Friday, 19 May 2023

Lief en leed: Ons groet vir John O'Ehley


Wat ek is, is net genade,
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus
Lei my, Heer, vanaand daarheen.
[Gebed van Koos du Plessis]

’n Geliefde inwoner van Ons Huis en 'n jarelange gemeentelid, John O'Ehley (76), is gisteroggend oorlede.

Hy stap vanaf 1992 'n pad met Dutoitspan-gemeente. 'n Vriendelike, innemende mens met 'n blymoedige geaardheid - 'n fyn waarnemer. 

Hy was 'n baie getroue kerkganger en al kon hy die laaste ruk nie meer hoor nie, wou én het hy elke Sondag kerk toe gekom. Pieter Britz het hom Sondae kerk toe gebring. Dit was sy gebruik om altyd so 'n uur voor die diens sy plek in te neem en die tyd dan te gebruik om te bid. 'n Stille voorbeeld vir ons almal. 

Die troosdiens is Vrydagoggend, 26 Mei om 10h00 in Ons Huis se siekeboeg. Dit sal deur ds. Ensie gelei word.

Rus in vrede, liewe oom John.

Gebed: Gebruik my vir vrede op aarde

Gee my vandag die moed, Here
om te wys waarvoor ek staan;
om op te staan vir die reg van hulle
wat hulself nie kan verdedig nie,
selfs al sou dit onreg teenoor myself ontlok.

Help my om aan niks hoër prioriteit te gee
as aan U nie;
om niks liewer te hê
as vir U nie;
want dan sal ek niks hoef te vrees nie
behalwe om U te verloën.

Help my om van niks 'n afgod te maak 
wat u plek kan inneem nie,
nie van die staat, of my kerk
of my politieke party nie,
nie van geld of status of eie belang nie.

Help my om geen ander vorm van vrede te soek
as dié wat net U kan gee nie.
Maak my 'n instrument van daardie vrede, Here,
deurdat U my oë en my ore en my hart oopmaak
sodat ek duidelik sal weet 
hoe U my wil gebruik om te werk
vir U vrede op aarde.

Alan Paton

[Uit: NG Gemeente Dutoitspan-afkondigings - 16 Januarie 2011]

Koffiehuiskonsert: 26 Mei 2023

Moenie wag nie!! Koop jou kaartjies vroegtydig!! 

Plek: Dutoitspan-kerksaal (Hier waar jy jou swaarkry-bekommernis kan vervang met lekkerkry-lag - met apologie aan Langenhoven.)

Nooi jou familie, bure, vriend en vyand om teen R10 per persoon te ontspan - beter as enige TV-program.  

Kontak: Pieter Britz by 082 290 2104 vir kaartjies vir die hele gesin.
Kerkkantoor: 053 842 1100 vir die winskoop van die jaar!

Moenie te laat wakkerskrik nie - beperkte aantal sitplekke!!! 

Thursday, 18 May 2023

Koffiehuiskonsert: 26 Mei 2023

Koop jou kaartjies vroegtydig!! 

Hierdie is 50 jaar terug se kaartjiepryse en daarvoor kan jy vir twee heerlike ure vergeet van beurtkrag, waterprobleme, gate in die pad en die prys van petrol. Kom lag, gesels en ontspan. Vrydagaandete is by die koffiehuiskonsert beskikbaar en los sommer ma se probleem ook op.

Kontak: Pieter Britz by 082 290 2104 vir kaartjies vir die hele gesin.
Kerkkantoor: 053 842 1100 vir die winskoop van die jaar!

Believe the best is yet to come


Accept what you cannot change.
Stop playing the blame-game.
Discover the wonderful person you really are.
Apply healing medicine to your emotional wounds.
Choose and cultivate a positive attitude.
Love again - only more.
Put your failures behind you and move ahead.
Turn your scars into stars.
Dream a new dream.  
Believe the best is yet to come.

Leo Buscaglia

[From: NG Gemeente Dutoitspan-afkondigings - 16 Januarie 2011] 

Wednesday, 17 May 2023

Wat my ma my geleer het ...

Ma het my geleer om werk wat gedoen is, te waardeer: "As julle mekaar wil doodmaak, doen dit net buite, ek het nou net hier klaar skoongemaak."

Sy het my van godsdiens geleer: "Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom"
Sy het my van tyd geleer: "Ek sal jou tot in volgende week in klap, as jy nie nou opruim nie!"

Sy het my geleer pa's is slimmer en ryker as ma's: "Gaan vra jou pa!"

Sy het my oor plantkunde geleer: "Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?"

Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees: "Meneertjie!!!"

Sy het my van die weer geleer: "Dit lyk of 'n dekselse orkaan jou kamer getref het!"

Sy het my geleer om myself te ontdek: "Hou op om jou soos jou pa te gedra!"

Sy het my van die wetenskap van osmose geleer: "Maak toe jou mond en eet jou kos!"

Sy het my van uithouvermoë geleer: "Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou groente opgeëet het!"

Sy het my geleer van sintuie: "Kinders word gesien en nie gehoor nie!"

Sy het my geleer van humor: "Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!"

Sy het my van jaloesie geleer: "Daar is duisende arm kindertjies wat ouers soos joune begeer!"

Sy het my wiskunde geleer: "Sit jy alweer en tande tel!"

Sy het my geleer tel: "Ek tel net tot 10 ... 1, 2, 3 ..."

Sy het my logika geleer: "Want ek sê so, dis hoekom!"

Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur: "Ek sal jou klap dat jy jou tannie vir 'n eendvoël aansien as jy my weer terug antwoord!"

Sy het my ook geleer van persoonlike reiniging: "Jy kan dit op jou maag skryf, en dit met jou hemp afvee"

Sy het my selfs geleer van regsaspekte: "Gaan kla by die magistraat"

Ai, my Ma is darem maar slim ...

[Dankie, Elmari, vir die deel van hierdie stukkie wysheid.]

Klik HIER vir nog ma-gedagtes.

Tuesday, 16 May 2023

Later ... wanneer is dit?

Skaars het die dag begin, dan is dit al sesuur saans.
Skaars breek Maandag aan, dan is dit weer Vrydag.
... en die maand is verby.
... en die jaar is verby.
... en so vergaan 30, 40, 50, 60 jare van ons lewens.
Skielik besef ons, hoeveel mense ons al verloor het. 
Ouers, familie, vriende en kennisse.
'n Terug is daar nie!
So laat ons die tyd geniet, wat ons nog oor het.
Laat ons nie ophou om tyd te gebruik, soos dit ons gelukkig maak nie.
Laat ons kleur voeg by ons gryse dae!
Laat ons glimlag oor dinge wat ons harte streel.
Ons moet die tyd wat ons oorhet, met rustigheid en vertroue geniet: die woord "later" uitskakel.
Ek doen dit later ...
Ek sê dit later ...
Ek sal later daaroor dink ...
Ons los alles altyd vir later!
Later is dalk te laat! 
Want, wat ons nie verstaan nie is:
Later is die koffie koud.
Later het prioriteite verander.
Later is die sjarme gebreek.
Later is die gesondheid verby.
Later is die kinders groot.
Later is ons ouers oud.
Later word gesprekke vergeet.
Later verander dag na nag.
Later eindig die lewe ...
En dan is dit te laat!
So asseblief, moet niks uitstel tot later!
Want intussen kan ons die beste oomblikke verloor ...
Die beste ondervindinge
Die beste familie
Die beste vriende
Vandag is dié dag! 
Die oomblik is nou!

Ons is nie meer jonk genoeg, om dinge wat vandag gedoen kan word, na môre te skuif nie.
Kom ons wees vandag net dankbaar vir diegene wat deel van ons lewens is.
Kom ons gee vandag 'n kompliment vir hulle wat ons pad kruis.
Kom ons reik vandag uit na iemand wat ons regtig nodig het.
Kom ons besoek vandag iemand wat siek is of bedlêend is en wat verlang na geselskap.
Kom ons bid vandag vir ons familie, vriende, die kerk, ons leiers op alle terreine en ons land.
Vandag is dié dag! 
Die oomblik is nou!
Môre is dalk te laat ...

[Dankie, Ina, wat hierdie stukkie met ons deel.] 
 

Monday, 15 May 2023

Interessante statistiek na Moedersdag


Moedersdagbladsy is 344 keer besoek.
'n Kortkop agter die eerste bladsy is die een oor die basaaridees.

 

84 000 keer dankie!

Sunday, 14 May 2023

'n Geseënde Moedersdag


Daar is 'n ou Joodse spreekwoord wat lui:
God kan nie oral gelyk wees nie,
daarom het Hy ma’s gemaak.


Elke ma weet dat sy besonders en spesiaal is, maar dat sy ook 'n groot verantwoordelikheid het om God se beelddraer te wees. Geniet 2023 se Moedersdag. Mag hierdie dag 'n dag vol liefde, vreugde, omgee, samesyn, maar ook diepe dankbaarheid wees.
 Gaan loer HIER vir nog boodskappies.

Saturday, 13 May 2023

Nog foto's van die heerlike gesinsnaweek

Kom blaai geus deur die fotoverhaal van 'n onvergeetlike naweek.
 
Gesinskamp: 2023 (Foto's deel 1)

Gesinskamp: 2023 (Foto's deel 2)

(Gesinskamp deel 2 is foto's wat Rencia le Roux met die lesers deel. Baie dankie!)

Wat is Liefde?

Liefde is nie wat jy kan kry nie, maar wat jy kan gee.
Liefde is nie wat ander vir jou kan doen nie, maar wat jy vir ander kan doen.
Liefde is 'n glimlag nie 'n frons nie.
Liefde is 'n drukkie nie 'n klap in die gesig nie.
Liefde is omgee nie misbruik nie.
Liefde is om die sambreel vir iemand in die storm te wees en die reënboog na die storm.
Liefde is om iemand se trane af te vee nie dit te veroorsaak nie.
Liefde is om boek te hou van goeie tye nie die slegte tye nie.
Liefde vergewe nog voor iemand jou seergemaak het.
Liefde maak van jou 'n ligtoring wat ander die rigting wys in die donker.
Liefde maak van jou 'n boom wat koelte gee vir die wat rus nodig het.
Liefde word nie gespreek nie maar gewys.
Liefde kan genees, vertroos, versterk al het jy niks om iemand te bied nie.
Maar jy het die liefde wat geld nie kan koop nie.

Friday, 12 May 2023

n Breinknoper vir die naweek

Jy ry een aand deur die dorp, terwyl die wind woes waai en vlae reën neerstort. Toe jy by die bushalte verby ry, staan die volgende drie persone daar in die reën en koue:
  • 1. 'n Ou dame wat lyk asof sy enige oomblik ineen gaan stort.
  • 2. 'n Ou vriend van jou wat jare terug jou lewe gered het.
  • 3. Die perfekte (potensiële) lewensmaat van wie jy gedroom het.
Vir wie sal jy 'n rygeleentheid gee - met die beperking dat jy net plek vir een passasier het?

Dink oor die vraag en klik HIER vir die antwoord. 

Terugblik op die gesinsnaweek

Die samelewing is só gejaagd en die mense aan wie ons die meeste tyd moet spandeer, kry en sien die minste van mekaar. Daar is só baie invloede van buite wat op ons tyd en gesinstyd aanspraak maak, dat ons as 'n gesin bymekaar verby leef. Daarom dat hierdie naweek se tema Gesin vir God was.

In 'n ontspanne atmosfeer, weg van die huis af, wil die kerk gesinne die geleentheid bied om weer bymekaar uit te kom. Verskillende aktiwiteite het bygedra tot die atmosfeer ... en as 'n mens so na die foto's kyk, wil dit al voorkom asof hier vissers van gemeentelede gemaak is.


Daar word gekyk na 'n kort opsomming van die 5 liefdestale is:
  • Fisiese aanraking: Jy voel geliefd as iemand jou liefdevol aanraak.
  • Dade van diensbaarheid: Jy voel geliefd as ander jou help met takies of jou dien deur iets vir jou te doen.
  • Opbouende woorde: Jy voel geliefd as iemand jou komplimenteer of hul goedkeuring oor jou uitspreek.
  • Kwaliteittyd: Jy voel geliefd as iemand tyd met jou spandeer en hul aandag vir jou gee.
  • Geskenke: Jy voel geliefd as iemand vir jou iets gee wat hulle aan jou laat dink het.
Hierdie gesinskamp was 'n lewensveranderende kamp vir baie. Ons moet nou so leef dat ons geloof vir God dividente lewer.

Klik HIER en HIER en HIER vir foto's.

Monday, 8 May 2023

'n Heerlike gesinsnaweek

 




'n Onvergeetlike naweek by Pro Regno. Klik HIER vir heerlike foto's.

[Foto's: Elsa Minne]

Sunday, 7 May 2023

Ken jy die antwoord?

*

Wat is die heel beste middel teen spanning en stres, altyd tot almal se beskikking en heeltemal gratis?
Die antwoord is lag.
(Hierdie middel/medikasie is deel van ons DNA - deur ons Maker ingebou - gebruik dit net.]
Die heerlike lag wat diep in ons wese begin, wat ons mond vul met gelag en ons tong met gejubel.
Selfs net ‘n glimlag is genoeg om ons gedagtes ‘n positiewe wending te laat neem.
Dit is ons sin vir humor wat ons die komiese in een of ander situasie laat sien en ons lagspiere prikkel, en hoe nodig het ons dit nie in hierdie wêreld van vandag met al sy uitdagings nie!
Hoe gereeld gebruik ons hierdie middel?
Ons moet egter onthou dat die lewe nie altyd maanskyn en rose is nie.
Dan moet ons nie soek na iets om oor te lag nie, want dit sal beslis nie ons sin vir humor weerspieël nie, maar eerder ‘n gebrek aan liefde en empatie.
Soms is ons geneig om ‘n berg van ‘n molshoop te maak, en dit is hier waar ‘n sin vir humor ons kan red uit ‘n situasie wat na ons mening net te ernstig geraak het.
As geestelike wesens op ‘n pad van lig, sê ons: “Dankie Vader, vir die vermoë om te kan lag!”
Dis die beste raad en boonop is dit verniet!
Deel dit uit, maar gebruik hierdie raad ook so dikwels as moontlik.

[*Gaan lees gerus die stukkie in Mieliestronk.]

Die Geheim

Eendag vra die een vriend vir die ander:
"Hoe is dit moontlik dat jy altyd so gelukkig is?
Jy het soveel energie,
En ek het jou nog nooit af of moeg gesien nie ... "
Met 'n glimlag in sy oë sê hy:
"Ek ken die geheim!"
"Wat se geheim is dit?"
Hy antwoord:
"Ek sal jou alles van die geheim vertel,
Maar jy moet my belowe,
Dat jy die geheim met almal sal deel."
Na instemming sê hy: 
"Die geheim is dat ek het geleer dat daar min in my lewe is
wat ek kan doen om myself werklik gelukkig te maak.
Ek moet op God vertrou om my
gelukkig te maak en te voorsien in my behoeftes.
Wanneer 'n behoefte in my lewe ontstaan,
moet ek op God vertrou om daarin te voorsien ...
Ooreenkomstig Sy besluit.
Ek het geleer dat die meeste van die tyd
het ek nie die helfte nodig van dit wat ek wil hê nie.
Hy het my nog nooit teleurgestel nie.
Vandat ek hierdie geheim geleer het, is ek gelukkig."
Die vriend se eerste gedagte was:
"Dit is te simpel en te eenvoudig!"
Maar nadat hy sy eie lewe oordink het,
besef hy, hy het gedink 'n groter huis sal hom gelukkiger maak, maar nee, dit het nie!
'n Meer betalende werk sal hom gelukkiger maak, maar dit het nie.
Wanneer het hy besef was hy op sy gelukkigste?
Toe hy saam met sy kinders en nou saam met sy kleinkinders op die mat gesit het,
en speletjies gespeel, pizza geëet en vir hulle 'n storie gelees het.
'n Geskenk van God.
Nou weet jy dit ook!
Mens kan nie op mense vertrou om jou gelukkig te maak nie.
GOD en Sy wysheid alleen kan dit doen.
Vertrou op Hom!
Hierdie geheim word nou met elke leser gedeel.

Saturday, 6 May 2023

Psalm 23 DB

Die Here sorg vir my soos 'n herder wat Sy skape oppas;
ek het niks meer nodig nie
Hy gee vir my die heel beste van alles; kos, veiligheid en vrede!
Omdat die Here by my is, bekommer ek my nie.
Wanneer ek moedeloos word, laat Hy my die lewe weer anders sien!
Hy gee my krag om elke dag reg te lewe!
Soos 'n goeie gids lei Hy my elke dag om volgens Sy wil te lewe.
Almal in my lewe kan sien hoe belangrik God is.
Selfs wanneer die lewe vir my so donker word dat ek nie weet watter kant toe nie, sal ek nie bang wees dat probleme my onderkry nie, want U is altyd by my!
Dit troos my dat U my lei en beskerm. U laat my veilig voel.
Soos 'n gasheer sit U net die beste van die lewe aan my voor;
hulle wat nie naby U lewe nie, kan maar net verleë toekyk.
U behandel my soos 'n spesiale gas; ek geniet alles in oorvloed.
U sal vir my goed wees en my liefhê so lank as wat ek lewe;
ek sal naby U lewe tot ek die dag doodgaan!

[Klik HIER vir die Griekwa-psalm.]

Friday, 5 May 2023

Van ‘n ouer aan 'n kind

Ek het jou die lewe gegee, maar ek kan dit nie vir jou lewe nie.Ek kan jou dinge leer, maar ek kan jou dit nie maak leer nie.
Ek kan jou rigting probeer gee, maar ek is nie daar om jou te lei nie.
Ek kan jou vryheid toelaat, maar ek kan nie daarvoor verantwoording doen nie.
Ek kan jou kerk toe neem, maar ek kan jou nie maak glo nie.
Ek kan jou leer onderskei tussen reg en verkeerd, maar ek kan nie vir jou besluit nie.
Ek kan vir jou mooi klere koop, maar ek kan jou nie van binne mooi maak nie.
Ek kan jou raad gee, maar ek kan dit nie namens jou aanvaar nie.
Ek kan jou liefde gee, maar ek kan dit nie op jou afdwing nie.
Ek kan jou leer om mededeelsaam te wees, maar ek kan jou nie onselfsugtig maak nie.
Ek kan jou leer om respek te hê, maar ek kan jou nie dwing om eer te bewys nie.
Ek kan jou raad gee oor vriende, maar ek kan hulle nie vir jou kies nie.
Ek kan jou leer omtrent seks, maar ek kan jou nie rein hou nie.
Ek kan vir jou die feite van die lewe vertel, maar ek kan nie jou reputasie behou nie.
Ek kan jou vertel van drank, maar ek kan nie namens jou NEE sê nie.
Ek kan jou waarsku teen dwelms, maar ek kan nie verhoed dat jy hulle gebruik nie.
Ek kan jou vertel van hoë prestasies, maar ek kan hulle nie vir jou bereik nie.
Ek kan jou vertel van goedheid, maar ek kan jou nie forseer om genadig te wees nie.
Ek kan jou waarsku omtrent sonde, maar ek kan nie jou standaarde stel nie.
Ek het jou lief as my kind, maar ek kan jou nie God se kind maak nie.
Ek kan vir jou bid, maar ek kan nie maak dat jy met God wandel nie.
Ek kan jou leer van Jesus, maar ek kan nie Jesus jou Koning maak nie.
Ek kan jou leer van die lewe, maar ek kan jou nie die Ewige Lewe gee nie.
- Onbekend

Thursday, 4 May 2023

Onthou Moedersdag: gee jou blomme voordat dit te laat is ...

"As jy die mense op straat, in die winkel, kafee of werksplek hoor praat, kry jy die indruk dat die meeste mense slegte mense is. As jy dan vir een week lank by alle begrafnisse in jou omgewing aandoen en al die Ter herinnering aan lees, sal jy dink dat daar nie slegte mense bestaan nie en dat alle vaders en moeders ideale vaders en moeders is en dat al die eggenotes teergeliefd en vol toewyding en sorg was! 

Nooit lees jy in 'n doodsberig die nuus: Hy was 'n buffel  of  Sy was 'n kwaadstoker of Sy was 'n slegte ma nie. Ons kan van 'n grafskrif alles leer, behalwe een ding: Moenie wag tot iemand dood is voor jy vir hom of vir haar 'n pluimpie gee nie! Bring jou blomme nou voordat ek dood is!" 

Moedersdag lê om die draai en met bogenoemde in gedagte: Onthou om vir jou ma blomme te koop hierdie MOEDERSDAG of gaan drink net 'n koppie tee saam met haar. 'n Dankie of 'n pluimpie kos nie geld nie, doen dit sommer vandag nog.

[Dankie, Anoniem, vir hierdie stukkie waarheid.]