Sunday 13 January 2019

Die ontstaangeskiedenis van die gemeente ...

'n Pragtige stukkie geskiedenis wat handel oor die ontstaan van Dutoitspan, kan op die webwerf van die NG Kerk Noord-Kaapland gelees word.  Vergewis u gerus van die interessante feite en die mooi stories wat onlosmaaklik deel van die gemeente is.

Raak betrokke by die bymekaar maak van inligting en help skryf aan die nuwe geskiedenis van die kerk, want oor 'n 100 jaar, sal die Dutoitspanners graag wil weet hoe het die kerk in 2019 daar uitgesien. Stuur gerus interessanthede, foto's en stories oor dinge wat in en rondom die kerk gebeur het.