Sunday, 7 December 2025

Mossiestilte: Ps. 124:1-8 As die Here ons nie gehelp het nie ...

Lees Psalm 124, saam met my verwerking - ek het "my" en "ek" in die Psalm gesit om dit persoonlik te maak.

'N BEDEVAARTSLIED. Van Dawid. As die HERE nie vir ons was nie - laat Israel dit sê - as die HERE nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie, dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het; dan het die waters ons oorstroom, 'n stroom het oor ons siel gegaan; dan het die trotse waters oor ons siel gegaan. Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie! Ons siel het vrygeraak soos 'n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak. Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

[PSALMS 124:1-8 AFR53]

Die verwerkte weergawe:
'n Bedevaartslied van Dawid. As die Here nie vir my was nie - laat ek dit sê - as die Here nie vir my was toe die mense teen my opgestaan het nie, dan het hulle my lewendig verslind toe hulle toorn teen my ontvlam het; dan het die waters my oorstroom, 'n stroom het oor my siel gegaan; dan het die trotse waters oor my siel gegaan. Geloofd sy die Here wat my aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie!
My siel het vrygeraak soos 'n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ek, ek het vrygeraak. My hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
Amen.
[Dankie, Anoniem]