Thursday 24 December 2015

kersfees

liggies brand op elke straat
en die mense word vir niemand kwaad
want dis kersfees in ons stad
tienduisend vader krismisse
is nat gesweet in hul sneeumusse
want dis kersfees in ons stad
'n honderd winkels in 'n ry
is almal innig lief vir my
en my geldvriend sal my help betaal
en wie moet ek bedank
as ek vir iemand 'n present kan koop
bier kan drink tot die trane loop
of jou lekker lyf
my liefiewyf
kan druk as ons dans
o, 'n katjie
of 'n hondjie
of 'n ringetjie vir jou
my dingetjie vir jou
selfmoord anoniem
se skof is nou van tien tot tien
want geld kan nooit die liefde koop
en partytjies moet ten einde loop
liggies brand op straat
en die mense word vir niemand kwaad
want dis kersfees in ons stad
spaar my
here
spaar my
spaar my nog 'n kersfees
sonder u

POSTED BY KOOS VAN DER MERWE