daarvoor kan opeis.

Thursday, 17 July 2025

Dink hieroor: Hoe begin jy jou dag?

Kyk na die Bybelse voorbeelde, put inspirasie hieruit en leef dit daagliks:

● ​​Moses sou sê: "Here, as U nie saam ons vooruit gaan nie, laat ons dan net hier bly."
● ​​Abraham sou sê: "Die Here sal voorsien."​​
● ​​Jakob sou sê: "Ek sal U nie laat gaan, totdat U my geseën het nie"​​
● ​​Josua sou sê: "Ek en my huis, ons sal die Here dien."​​
● ​​Samuel sou sê: "Spreek Here, U dienskneg luister."​​
● ​​Nehemia sou sê: "Die blydskap in die Here is my beskutting."​​
● ​​Dawid sou sê: "Die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie"​​ en "Dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons juig en bly wees."​
● ​​Salomo sou sê: "Vertrou die Here met jou hele hart en leun nie op jou eie insigte nie, in alles wat jy doen maak dit bekend aan die Here en Hy sal jou paaie gelyk maak."​​
● ​​Jesaja sou sê: "Staan op, word verlig want jou lig kom en die heerlikheid van die Here gaan oor jou" en "Geen wapen wat teen jou gesmee word sal iets uitrig nie."​​
● ​​Jeremia sou sê: "Die Here het planne om my voorspoedig te maak en sal my nie teleurstel nie."​​
● ​​Jabes sou sê: "Dat U my sal seën en my grondgebied vermeerder"​​
● ​​Sadrag, Mesag en Abednégo sou sê: "Ons buig voor geen beeld nie, maar ons sal die Here dien"​​
● ​​Esegiël sou sê: "Enige droë bene in my lewe, sal weer lewe"

[Dankie, Anoniem, dat jy hierdie inspirasie met ons deel.]

Wednesday, 16 July 2025

Mossiestilte: Ps. 18:40a

En U het my met krag omgord vir die stryd

Die Here wil jou krag gee vandag, want hy weet wat jy sal moet oorkom; van die dinge wys God nie eers vir jou nie, want dit kan jou mismoedig maak.
Die Here wil jou saak verdedig en jou beskerm.
Jy het 'n veilige woonplek by God.
Sy Heilige Gees sal jou lei en leer hoe om hierdie stryd aan te pak.

Dankie, Here, vir die gordel van waarheid wat my vryspraak voor die Vader en mense is. U versterk my vir die stryd en gee my oorwinning in Jesus Naam. Aan U bring ek met blydskap my dankbaarheid en gee U al die eer en heerlikheid. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Dutoitspan sê dankie aan elke adverteerder op die kerkalmanak


Ondersteun asb. hierdie lojale borge!
(Vlg Woensdag word die ander borge geplaas - hou die spasie dop.)

Tuesday, 15 July 2025

Afkondiging: Selgroep

Mandjie Hoop: Dankbaarheid genees ...

Dankbaarheid genees jou ...
* van onvergenoegdheid.
* van moegheid.
* dikwels van neerslagtigheid - dink oor alles wat jy het.
* van jaloesie en afguns.
Dankbaarheid laat jou stilstaan - omdraai en laat jou vir Jesus sien.

Verjaardagwense

Alex, jy moet lekker verjaar. Mag jy net seën en liefde van Bo ontvang en mag vrede en geluk jou soos 'n skadu agtervolg. Vreugde vir hierdie dag.

Monday, 14 July 2025

Afkondiging: Bid saam met ons vir ...

Gebed: Hou my styf vas

Hou my styf vas, Here, wanneer my voete gly.
Hou my vas, Here, as ek op verkeerde paaie bly.
Troos my, Here, wanneer die trane vrylik vloei.
Genees my hart, Here, wanneer my hart bloei.

Hou my geselskap wanneer ek eensaam voel.
Gee sekerheid as ek dink die lewe is sonder doel.
Wees U my Vriend as my vriende my verlaat.
Wees U my wysheid as ek soek na goeie raad.

Wees U my Geneesheer as ek siek is en vol pyn.
Wees U my Kragbron as my kragte begin kwyn.
Wees U my Anker as die vloed my mee wil sleur.
Die Gare wat vaswerk as my lewe uitmekaar skeur.

Wees U my Stut wanneer ek op moeilike paaie loop.
Wees U my vertroue as ek voel daar is geen hoop.
Duisend maal dankie, Here, dat ek dit van U mag vra.
Duisend maal dankie, Here, dat U my deur alles dra ...

[Skrywer onbekend]

Sunday, 13 July 2025

Afkondiging: Lentefunksie

Oesmaande: Julie

Afkondiging: Tabita se lepeltjie-aand

Afkondiging: SMS-boodskappe


Kontaknommer van die kerkkantoor: 053 842 1100

Mossiestilte: Ps. 139:4,5&6

Want daar is nog geen woord op my tong nie, of U, Here, U ken dit geheel en al.
U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.
Om dit te begryp is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.

Wat kan daar wees wat jou Skepper nie weet nie?
Alles wat jy nog wil spreek, weet Hy reeds.
Hy beskerm jou van agter en voor; jou vyand word verskrik en kan nie sy hand op jou lê nie, want God lê sy hand op jou.
As stofmaaksels, sal jy nooit kan begryp hoe lief God jou het en hoe wonderbaar God jou geskape het nie.

Dankie Here, U hand wat my geskep het, is op my. U beskerm my en laat my vyand bekaamd staan, teen u almag en kragtige regterhand. U het ook geweet wat ek nou bid, nog voordat ek begin het. Heilige Gees, lei my in gebed en woorde dat ek nie sondig nie, maar my tong sal U verheerlik en vereer tot in ewigheid. Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! (vers 23&24). Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel] 

Saturday, 12 July 2025

Kerkgenotjies: Rekenaarterme in gewone Afrikaans

Dit blyk dat baie van ons Afrikaanse lesers verwar word deur al die rekenaarterme wat rondwaai. Om dinge makliker te maak, is hier 
‘n kort van lys van algemene terme en die Afrikaanse verduideliking:

Monitor - Wat jy doen wanneer jy ‘n oog op die braaivuur hou.

Download - Haal die brandhout van die bakkie af.

Hard drive - Die rit huis toe sonder koue bier.

Keyboard - Waar jy jou bakkie se sleutels hang.

Window - Wat jy toemaak wanneer dit koud is.

Screen - Wat jy toemaak wanneer die muskiete kom.

Byte - Wat die muskiete aan jou doen.

Bit - Wat die muskiete aan jou gedoen het.

Mega byte - Wat die muskiete rondom die Limpoporivier doen.

Chip - Wat jy eet wanneer jy televisie kyk.

Micro chip - Wat in die sak oorbly wanneer die chips klaar is.

Dot Matrix - Oom Jan Matrix se vrou.

Laptop - Waar die kat slaap.

Software - Plastiek messe en vurke van KFC.

Hardware - Regte messe en vurke van Checkers.

Mouse - Wat die bokse in die tuinhuisie deurkou.

Mainframe - Wat die tuinhuisie regop hou.

Web - Wat spinnekoppe maak.

Website - Die tuinhuisie.

Cursor - Die ou man wat so vloek.

Search engine - Wat jy doen as jou bakkie nie wil vat nie.

Yahoo - Wat jy sê wanneer die bakkie uiteindelik vat.

Upgrade - ‘n Steil heuwel.

Server - Die meisie by die kroeg wat die slaai bring.

Mail server - Die ou by die kroeg wat die steaks en slapchips bring.

User - Die buurman wat aanhou om jou goed te leen.

Network - Wat jy doen wanneer jy jou visnet regmaak.

Internet - ‘n Meer ingewikkelde manier om jou visnet reg te maak.

Netscape - Wanneer visse die gat in die net vind nadat jy dit reggemaak het.

Online - Wanneer sy jou wasgoed uithang.

Offline - Wanneer sy alweer nie genoeg pennetjies gebruik het nie 

[Dankie, Valerie, dat jy vandag dinge vir ons in perspektief gebring het.]

Friday, 11 July 2025

VROUEFEES: 29-30 Augustus 2025

Ring van Kenhardt 
VROUEFEES:
Wanneer: 29-30 Augustus 2025
Waar: NG Kerk Keimoes

PERSOONLIKE INLIGTING

Naam en Van: _________________________

Kontaknommer: ____________________

Adres: _______________________________

e-pos: _______________________________

Gemeente: ___________________________


Enige siektetoestand waarvan organiseerders bewus moet wees?

_____________________________________

INSKRYWINGSFOOI: R650

Ingesluit: alle etes en aktiwiteite tydens fees.
Ontbyt = Koffie en beskuit, ligte middagete, aandetes.

 RSVP: 15 Augustus 2025

e-pos asseblief die voltooide inskrywingsvorm en bewys van betaling na  ngkerkkanoneiland@vodamail.co.za

Vir navrae: whatsapp Anneléne: 082 755 2271 (Ma-Do: 8:00-13:00)

Bankbesonderhede:    

NG Kerk Kanoneiland
FNB - Upington
Takkode: 230604
Tjekrek: 631 608 22 186
Verwysing: VF + naam & van

Verblyf en Vervoer:


NB: Feesgangers is verantwoordelik vir hul eie verblyf en vervoer. Spesiale akkommodasietariewe vir feesgangers te:

Ikaia River Lodge: 082 331 1353

Ou Skool Gastehuis: 084 431 7844 

INSKRYWINGSVORMS BY DIE KERKKANTOOR BESKIKBAAR!
Sien jou daar !

Afkondiging: Erediens

Wat is Genade?

Genade is om gebore te word. 
Genade is om deur Sy wil op aarde te wees. 
Genade is om elke oggend wakker te word
en na 'n moeilike dag in die bed te kan klim. 
Genade is om kos op jou bord te kan hê 
en dankbaar te wees daarvoor. 
Genade is om elke oggend jou kop soos 'n gousblom na die son te draai 
en dankbaar te wees vir nog 'n dag. 
Genade is om elke aand soos 'n daglelie toe te maak 
en dankbaar te wees vir nog 'n dag wat verby is. 
Genade is om gesond te wees. 
Genade is om te vertrou as jy siek word. 
Genade is om dankie te sê elke keer as daar water in jou kraan is 
en elke druppel reën wat val. 
Genade is om jou kleinkinders te sien grootword 
en jou mond te hou as hulle moeilik is. 
Genade is om lief te wees 
en liefgehê te word. 
Genade is om oud te word 
en te wonder waar is my lewe heen. 
Genade is om dankbaar te wees dat jy jou Skepper ken. 
Genade is om 'n werk te hê al is jy so moeg jy wil omval. 
Genade is die grootste geskenk wat jy kan hê. 
Genade is om aan te gaan al lyk die pad vorentoe donker. 
Genade is algehele vertroue op jou Skepper. 
Sy Genade is vir jou genoeg! 
Wees dankbaar! Vir Alles!
Genade onbeskryflik groot! 

Thursday, 10 July 2025

Dink hieroor: Verandering is belangrik - dit skep geleenthede

* Verandering raak elkeen van ons op verskillende maniere. 

* Verandering beïnvloed ons persoonlike lewe, ons toekoms, ons familie, die gemeenskap waarbinne ons funksioneer, ons werk en ons kerk.

* Verandering beïnvloed ons fisies, emosioneel en geestelik.

* Verandering gee ons die geleentheid om as mens te groei.

* Maar verandering mag nie ons hoop vir die toekoms van ons steel nie.

* Hanteer veranderinge en stap jou toekoms in met hoop en geloof.

Wednesday, 9 July 2025

Mossiestilte: 1 Tim. 3:16b

God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid. 

God se woord, wat alles geskape het, het vlees geword en onder die mense, sy eiendom kom woon. Joh 1:1,3&11
Die Gees het Hom aangekondig. Matt 3:16
Die Gees het soos 'n duif op Hom neergedaal. 
Twee engele het met Martha en Maria gepraat oor die opstanding van Jesus. Luk 23:4-7 & Hand. 1:10-11
Jesus het self aan die Samaritane en die Romeine die woord gebring, en daarna al die apostels vir die res van die heidene.
Daarna is Jesus voor die oë van die mense opgeneem in 'n wolk om aan die regterhand van die Vader verheerlik te word bo alles. Hand 1:9

Dankie, Vader, vir u Seun wat vir my vlees kom sterf het, deur self die vlees te oorwin. Ek glo Jesus is die Seun van God, en dat Hy vir my sondes betaal het. Ek glo dat Jesus vir my 'n weg berei het en deur sy Gees versterk, om hierdie lewenspad te bewandel (Hand. 1:7). Ek glo in die Heilige Gees wat in my woon, wat Jesus vir ons agtergelaat het. Ek weet Jesus het vir my 'n plek berei en kom my haal, om by Hom te wees in die Vader se huis. Aan Hom, al die eer en heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]