Sunday, 13 November 2022

World Kindness Day


What is the real meaning of kindness?
According to the dictionary ... Kindness is defined as the quality of being friendly, generous, and considerate.

What are the benefits of kindness?
* Benefits of kindness include:
* Improve relationships with others.
* Increase overall happiness.
* Improve feelings of self-worth or self-esteem.
* Decrease anxiety and depression.
* Reduce stress.

Vanaand hierdie stukkie geleen:

Min se stories lê regdeur die Bybel, want lank voor ons nog hier was, het mense al geleer van min.

Die Here praat met my en sê dat iets wat aanhou klop aan my voordeur moet ingenooi word.

Ek was nie lus om met min te praat nie, maar hoe langer ek vat, hoe harder klop hy.

Min is 'n klein woordjie, maar hy het waaragtig seker die mooiste stories om te deel.

Die weduwee het te min gehad om haar skuld te betaal. God het vir haar gesê om leë bottels by al die bure te gaan leen. Sy het min verstaan en was seker só skaam. Wat agter haar huis se toe deure met al die leë bottels gebeur het was tussen haar en God.

Toe sy luister, eers toe raak haar min baie.

Onthou jy die storie van die vyf brode en die twee vissies? Jesus het voor vyfduisend mense gestaan. Ek sou bloed gesweet het van senuwees. Jesus het geglo en toe hy glo toe raak sy min daai dag hopeloos te veel.

Ek lees ook sommer raak oor Jesus wat te min tyd gehad het om by Laserus uit te kom.

En ek lees toe sommer weer die storie waar die wyn hopeloos te min op die troue was.

Oor en oor moes ek leer dat sonder luister glo en hoop, jou min net altyd te min gaan wees.

Wat ek wel weet, is dat 'n gehoorsame kind met twee vissies in sy ‘glo-hande’ genoeg gaan hê ...

Dis wanneer jou min genoeg raak, dat oorvloed in jou handpalm pas.

GEBED

Here van genade en oorvloed, ons eer U, in tye van min en in tye van oorvloed.
Vader, ons bid vir ‘glo-hande’ sodat ons sal genoeg hê om altyd te kan deel. Maak ons oë oop om u hand van oorvloed te kan raaksien. Amen

Saturday, 12 November 2022

Dit laat 'n mens dink ...


Ek het nie regtig ‘n saak met wát ander mense doen nie.
Ek respekteer hulle privaatheid ...
maar nou wonder ek sommer net ... 
oor hul status op my WhatsApp ...

1.  Iemand se status sê: "Sleeping"
 maar dis nou al vir 21 dae ...!
 Is hy nie al oorlede nie ...?

2. 'n Ander s’n lees nou al vir 30 dae: "Driving"
Hy is seker nou al in Kairo ...? 

3.  Sommiges is nou al vir 3 maande: "Happy" 
Wens ek het geweet in watter paradys woon hulle ...?

4.  Ander is heeltyd: "Available" 
Sjoe, ek wens ek het soveel vrye tyd gehad ... 
Ek wonder altyd waarvoor hulle "available" is ...? 

5.  Party sê: "Urgent Calls Only"  
Heng ...!
Werk julle vir die nooddienste ...?

6.  Sommiges sê nog heeltyd:
"Hi there, I am using Whatsapp"...  
Uhm, 
Hallooooo, ek dink ons almal weet dit ...!

7.  Dan is daar dié wat sê:
"Can't talk now, Whatsapp only." 
Vriend, daar is dan  'n probleem met jou foon,
want as jy hom nie vir sy primêre doel kan gebruik nie,
smyt hom dan eerder weg en kry 'n ander een!

8.  Dan is daar diegene wat al sowat 72 maande 
"At the gym" is!  
Sjoe!!!!
Ek wonder hoe lyk hulle teen hierdie tyd ...? 

9.  Heel laaste is daar ander wat al vir 9 maande:
“In a meeting" is
Jinne, probeer julle nou SA aan die Guptas verkoop of wat?

Enjoy every moment of life

Time is like a river. You cannot touch the same water twice because the flow that has passed will never pass again. Enjoy every moment of life.

As a bagpiper, I play many gigs. Recently I was asked by a funeral director to play at a graveside service for a homeless man. He had no family or friends, so the service was to be at a pauper's cemetery in the Nova Scotia back country. As I was not familiar with the backwoods, I got lost and, being a typical man, I didn't stop for directions.

I finally arrived an hour late and saw the funeral guy had evidently gone and the hearse was nowhere in sight. There were only the diggers and crew left and they were eating lunch. I felt badly and apologized to the men for being late.

I went to the side of the grave and looked down and the vault lid was already in place. I didn't know what else to do, so I started to play.

The workers put down their lunches and began to gather around. I played out my heart and soul for this man with no family and friends. I played like I've never played before for this homeless man. And as I played "Amazing Grace", the workers began to weep. They wept, I wept, we all wept together. When I finished, I packed up my bagpipes and started for my car. Though my head was hung low, my heart was full.

As I opened the door to my car, I heard one of the workers say, "I never seen anything like that before, and I've been putting in septic tanks for twenty years."

Apparently, I'm still lost ... it's a man thing.

Friday, 11 November 2022

My vingerafdrukke


Here Jesus, oral waar ek gaan
laat ek vingerafdrukke na.
Op die hande wat ek aanraak,
op borde, mure en boeke.
Daar is nie wegkomkans nie,
waar ek vat,
los ek 'n teken van my identiteit.

Help my Here,
om vandag waar ek ookal gaan hartafdrukke na te laat ...
Hartafdrukke van regverdigheid en deernis,
van begrip en liefde,
van barmhartigheid en belangstelling.
Hartafdrukke van hartlike vriendelikheid
en van opregte betrokkenheid.
Mag my hart 'n ander hart aanraak
en 'n afdruk van U liefde laat.
En as iemand sou sê: "Jou aanraking het my vandag versterk",
laat hulle agterbly met die wete dat dit U liefde was wat hul in my ervaar het 

Thursday, 10 November 2022

7 klippies


Daar's sewe klippies in jou sak
Deur die Here vir jou ingepak
Sodat jy ene weg kan gooi
Vir elke tiende jaar voltooi.

Eerste klippie, geen probleem
Die spel sal donkiejare neem,
Dink ons in ydel kinderwaan
Die lewe gaan vir ewig aan.

Op twintig waai die tweede klip,
Pragtig en rooi van lip,
Windmakerder kan jy nie kry,
Wat ek wil, skuld die wêreld my.

Klippie drie die laat jou dink,
Vir dertig jaar het jy rinkink,
Vier sewendes is daar nou oor,
Om op te maak vir tyd verloor.

As uit jou hand die vierde val,
Dan vlek die grys jou slape al,
En dit wat in die sak oorbly,
Te min om als gedoen te kry.

Dan kom jy by vyftig,
Nou galop die tyd te vlytig,
En na die bult-op lewenspad,
Beginne jy die afdraand vat.

Voorlaaste klippie nommer ses
Glip uit die sak voor jy sê mes
Dié wat gewerk het vir 'n baas
Kry sy persent en groet vir laas.

O wee, o wee, nou klippie sewe,
Skriftuurlik het jy klaar gelewe,
Daar kom nou veel genade kort
Vir die wat dalk wil tagtig word.

Daar is natuurlik taai kalante,
Jy sien hul soms in die koerante,
Wat net nie wil die emmer skop
En eers na honderd om sal dop.

Of jy nou tot vervelens lewe,
Of tata sê hier rondom sewe,
By watter klip jy ookal stop,
Gaan sal ons, die tyd raak op.

Ek wens jou dus 'n sakvol klip,
Genoeg vir daardie honderd trip
En vreugde tot jou knieë daar op oudag knak.

Nou ja, ou maat, daar het jy dit,
Al wat ons nou kan doen is bid
Vir gesondheid, liefde en geluk,
Met voorspoed vir die oorblystuk!

(Geleen)

Tuesday, 8 November 2022

Wat is liefde?

Liefde is nie wat jy kan kry nie,
maar wat jy kan gee.
Liefde is nie wat ander vir jou kan doen nie,
maar wat jy vir ander kan doen.
Liefde is 'n glimlag, nie 'n frons nie.
Liefde is 'n drukkie,
nie 'n klap in die gesig nie.
Liefde is omgee, nie misbruik nie.
Liefde is om die sambreel vir iemand in die storm te wees
en die reënboog na die storm.
Liefde is om iemand se trane af te vee,
nie dit te veroorsaak nie.
Liefde is om boek te hou van goeie tye,
nie die slegte tye nie.
Liefde vergewe,
nog voor iemand jou seer gemaak het.
Liefde maak van jou 'n ligtoring
wat ander die rigting wys in die donker.
Liefde maak van jou 'n boom wat koelte gee
vir dië wat rus nodig het.
Liefde word nie gespreek nie,
maar gewys.
Liefde kan genees, vertroos, versterk
al het jy niks om iemand te bied nie.
Maar jy het die liefde wat geld nie kan koop nie.

Sunday, 6 November 2022

Die rooi sambreel


Die boere in 'n klein plattelandse gemeenskap het nie geweet wat om te doen nie. Dit het vir hulle gelyk asof die droogte vir ewig sou voortsleep. Reën was uiters belangrik vir hierdie gemeenskap om te oorleef. Namate die probleem vererger het, het die plaaslike kerk gevoel dat dit tyd was om betrokke te raak en 'n biddag vir reën is gereël.

Toe die predikant opdaag, het hy toegekyk terwyl sy gemeentelede een na die ander inkom. Hy het stadig van die een groep na die ander beweeg, terwyl hy sy weg vorentoe in die stampvol kerk gebaan het. Toe hy voor by die preekstoel kom, wou hy die gemeente tot stilte maan, sodat die diens kon begin. Net voordat hy die versoek aan die gemeente kon rig, sien hy 'n elfjarige dogtertjie in die voorste ry. Sy het met 'n engelagtige glimlag van opwinding daar gesit met 'n helderrooi sambreel langs haar, gereed om gebruik te word.

Hierdie prentjie was so pragtig en onskuldig dat die predikant by homself geglimlag het, want hy het besef dat hierdie jong dogtertjie die geloof gehad het, wat die res van die mense in die vertrek skynbaar reeds vergeet het. 

Wednesday, 10 August 2022

Dankie aan al die Vrouedag-lesers

9 Augustus 2022 - 239 lesers!

Klik op die skermgreep om die statistiek duidelik te sien.

Tuesday, 9 August 2022

Vrouedag 2022

Wat maak my swak?
My vrese.
Wat maak my heel?
My God.
Wat hou my staande?
My geloof.
Wat maak my goedhartig?
My vermoë om nie heeltyd aan myself te dink nie.
Wat maak my eerlik?
My integriteit.
Wat hou my gedagtes skoon?
My soektog na ware kennis.
Waaruit leer ek die beste lewenslesse?
My foute.
Wat hou my kop omhoog?
My trots, nie my arrogansie nie.
Wat as ek nie kan uithou en aanhou nie?
Dit is nooit ‘n opsie nie.
Wat maak my suksesvol?
My moed om aan te hou met opstaan as ek geval het.
Wat maak my bevoeg vir alles wat ek doen?
My selfvertroue.
Wat maak my mooi?
My alles!
Wat maak my ‘n vrou?
My hart.
Wie is ek?
Ek is voluit vrou!
  • Vir mooi oë, kyk altyd na ander se goeie eienskappe;
  • vir mooi lippe, sê net vriendelike woorde;
  • vir grasie, loop met die wete dat jy nooit alleen is nie.
Bron van gedig: Gaan ontdek juweeltjies HIER

Sunday, 31 July 2022

2022 se geseënde dankfees

 








Nog foto's volg later!
Klik HIER vir nog foto's!

Saturday, 23 July 2022

Kerkgenotjies: Gideon


Klik HIER vir iets in ligter luim!

Wednesday, 20 July 2022

Onthou: 30 Julie - die dankfeesdatum!


En so stap die jaar aan en voor ons ons oë uitvee, is dit basaar. 

Van ver af  roep die reuk van koffie en pannekoek 'n mens nader. Die basaar is 'n baldadige vloei van kleure, geure en gesellige geselsies. Rooi, pienk, seegroen, blou en geel nooi jou uit, terwyl die ballonne en wapperende vlaggies sing: 
Basaar!

Tuesday, 19 July 2022

Net vir vanoggend ...

Net vir vanoggend, gaan ek bo-oor die vuil wasgoed klim, jou optel en jou parkie toe vat om te gaan swaai.

Net vir vanoggend, gaan ek die skottelgoed los, en jou kans gee om vir my te wys hoe jy jou legkaart bou.

Net vir vanmiddag gaan ek nie eenkeer kwaai met jou praat nie, en as die roomyskarretjie verbykom en jy vra vir 'n roomys, gaan ek jou toelaat om te kies net watter een jy wil.

Net vir vanmiddag gaan ek jou toelaat om saam met my koekies te bak, sonder om vies te word as jy mors, en sonder om jou kinderpoging elke keer te probeer regmaak.

Net vir vanmiddag gaan ek nie bekommerd wees oor wat van jou gaan word as jy groot is nie, en my nie verknies of ek ooit altyd die regte besluite vir jou geneem het nie.

Net vir vanoggend, gaan ek die telefoon uitprop en die rekenaar afskakel, en saam met jou sit en borrels blaas.

Net vir vanaand gaan ek jou in my arms hou, en jou die storie vertel van hoe jy in my lewe gekom het en hoe bly ek daaroor is.

Net vir vanaand sal ek jou laat laat wakkerbly, dan sit ons op die stoep en tel al die sterretjies.

Net vir vanaand kan jy spat in die bad soveel as wat jy wil, want ek gaan nie raas nie.

Net vir vanaand gaan ek snoesig saam in jou bedjie lê tot jy slaap, al mis ek ook my geliefde TV-program.

Net vir vanaand gaan ek my vingers deur jou hare krul as ons bid, en gaan ek net dankbaar wees dat God jou vir my gegee het - die grootste geskenk ooit.

En ek sal dink aan al die pappas en mammas, wat op soek is na verlore kinders, en wat hulle kinders se grafte besoek. Ek sal dink aan die mammas en pappas wat hulle kinders in die hospitaal sien ly omdat hulle siek is – mammas en pappas wat binne-in skree, omdat hulle dit nie meer kan aanskou nie.

En dan gaan ek vir jou nagsê met ‘n soentjie, en jou nog ‘n rukkie vashou.

Dit is dan wanneer ek God vir niks anders sal vra, as net vir nog een dag nie ...

Saturday, 16 July 2022

Kerkgenotjies: Kerkkantoor


Klik HIER vir iets in ligter luim!

Thursday, 14 July 2022

29 & 30 Julie: Dankfees EN Ons Huis se basaar

ONTHOU: Ons deel 'n dag, maar elkeen wat hier lees kan sy/haar TYD tussen hierdie twee geleenthede deel: 
Dubbel pret,
dubbel eet,
dubbel ondersteun
en dubbel geluk -
dit maak jou dubbel onmisbaar. 

Sien jou by Dutoitspan Kerksaal vir die DANKFEES en onthou jy kan vooraf bestellings plaas.
Sien jou by Diamantveld Kerksaal vir die ACVV-winterbasaar! Een van die vele celebs vir die dag is Mickey Mouse wat spesiaal vir die kinders gaan kom sing en dans - bring gerus die kinders saam vir 'n spesiale kuier!

Wednesday, 13 July 2022

Die Tas

'n Man sterf en toe hy dit besef, sien hy God naderkom met 'n tas in Sy hand.
God sê: "Seun, dit is tyd om te gaan."
Verbaas reageer die man: "Nou? So gou? Ek het baie planne gehad ..."
"Ek is jammer, maar dit is tyd om te gaan."
"Wat het U in die tas?" het die man gevra.
God het geantwoord: "Jou besittings."
"My besittings? Bedoel U my goed, my klere, my geld?"
God het geantwoord: "Daardie dinge het nie aan jou behoort nie. Dit was Aardsgebonde."
"Is dit my herinneringe?" het die man gevra.
God het geantwoord: "Dit het nooit aan jou behoort nie. Dit was Tydsggebonde."
"Is dit my talente?"
God het geantwoord: "Dit het nooit aan jou behoort nie. Dit was Bykomstigheidsgebonde."
"Is dit my familie of vriende?"
God het geantwoord: "Ek is jammer, hulle was nooit joune nie, hulle was Omstandigheidsgebonde."
"Is dit my vrou of my seun of my dogter?"
God het geantwoord: "Hulle was nooit joune nie. Hulle was Hartsgebonde."
"Is dit my liggaam?"
God het geantwoord: "Dit was nooit joune nie. Dit was Aardsgebonde."
"Is dit my siel?"
God het geantwoord: "Nee, dit behoort aan My."

Gevul met vrees, het die man die tas van God geneem en dit oopgemaak net om te vind dat die tas leeg was.

Met 'n traan wat oor sy wang loop, het die man gevra: "Het ek nooit iets gehad het nie???"
God het geantwoord: "Dit is korrek, elke oomblik wat jy geleef het was joune."

Die lewe is net 'n oomblik, 'n oomblik wat aan jou behoort. Daarom, lewe die lewe terwyl jy dit het.
Moenie dat enigiets wat jy dink aan jou behoort jou verhoed om te lewe nie.
- Lewe nou.
- Lewe elke oomblik voluit.
- Moenie vergeet om gelukkig te wees nie, dit is die enigste ding wat saakmaak.
- Materiële dinge en alle ander dinge waarvoor jy geswoeg en baklei het, bly agter.

- JY KAN NIKS SAAMVAT NIE.

Learn from the turtle ...

1. God wants spiritual fruit, not religious nuts.
2. There is no key to happiness. The door is always open.
3. Silence is often misinterpreted, but never misquoted.
4. Dear God, I have a problem, it’s me.
5. Laugh every day, it’s like inner jogging.
6. Blessed are the flexible for they shall not be bent out of shape.
7. The most important things in your home are the people..
8. As a child of God, prayer is kind of like calling home everyday.
9. He who dies with the most toys is still dead.
10. It’s all right to sit on your pity pot every now and again. Just be sure to flush when you are done.
11. Surviving and living your life successfully requires courage. The goals and dreams you’re seeking require courage and risk taking. Learn from the turtle, it only makes progress when it sticks out it’s neck.
12. Be more concerned with your character than your reputation, because your character is what you really are, while your reputation is merely what others think you are.

Author: Unknown 

Tuesday, 12 July 2022