Friday 11 January 2019

Die Kimberleypyp se diamant: "Fiks vir die lewe"

Dr. Andries Gous
Almal van ons wat op 'n Sondagaand na RSG se program, "Fiks vir die lewe" luister na die professionele motiveringspreker en lewensafrigter, dr. Gustav Gous, wat met soveel passie oor sy werk en ook oor sy pa praat, weet dalk nie dat hy êrens so 'n verlangse kontak met Dutoitspan-gemeente het nie.

Sy grootouers was Dutoitspanners en sy pa, dr. Andries Gous was 'n oud-Diamantvelder wat in 1942 gematrikuleer het. Dr. Andries Gous is dus 'n gemeenteseun wat diep spore in sy onderskeie gemeentes getrap het. Andries Gustav Stephanus Gouws was o.a. predikant van die Moederkerk George van 1953 - 1958. Dr. Andries het die eeufeesvieringe in 1972 bygewoon en het heerlik tussen die ou foto's gekuier.

En as 'n mens so na sy seun luister, dan weet jy die appel het nie ver van die boom geval nie.