Saturday, 6 December 2025

Kerkgenotjies: Die regte resep

SA sukkel maar om by die nuwe wêreld van mededinging aan te pas. Prof. Johan Combrink, die bekende taalkundige, het die probleem kostelik in die volgende stukkie saamgevat.

'n Japanse en 'n SA-maatskappy het besluit om jaarliks 'n bootwedvaart tussen die twee maatskappye te hou.

Die dag van die wedvaart het die Japanners 'n bestuurder en agt roeiers in hulle boot gehad. Die Suid-Afrikaners het een hoofbestuurder, twee assistent-hoofbestuurders, een waarnemer en twee roeiers gehad.

Die roeiers van albei spanne het 'n manjifieke poging ingesit. Die resultaat was dat die 4 Japanners met tien lengtes gewen het. Die prysgeld is regverdig verdeel tussen almal wat 'n aandeel in die Japannese oorwinning gehad het. Onder die Suid-Afrikaners was daar groot ontsteltenis. Die maatskappy se hoofbestuur het onmiddellik 'n verduideliking geëis oor waarom hulle so verneder is.

'n Deurtastende ondersoek is gelas. Talle vergaderings is gehou. Die bestuur het besluit om buite-konsultante in te roep. Op die ou end het hulle met 'n grootse plan vorendag gekom. Belê in 'n meer vaartbelynde boot en breër roeispane, en maak dit aan die roeiers duidelik dat hulle prestasie aansienlik sal moet verbeter.

Die SA-bestuurders is beloon vir hulle uitmuntende plan. Die konsultante het 'n aardige bedraggie ontvang.

Die volgende jaar wen die Japanners die wedvaart toe met 15 lengtes.

Waarop die SA-maatskappy besluit het om sy roeiers in die pad te steek en vir die volgende jaar twee buite-roeiers in diens te neem.

[Bron: Finansies & Tegniek, 10 Maart 1995]