Sunday 30 June 2024

Mossiestilte: Ps. 25:14

Die verborgenheid van die Here is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.

God het met jou 'n verbond gesluit, 'n bloedverbond deur sy Seun, Jesus aan die kruis; Hy wil dit aan jou bekend maak. Sy verborgenheid is Christus in jou, die hoop op heerlikheid (Kol. 1:27c). Die Here maak sy weë aan jou bekend en Hy leer jou sy paaie (vers 4). Prys Hom vandag, jy wat Hom vrees (Ps. 22:24).

Here, U lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag. Dink, Here, aan U barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van die ewigheid af (vers 5+6). Ek wil U verbond behou en u getuienisse bewaar, want al U paaie is goedertierenheid en trou (vers 10). U bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek (vers 20). Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Oesmaande: Junie

Bankbesonderhede


Saturday 29 June 2024

Kerkgenotjies: Belangrike raad

Gatiep sit op die rusbank en kyk 'n video.

Skielik skree hy vir die ou op die skerm: "MOENIE INI KERK GAAN NIE ... MOENIE IN GAN NI ... OOOOH DJY GAN SPYT WIES, NÉ!"

Sy vrou vra vir hom: "Gatiep ... wat kyk d’jy?"

Gatiep antwoord: "Ons trouvideo!"

Friday 28 June 2024

Terugblik: Die gebed van gelowiges (uittreksel)

My kleinkind, Marco Booysen, is op vyfjarige ouderdom gediagnoseer met leukemie.

Die pyn het in sy linkerheup begin. Die pediater het gesê dis groeipyne, maar dit het al hoe erger geword en hy het al hoe bleker geword. Ek het een Sondag vir my seun gesê hierdie kind is besig om voor ons oë dood te gaan. Dit was op 'n Maandagmiddag in 2004 dat ons die uitslag gekry het. Sy telling was 95 - dit is baie hoog.

Dutoitspan-gemeente, vriende en familie het begin bid. Na 'n week van chemo-behandeling en gebede was die telling af na 15. Dit was so wonderlik!! Alle dank vir God se genade. Hy het kaalkop sy skoolloopbaan begin as gevolg van die chemo.

Vandag is hy 'n pragtige seun van 14 jaar en in Diamantveld Hoërskool in graad 9 en gesond. Alle eer aan ons getroue Vader.

[Geskryf: Rina Groenewald] 

Koop gerus hierdie boekie God maak stukkende mense heel, 2018/2019, met stories van hoop by Dutoitspan Kerkkantoor - 053 842 1100 @ 'n bekostigbare R50,00.

Thursday 27 June 2024

Afkondiging: Bid saam met ons vir ...

Persone wat lewe met kanker:

1. Monique Grové - dit gaan nie op die oomblik goed met haar nie - bid vir die res van haar gesin en familie vir die uitdagings wat voorlê.
2. Estelle Kotzé
3. Johan van Tonder - sterk tuis aan, kry tans behandeling.
4. Susan van Tonder - weer gediagnoseer met borskanker.
5. Hennie Serfontein – beenmurgkanker in die Kaap. (Marié Matthysen se nefie.)
6. Daleen Delport tans in Bloemfontein. (Dries se vrou.)

Ander siekes/operasies:

7. Tannie Bessie Schonken vra vir voorbidding.
8. Tannie Smittie van der Westhuizen - verloor sig (Ons Huis)
9. Ds. Ensie is siek met griep.
10. Almal wat siek is met griep.

Welkom, prop. Adriaan Broodryk

Wednesday 26 June 2024

'n Sally Aucamp-dankie!

Die inwoners en komiteelede van Sally Aucamp wil van hulle kant af BAIE DANKIE sê vir die wonderlike ondersteuning met die onlangse fondsinsamelingspoging wat by Kimberley Klub gehou is. 'n Spesiale dankie aan Jannie du Toit vir 'n besondere bydrae.

'n Dutoitspan-dankie aan die Bybelskoolspan

Mossiestilte: Rom. 8:11

En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.


Vir enige mens is dit ondenkbaar dat God se Gees in ons kan woon, want ons oë is geleer om te kan fokus op aardse dinge en nie op geestelike werklikhede nie. As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy ook nie aan Christus nie. Maar as Christus in ons is, is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die Gees is lewend vanweë die geregtigheid (vers 10). Almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Die Gees van God is deur God se genade woonagtig in ons vir krag, lering, wysheid, om elke dag suksesvol deur Christus te wees in alles wat ons doen.

Dankie Here, dat U Gees saam met ons getuig dat ons kinders van God is (vers 16). Ek dank U dat U my 'n mede-erfgenaam saam met Jesus gemaak het, as ons saam met Hom lei, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word (vers 17). So kom U ook my swakhede te hulp en leer my hoe om te bid en U Gees self tree vir my met onuitspreeklike sugtinge in ( vers 26). Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Tuesday 25 June 2024

Laaste dag vir jou Bybelbestelling


Woensdag is die laaste dag wat jy jou bestelling by die kantoor kan ingee. Betaling moet die bestelling vergesel. Kontak die kantoor vir enige navrae: 053 842 1100.

Bid asb vir Monique Grové

Ons as gemeente dink in die besonder aan Monique Grové en haar gesin. Sy gaan van vandag af vir twee weke in isolasie, waarna sy DV 'n stamseloorplanting gaan kry. Sy mag glad nie met mense in aanraking kom buite die kamer nie. Haar ma gaan by haar bly om haar by te staan. Ons vra dat die liefdevolle en versorgende God elke tree van hierdie pad saam met hulle sal loop. 

Ons het die vrymoedigheid om ons getroue lesers te vra om in die besonder vir hierdie twee vroue te bid en nie op te hou bid nie.

Baie dankie vir almal wat so gereeld en getrou vir hulle bid, vir die ondersteuning op welke wyse en al die boodskappe van bemoediging. Dit is liefde in aksie!

Are you a Christian?

A lady went into a doctor's office and during her examination the doctor noticed a cross on her neck. The doctor curious about the cross began a conversation with his patient and asked..

"I see you wear a cross around your neck, are you a Christian?"

"Yes," the lady responded to which the doctor replied.

"I am a Catholic and I am disappointed with born again Christians."

"Why?" the lady replied ...

The doctor replied in anger "Because you all talk about Jesus and how great He is but yet you never talk about His mother and I find that offensive."

After a moments silence the lady responded and said ...

"Doctor can I ask you something?"

"Of course," he replied.

The lady smiled and said, "Doctor if I make my next appointment and you are not available can I ask for your mother to come and see me instead?"

Horrified the doctor replied, "Of course you can't. I'm the one who studied medicine. I'm the one who is qualified not my mother, she may have given birth to me, but I'm the one who studied and became qualified. She knows nothing about medicine ..."

The lady responded with a smile and said ...

"That's why I talk about Jesus and not Mary. She didn't qualify to be my Saviour, she didn't die and rise again and she didn't pay the price for my sins ..."

[Thank you, Estelle, for sharing.]

Monday 24 June 2024

Maandag-gedagtesaad

Die Here se Komma-Kind!

Klik HIER om na die pragtige gebed te luister!
Klik HIER om Katrienkie se verhaal in die Kerkbode te lees!

[Dankie Rina Groenewald wat hierdie besondere boodskap met ons deel.]

Sunday 23 June 2024

Mossiestilte: Hand. 7:55

Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.

God kom eerstens en openbaar Homself in al sy glorie en heerlikheid aan jou vandag. Stéfanus het sy oë op die regte plek gehad; hy het verby die probleem gekyk en die oplossing raakgesien, al was hy in groot nood. Nes jy dink die probleme hou op, steek 'n nuwe probleem sy kop uit. Jou lewe is nie 'n gelykpad nie, maar die Here is jou oplossing vir al jou probleme.

Leer my Heilige Gees, om altyd my afhanklikheid op my knieë in gebed na U toe te bring. Op my knieë wil ek u grote Naam aanroep. Met my oë gerig op U, wil ek verby my probleme kyk en net op U fokus. U is my Redder en die een wat my nooit alleen laat nie. Op my knieë is U waarlik goed en sorteer U al my probleme uit. Ek loof U en prys U, tot die dood toe. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Saturday 22 June 2024

Vakansie-Bybelskool: Dag 4


Dankie, tannie Annatjie Enslin en haar span vir die geseënde Bybelskoolweek! Hierdie aktiewe groepie kinders het ʼn draai by die Rooi See gemaak, deur die 10 plae gewerk, speletjies gespeel, sandart en hope ander lekker aktiwiteite gedoen. As ervare fynproewers het hulle elke dag hul lippe afgelek na ʼn heerlike ete.

Onthou: Groei en blom waar jy geplant word, al is dit ook in swak grond - dis waar God jou nou nodig het. Hy sal jou uitplant wanneer die tyd ryp is.

Foto's: Marina Marais

Kerkgenotjies uit 1918

Vir die ouer gardes onder die lesers: Uit die tydskrif Jong Suid-Afrika van Julie 1918:

Meester: "Jan, let nou goed op: als ek sê: Die vader het sij agt kinders geseën - is dit dan bedrijwende of lijdende vorm?"
Jan: "Bedrijwende vorm, Meester."
Meester: "Goed, en wat sou nou die lijdende vorm wees?"
Jan: "Die vader is met agt kinders geseën."

[Bron Klasgids 45:3, Augustus 2010, bl,75]

Friday 21 June 2024

Thursday 20 June 2024

Selfondersoek en bemoediging

Soms hanteer ons vir God asof Hy ‘n tipe van ‘n geestelike kettingwinkel is. Ons daaglikse inkopielys. Ons gebede is die trollies wat deur die rakke loop en God moet net insit wat ons vra. Daar is egter geen of min commitment van ons kant af om te lewe volgens God se Woord. 

Ons wil die voordele geniet om in Sy huis te woon, maar ons wil nie Sy huis se reëls nakom nie. Gemaksug, selfsug, individualisme en verlaagde morele standaarde oorheers ons lewens. Ons gee nie om met wie ons identifiseer nie. Nog minder is ons bekommerd oor die voorbeeld wat ons vir ons en vir ander se kinders stel.

Ons dink ons kan lewe soos ons wil en God sal maar net regstaan vir ons. 

'n Uitdaging, maar terselftertyd ook 'n bemoediging: Ondersoek die toestand van jou hart, of die gebede wat jy saai. Laat toe dat die Woord van God wat jy hoor, op goeie grond val. Die saad wat jy het, het reeds die mag om eksponensieel te vermeerder. Al wat nodig is, is om seker te maak dat die toestand van die grond ontvanklik daarvoor is.

Wednesday 19 June 2024

Vakansie-Bybelskool: Dag 2

Foto's: Marina Marais

Mossiestilte: Ps. 2:12c

Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!

Wat 'n pragtige Psalm oor God en sy Seun, die Messias, jou Verlosser. Wees dan nou verstandig vandag, dien die Here met vrees, en juig met bewing. Maak die Here vandag jou skuilplek en kyk hoe gelukkig jy in sy genade sal leef. Die Vader se Gesalfde, wil jou ook vandag salf met sy geregtigheid en vrede.

Dankie, grote Vader, vir die saligheid wat U oor my gebring het. U het my kom regenereer, sodat my geloof in U kan groei. U Heilige Gees bly in my en herinner my daagliks aan die barmhartigheid van God oor my. U wysheid gee my die verstand wat ek daagliks nodig het. Laat my stem U verheerlik vanoggend. Ek rig my gebed na U en my aangesig op U in die hoogste hemele. Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Tuesday 18 June 2024

Vakansie-Bybelskool: Dag 1

Ballonspeletjies
Malvalekkerpiramides
Sandkuns en die verf van fotorame

Foto's: Marina Marais