Monday, 11 July 2022

Gebed vir die week – John Baillie

Here God, mag die herinneringe aan die lewe van u Seun
wat op die stofpaaie van hierdie aarde geloop
en tussen ons gewone mense gelewe het,
vandag in die alledaagse take en eise van die lewe
vir my tot inspirasie wees.

Laat my onthou hoe Hy gedien het,
eerder as om op bediening aanspraak te maak;
hoeveel deernis Hy gehad het met alle mense se pyn en seerkry;
hoe moedig Hy was in sy eie lyding.

Herinner my in my eie optrede aan sy nederigheid.
Hoedat Hy nie ander beledig het
toe hulle Hom verneder en geslaan en bespuug het nie.

Laat sy eenvoud my leer
om alle vertonerigheid te vermy.

Laat my leer uit sy
selfbeheersing, sy rustigheid en innerlike vrede,
sy volkome vertroue op U, sy Vader.

Vul my vandag opnuut met die krag van u Gees,
sodat ek in Jesus se voetspore sal kan volg.

(Uit: Die Groot Gebedeboek, saamgestel deur Piet Naude, 2014)

Saturday, 9 July 2022

Kerkgenotjies: Die eensgesindheidseminaar


Klik HIER vir iets in ligter luim!

Tuesday, 5 July 2022

Ek het gevra ...

Ek het gevra vir krag sodat ek kon presteer ...
Toe maak Hy my swak sodat ek kan leer.

Ek het gevra vir gesondheid sodat ek groot dinge kon verrig ...
Toe gee Hy my genade sodat ek kan besef daar is 'n beter plig.

Ek het gevra vir rykdom sodat ek geluk kon koop ...
Toe gee Hy my armoede om my van my hoogmoed te stroop.

Ek het gevra vir mag sodat ander my kan prys ...
Toe gee Hy my die wysheid om Sy liefde te kan wys.

Ek het gevra vir alles in die lewe sodat ek dit kon geniet ...
Toe gee Hy my 'n hart wat ten spyte van die lewe vreugde kan bied.

Ek het niks ontvang waarvoor ek gevra het nie ...
Maar in Sy oneindige wysheid, liefde en genade het Hy my meer gegee as waarvoor ek ooit kon hoop.

Want selfs al gaan ek deur donker dieptes hoef ek nou nie meer bang te wees nie.
U is by my.
By U is ek veilig.
U goedheid en liefde is my huis en my hart.
Nou kyk ek op na die berge en weet U is daar.
U sal my beskerm teen alle gevaar.
Nou.
Altyd.

[Bron: internet]

Sunday, 3 July 2022

Wees jouself ...

Wees ... lojaal teenoor jou vriende.
Wees ... vriendelik met jou vyande.
Wees ... sterk genoeg om die wêreld elke dag vierkantig in die oë te kyk.
Wees ... swak genoeg om te weet dat jy nie alles alleen kan doen nie.
Wees ... vrygewig teenoor hulle wat jou hulp nodig het.
Wees ... spaarsamig met dit wat jyself benodig.
Wees ... wys genoeg om te besef dat jy nie alles weet nie.
Wees ... dwaas genoeg om te glo in wonderwerke.
Wees ... bereid om jou vreugdes te deel.
Wees ... bereid om die hartseer van ander te deel.
Wees ... ’n leier wanneer jy ‘n weg sien wat ander gemis het.
Wees ... ’n volger wanneer jy omring word deur die mistigheid van twyfel.
Wees ... die eerste om ‘n opponent geluk te wens met sy sukses.
Wees ... die laaste om ‘n kollega wat misluk te kritiseer.
Wees ... seker waar jy volgende gaan trap sodat jy nie struikel nie.
Wees ... seker van jou finale bestemming, ingeval jy die verkeerde rigting inslaan.
Wees ... liefdevol teenoor hulle wat jou liefhet.
Wees ... liefdevol teenoor hulle wat jou nie liefhet nie, dalk kan hulle verander.
Bo alles ... wees jouself. 

Sunday, 26 June 2022

The God Who Stays

If I were You I would've given up on me by now
I would've labeled me a lost cause
'Cause I feel just like a lost cause

If I were You I would've turned around and walked away
I would've labeled me beyond repair
'Cause I feel like I'm beyond repair

Oh, but somehow You don't see me like I do
Somehow You're still here

You're the God who stays
You're the God who stays
You're the one who runs in my direction
When the whole world walks away
You're the God who stands
With wide open arms
And You tell me nothing I have ever done can separate my heart
From the God who stays

I used to hide
Every time I thought I let You down
I always thought I had to earn my way
But I'm learning You don't work that way, no

'Cause somehow You don't see me like I do
Somehow You're still here

You're the God who stays
You're the God who stays
You're the one who runs in my direction
When the whole world walks away
You're the God who stands
With wide open arms
And You tell me nothing I have ever done can separate my heart
From the God who stays

My shame can't separate
My guilt can't separate
My past can't separate
I'm Yours forever

My sin can't separate
My scars can't separate
My failures can't separate
I'm Yours forever

No enemy can separate
No power of hell can take away
Your love for me will never change
I'm Yours forever

'Cause you're the God who stays
You're the God who stays
You're the one who runs in my direction
When the whole world walks away
You're the God who stands
With wide open arms
And You tell me nothing I have ever done can separate my heart
From the God who stays
You're the God who stays
You're the one who runs in my direction
When the whole world walks away
You're the God who stands
With wide open arms
And You tell me nothing I have ever done can separate my heart
From the God who stays
Bron: LyricFind 

Klik HIER vir die video.

Saturday, 25 June 2022

Onthou: 30 Julie - die dankfeesdatum!



Klik HIER vir oulike en goedkoop idees!

Ons kla ...

Ons kla oor grys hare -
'n kankerpasiënt wens sy het hare gehad!

Ons kla oor nuwe skoene -
die kreupele wens hy het voete gehad!

Ons gooi kos weg -
honger mense bid net vir stukkie brood!

Ons baklei en vloek ons geliefdes -
êrens in die lewe sit iemand alleen
en bid vir liefde om oor hulle pad te kom!

Ons ouers irriteer ons soms of ons opinies verskil -
maar êrens in 'n ouetehuis sit ou mense
en bid vir 'n kuiertjie van hul kinders wat hulle weggegooi het!

Ons baklei met ons kinders en ons kinders met ons -
êrens sit 'n ma of 'n kind by 'n graf en ween
en wens net vir nog een dag saam met daardie persoon!

Ons bekommer onsself oor watse geskenk ons gaan kry of koop -
êrens sit n ma en bid dat sy net die Kersfees 'n brood
en 'n bottel aanmaakkoeldrank en miskien n stukkie hoender vir haar kinders kan voorsit!
Wat nog te sê 'n geskenk?

Ons moan oor vet of maer wees -
êrens veg iemand om oorlewing en wag vir 'n orgaan!
Wees dankbaar vir wat jy het,
wie in jou lewe is
en wees tog geduldig
en klaar dinge uit op 'n mooi manier!

Dink oor hoe geseënd jy is
en hoe jy dinge sommer maar net verwag omdat dit jou toekom!
Dis aardse goed en 'n gejaag na wind!

Hartsake en liefde is meer werd
as enige groot duur geskenk of 'n nietige bakleiery!
Die dood is so finaal,
maak die beste van jou en jou geliefdes se lewe!!!!
[Anoniem]

Sunday, 19 June 2022

Saturday, 18 June 2022

Father's Day: the word father is a synonym for safety

There is no job in this world that is more difficult in the world than being a father. A father is a guardian for his children, a protector of his family, the rock that stands solid beneath the surface of his whole family. As long as I can remember for me the word father is a synonym for safety.

A hand over my head meant that he is always there for me no matter what, a little pat on the back meant that he believed in me when even I wasn’t so sure of myself and when he looked at me with a polite smile meant he was proud of me no matter what anyone thinks.

Father’s efforts are usually overshadowed by a mother’s love as much as they both mean the world to everyone; a father’s love does need to be recognized sometimes and appreciated as well. On the behalf of all the church I want to say thank you to all the amazing fathers that keep on taking care of us every day and all they expect from us is to stay safe and be happy.

Sunday, 29 May 2022

Gebed van 'n vrou

BYBELSTUDIEGROEP
deur Nina Smit

 "Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig: dit gee insig aan dié wat nog onervare is." (Ps. 119-130)

Hemelse Vader,  

Hoe waar is dit nie van ons Bybelstudiegroep nie.
Vyf jaar kom ons al elke week saam in u Naam
rondom u Woord.
En ons weet met helder sekerheid
U is saam met ons,
U liefde omvou ons,
u Gees laat u Woord vir ons oopgaan -
en ons kry insig in die dinge van u koninkryk.
Dankie dat ons mekaar kan liefhê,
omdat ons u liefde in ons harte het.
Dat ons vriendinne in Christus kan wees
en mekaar se probleme op die hart kan dra.
Dat ons vir ons gemeente kan bid
as ons so saam is.
Leer ons week na week
om in ons Bybelstudiegroep
elke keer nader aan U te kom,
U steeds beter te leer ken
deur die bestudering van u Woord.
Amen.

Sunday, 22 May 2022

Wat vertel jy aan jouself elke oggend as jy jou dag begin?

● ​​Moses sou sê: "Here, as U nie saam ons vooruit gaan nie, laat ons dan net hier bly."

● ​​Abraham sou sê: "Die Here sal voorsien."​​

● ​​Jacob sou sê: "Ek sal U nie laat gaan, totdat U my geseën het nie"​​

● ​​Josua sou sê: "Ek en my huis, ons sal die Here dien."​​

● ​​Samuel sou sê: "Spreek Here, U dienskneg luister."​​

● ​​Nehemia sou sê: "Die blydskap in die Here is my beskutting."​​

● ​​Dawid sou sê: "Die Here is my Herder, niks sal my onbreek nie"​​ en "Dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons juig en bly wees."​

● ​​Solomo sou sê: "Vertrou die Here met jou hele hart en leun nie op jou eie insigte nie, in alles wat jy doen maak dit bekend aan die Here en Hy sal jou paaie gelyk maak."​​

● ​​Jesaja sou sê: "Staan op, word verlig want jou lig kom en die heerlikheid van die Here gaan oor jou" en "Geen wapen wat teen jou gesmee word sal iets uitrig nie."​​

● ​​Jeremia sou sê: "Die Here het planne om my voorspoedig te maak en sal my nie teleurstel nie."​​

● ​​Jabes sou sê: "Dat U my sal seën en my grondgebied vermeerder"​​

● ​​Sadrag, Mesag en Abednégo sou sê: "Ons buig voor geen beeld nie maar ons sal die Here dien"​​

● ​​Esegiël sou sê: "Enige droë bene in my lewe, sal weer lewe"

[Dankie, ds. Ensie.]

Sunday, 8 May 2022

'n Ma het vir haar kinders gesê:

Wanneer ek eendag sterf, mag jy dalk huil. 
Ek gaan nie weet nie, so huil nou oor my.
Jy gaan blomme na my graf bring, maar ek gaan dit nie sien nie. 
Bring dit nou vir my.
Jy gaan op my begrafnis mooi woordjies praat, ek gaan dit nie hoor nie. 
Sê dit nou vir my.
Jy gaan my foute vergeet, maar ek gaan nie daarvan weet nie. 
Vergewe my nou.
Jy gaan my mis, maar ek gaan dit nie weet nie. 
Mis my nou.
Jy gaan wens jy't meer tyd saam met my spandeer, spandeer dit nou ...
Want ek is geleen aan jou

Sunday, 1 May 2022

150 genadejare: 1972 se feesdoopouers

Die heilige sakrament van die doop is tydens die Sondag aan die doopouers bedien, wat sommer 'n paar rye voor die preekstoel gestaan het. Hierdie foto is voor die kerk, na afloop van die diens geneem en het ook in die koerant verskyn. Hierdie eeufees-doopbabatjies het 'n spesiale Bybel as geskenk ontvang.


Hier is drie van die ouerpare in die kerk afgeneem voor die nuwe kanselkleed vir 1972.

Hannetjie en Tony Pride, ds. Siebert, Hendrik en
Sue Uys en Thys en Baby van Lingen.

Elke dag is 'n werksdag ...

Wednesday, 27 April 2022

150 genadejare: Feesgangers ... hulle was dáár!

Bo: Kathleen Brown (Scott), Mary Burger (Orton) en
Frances Reineke (Orton)
Onder: Alda Welman (Pienaar), Carina Badenhorst
(Van Lingen) en Elsa Minne (Weber)
Hierdie feesgangers was kinders in 1972. Die jongste een was 8 jaar oud en die oudste een was 16 jaar oud. Hulle was almal op van die vlotte en deel van die optog wat deur Kimberley se strate gery het. Hulle ouers (Louis en Hester Scott, Frank en Mary Orton, Schalk en Jane Pienaar, Thys en Baby van Lingen, George en Rina Weber) was betrokke by die eeufeesvieringe - 'n mylpaal in die geskiedenis van Dutoitspan wat as 'n gemeente dikwels moes klippe kou. As hierdie klippe maar diamante was, sou die gemeente se pad met rose besaai gewees het. Hulle het heerlike onthoustories met mekaar gedeel en as daar 'n bietjie in die kiekieblikke en fotoalbums gekrap word, sal daar definitief kerkfoto's van jare terug wees.   

1972

Kinderkrans - Cassandra

1: Lizette Boshoff; 2: Didi Coetzer; 3: Marina Weber;
4: Di Westley; 5: Joey Weber; 6: Elsa Weber;
7: Nelia van Straaten; 8: Len Weber

Die Sondagskoolvlot

1: Antoinette van Lingen; 2: Carina van Lingen; 3: Trudie van
Lingen; 4: Thys van Lingen; 5: Amanda Smal; 6: Alda Pienaar;
7: Ronell Pienaar; 8: Johan de Ridder; 9: Ds. JH Siebert
 

Kinderkrans

Foto van die kinderkranskinders wat in outydse klere
aangetrek was, saam met mev. Frieda Siebert.
Op die agtergrond is een van die baniere wat op
verskeie plekke in Kimberley opgesit is
om die feesvieringe te adverteer. Dit was van lamppaal
tot lamppaal in Kimberley gespan.

Die kinderkransvlot

'n Klomp van die kinders het reeds
op die Sondagskoolvlot gery.

Die siervlot van die KJA - Frances Orton was een
van die strooimeisies in die tweede ry.

Schalk en Jane Pienaar met Alda en Ronell

Thys en Baby van Lingen met Carina,
Trudie, Antoinette & Wimpie

150 genadejare: Die feesruikers


Die uniekheid van die protea, maak dat die blom spreekwoordelik kop en skouers uitstaan bo die ander blomme. Dit trek onmiddellik aandag, ongeag hoeveel ander blomme in 'n vertrek is. 

Sondag se feesruikers in die kerk het hulle eie unieke kragtige woordelose boodskap met die gemeentelede en besoekers gedeel en so die boodskap van ds. Richard Holloway (Jy is gesien ... jy word gesien) versterk. Almal het die rooi protearuikers gesien, waardeer en daarmee saam ook die ruikerboodskap van uithouvermoë, moed, gehardheid, diversiteit, durf en transformasie verstaan - die gemeente se pad die afgelope 150 jaar.  

150 jaar het opofferinge op vele terreine van die lidmate gevra, maar ook moed en deursettingsvermoë en uithouvermoë waar voorspoed nie 'n gegewe is nie en uitkoms nie altyd voor die hand liggend was nie. Die uniekheid van die gemeente lê in die diversiteit daarvan en dat gemeentlede oor dekades heen altyd op een of ander manier uitgereik het, vandaar al die uitreikaksies wat in die annale van die gemeente opgeteken is. Dit alles en soveel meer is in een ruikerboodskap opgesluit.

Baie dankie aan die twee blomdames, Carina Badenhorst en Liesl Brown, wat vir die ruikers verantwoordelik was. Die hoendervleismooi storie is dat hulle mekaar nie gekontak het oor wat hulle gaan doen nie, maar dat hulle dieselfde blomme gebruik het vir die kerkruikers.  

Kerkruikers


Bankruikers




Voorportaalruikers


Lees ook HIER.
Foto's: Elsa Minne en Alda Welman