Friday 11 February 2022

150 genadejare: Piet Smit sing by Dutoitspan se feesvieringe

Piet Smit is een van Suid-Afrika se geliefste Gospel-sangers. Hy is passievol oor lofprysing. Dié bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer gaan Vrydagaand by die AGS TD Ouditorium optree. Kontak die kerkkantoor indien jy belangstel om kaartjies te koop.