Saturday, 26 February 2022

150 genadejare: Mnr. HG Gouws - 1972 se eeufeesbladredakteur


Mnr. Gouws was sedert 1929 lidmaat van die gemeente Dutoitspan. Hy het John Lubbe opgevolg as kassier en het hierdie posisie beklee van 1940 tot 1957. Hy dien terselfdertyd in talle kommissies van die kerkraad, verteenwoordig die gemeente tydens ringsittings en is 'n afgevaardigde na die Kaapse sinodes van 1965 en 1969 en die twee algemene sinodes van 1966 en 1970. Hy was ook lid van die skoolraad van Kimberley.

In 1929 begin hy sy onderwysloopbaan by die Laerskool Dutoitspan in Kimberley en vanaf 1939 tot en met sy aftrede in 1964 was hy die skoolhoof. 'n Onderwysman wat bekend was vir die ywer, takt, ewewigtigheid, deeglikheid en pligsgetrouheid waarmee hy sy taak volvoer het. 'n Eerbare en betroubare man, met 'n gematigde persoonlikheid.

Mnr. HG Gouws was die redakteur van die NG Gemeente Dutoitspan se eeufeesblad in

1972. Hy moes geweldig navorsing vir die blad doen en het notules, koerantberigte, Kerkbodes, verslae, ens. deurgewerk. Hy het die vorige predikante gekontak en met baie van die ouer gardes onderhoude gevoer, soos bv. Tannie Lizzie van Wyk, broerskind van die eienaar van die plaas waarop Dutoitspan-gemeente is, was in 1972 reeds 53 jaar in die gemeente. Sy het die voorreg gehad om op 'n betreklike hoë ouderdom deel te wees van die kerk se 100-jarige feesvieringe. Mnr. Gouws het ook die McGregor-museum besoek waar mev. H Geldenhuys, die gidslektrise van groot hulp was. Hy het dae in die argiewe van Kaapstad deurgebring - feite opgediep en gekruiskontroleer, deur al die stof gewerk en nagte geskryf aan 'n kosbare eindproduk, wat sommer die geskiedenis van Kimberley insluit.

In die wandel het almal hom oom Gouwsie genoem, 'n geliefde, beminde en gewaardeerde persoon.

Tuesday, 22 February 2022

God Werk Op Sy Manier

🔹Dr Abrahams was 'n beroemde kankerspesialis. Hy is genooi na 'n konferensie in New York waar hy die hoofspreker sou wees, en ook n toekenning sou ontvang vir sy navorsing oor kanker.

🔹 Hy was baie opgewonde oor die toekenning en het betyds op die vliegtuig geklim. Twee ure na opgestyging, het die loods aangekondig dat hulle 'n noodlanding moet doen op die volgende lughawe. Die vliegtuig het 'n tegniese probleem ontwikkel.

🔹Uit vrees dat hy te laat in New York sou aankom, het hy dadelik by ontvangs navraag gedoen oor 'n ander vlug. Ongelukkig sou hy 10 ure moes wag vir die volgende vlug New York toe. Hy besluit om 'n motor te huur om vinniger daar te kom.

🔹Pas na hy begin ry het, het die weer verander en 'n geweldige storm het losgebars. Reën het in vlae neergestort en hy het die afrit gemis. Vir ure aaneen het hy net gery.

🔹Nêrens was enige rigtingaanwysers nie, en die reën het al harder geword. Dit het vir hom gevoel asof hy honderde kilometers van die beskawing af was. Hy het deur 'n klein plekkie gery en 'n klein huisie gesien. Hy besluit om daar navraag te doen oor die rigting. Hy was teen hierdie tyd baie moeg en honger en sopnat. Hy klop aan en 'n pragtige vroutjie maak oop. Hy vra of hy net asseblief haar telefoon kon gebruik. "Jammer," sê sy, "ek het nie 'n telefoon nie, maar kom in en bly tot die storm bedaar het." Hy was só moeg en honger dat hy haar offer aanvaar het.

🔹Sy het hom genooi om saam met haar te dank vir die maaltyd en hy sê toe nee, hy glo in harde werk, nie in gebed nie. Terwyl hy by die tafel sit en tee drink, sien hy haar vir die soveelste keer na die hoek gaan waar 'n kindjie op 'n bed lê. Hy wonder toe of die kind siek is, en hy dalk mediese hulp kon verleen in ruil vir haar gasvryheid. Dr Abrahams vra haar toe wat is verkeerd met haar kind.

🔹Sy verduidelik toe haar seun het kanker, en hulle het gehoor van 'n kankerdokter wat hom sou kon help. Sy kon egter nie die konsultasiefooi bekostig nie . Sy sê die Here weet van die probleem en dat Hy op Sy manier vir haar 'n weg sou oopmaak om die beroemde spesialis, Dr Abrahams, te sien. Sy voeg by dat sy weet God sal haar gebed antwoord en sy sal nie toelaat dat haar vrese haar geloof oorskadu nie.

🔹Stom geslaan het dr. Abrahams die vroutjie aangestaar en groot warm trane het oor sy wange gestroom. Al wat hy stotterend kon uitkry was: "GOD LEEF! GOD IS GROOT!" Hy vertel haar wat alles verkeerd gegaan het met sy vlug en die storm en die verkeerde pad sodat hy eindelik besluit het om stil te hou en ringting te vra.

🔹Hierdie beroemde dokter wat so vol van sy eie belangrikheid en kennis was, moes die knie buig voor 'n arm, bekommerde moeder se geloofslewe. God het hom op 'n lang ompad gebring in antwoord op 'n arm moeder se gebed.

🔹 God antwoord nie gebede soos ons aan Hom voorskryf nie. 

♥️Hy werk op sy eie manier. 
♥️Hy sorg vir n vliegtuig se noodlanding. 
♥️Hy beveel die elemente om 'n padaanwyser te verberg. 
♥️Hy sorg dat honger en dors en moegheid die regte persone by die regte plekke laat uitkom.

Hou vas, al voel dit asof Hy laat is, dan sal Hy nog steeds betyds wees om jou gebed te antwoord. AMEN. 

[Geleen by Maggie Myburg - dankie ds. Ensie]

Sunday, 20 February 2022

Die Kortste Preek

TEKS: “Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.” 1 Sam 16: 7.

Sy naam is Billy. Hy het woesste hare, dra ‘n T-hemp met gate in, denimbroeke en geen skoene nie. Dit was letterlik sy hele klerekas vir die hele vier jaar op kollege. Hy is briljant en baie slim. Hy het ‘n gelowige geword terwyl hy op kollege was. In die straat oorkant die kollegekampus was die kerkgebou van ‘n baie netjiese en baie konserwatiewe gemeente. Hulle wou ‘n bediening begin vir die studente, maar het nie regtig geweet waar om te begin nie.

Een Sondag-oggend daag Billy by die kerk op: geklee in sy T-hemp, denim, ongeskeer, sy hare wat wild staan en kaalvoet. Die diens het reeds begin en Billy het in die paadjie afgestap opsoek na 'n plek om te sit, maar die kerk was stampvol en daar was nie ‘n enkele sitplek beskikbaar nie. Van die gemeentelede het kriewelrig rondgeskuif en ander het ongemaklik onder mekaar gefluister.

Voor by die preekstoel besef Billy dat daar geen sitplek oop is nie, en hy maak homself toe op die mat voor die preekstoel tuis. Teen dié tyd was die gemeentelede alreeds erg opgetrek oor die situasie en die atmosfeer so dik dat jy dit amper met ‘n mes kon sny.

Juis toe merk die dominee dat een van sy gewese ouderlinge van heel agter in die kerk op pad is na Billy toe. Die oubaas was reeds in sy tagtigs, met silwergrys hare en soos altyd, netjies geklee in sy swart driestuk pak. Almal het hom geken as ‘n waardige Godvresende man.

Met sy kierie het hy statig en hoflik sy weg gebaan na die jongman voor die preekstoel. Die kerk was doodstil behalwe vir die getik van die ouderling se kierie op die vloer. Alle oë was vasgenael op die oubaas en die gemeentelede het skaars asemgehaal, want hulle het geweet die oubaas loop nie draaie as dit by reg en verkeerd kom nie. Selfs die dominee het gespanne en in stilte gewag om te sien wat gaan gebeur.

Toe die oubaas uiteindelik die jongman bereik, het hy sy kierie laat val, en stadig en met groot moeite op die mat neergesak, sy skoene en kouse uitgetrek, Billie met ‘n kopknik gegroet en effe uitasem gefluister: “Nou is jy nie alleen nie.”

Die gemeente se emosies het voelbaar opgewel en hier en daar het een ‘n traan afgevee. Toe die predikant uiteindelik beheer oor sy eie emosies kry, het hy opgekyk en gesê: “Wat ek vandag oor wou preek, sal julle nie onthou nie. Wat julle so pas gesien het, sal julle nooit vergeet nie. Ek gaan die diens nou afsluit met die seën se uitspreek."

Wees versigtig hoe jy leef. Jy mag dalk die enigste Bybel wees wat sommige mense ooit sal lees ...

Kom bid saam: Vader, help ons om met Jesus se sagte oë na mense te kyk en in elkeen ‘n kandidaat vir U koninkryk te sien. Amen.

[Dankie, ds. Ensie] 

Saturday, 19 February 2022

150 genadejare: Predikante vanaf 1972

Die volgende predikante het in Dutoitspan-gemeente gearbei, na die 100-jarige feesvieringe in 1972.

Van

Voor-

letters

Noemnaam

Tydperk

Aantal jare

 

 

 

 

 

Siebert

JH

Johnny

1968 - 1973

5 jaar

De Wet

HC

Hennie

1974 - 1985

10 jaar

Wait

CMV

Cassie

1979 - 1982

3 jaar

Van Wyk

NC

Nico

1983 - 1987

4 jaar

Coreejes

LM

Mathinus

1987 - 1995

8 jaar

Lötter

AHG

André

1988 - 1992

4 jaar

Van der Walt

SJ

Steve

1996 - 1999

3 jaar

Holloway

RJ

Richard

1996 - 2009

13 jaar

O'Callaghan

K

Keydy

2002 - 2007

5 jaar

Kloppers

JS

Kobus

2010 - 2016

6 Jaar

Enslin

LJ

Ensie

2017-huidiglik

 

 

 

 

 

 


Thursday, 17 February 2022

Een Storie ... Twee Perspektiewe

TEKS: “Want soos hy in sy siel bereken, so is hy.” Spr 23: 7.

‘n Bekende skrywer het by sy lessenaar gaan sit, sy pen opgetel en begin skrywe:

“Verlede jaar ... Ek het ‘n galblaasoperasie gehad om galstene te verwyder. Ek was lank in die bed ...
Dieselfde jaar het ek aftree-ouderdom bereik en ek moes die maatskappy waarvoor ek so lief was, en 35 jaar lank voor gewerk het, verlaat ...
Daardie selfde jaar is my moeder deur die dood van my af weggeskeur ...
En toe ... steeds dieselfde jaar, druip my seun sy finale mediese eksamen as gevolg van ‘n motor-ongeluk. Die herstelkkoste aan die motor was net die hoogtepunt van ‘n baie slegte jaar ...”
En toe aan die einde van sy klaagtoon, skryf hy: “Wat ‘n slegte jaar!”

Sy vrou stap die studeerkamer binne waar haar man bedroef en teneergedruk sit. Oor sy skouer lees sy stadig haar man se skrywe. Dan draai sy saggies om en verlaat die kamer. Vyftien minute later kom sy terug en plaas ‘n stukkie papier voor haar man neer met die volgende daarop geskrywe:

“Verlede jaar ... het my man uiteindelik dit reggekry om van sy galstene, wat hom vir jare soveel maagpyn veroorsaak het, ontslae te raak ...
Dieselfde jaar ... Ek is dankbaar dat my man in goeie gesondheid en gelukkig kon aftree. 
Ek dank die Here dat die Here hom die geleentheid gebied het om vir 35 jaar te kon werk en verdien om sy gesin te onderhou. Nou kan my man meer tyd aan sy skryfwerk, wat altyd sy stokperdjie was, spandeer.
In dieselfde jaar het my 95-jarige ou skoonmoeder sonder pyn stil heengegaan.
En steeds dieselfde jaar ... God het my seun gespaar na ‘n ernstige motorongeluk ... Ons kar is sleg in die ongeluk beskadig, maar my seun het sonder enige nagevolge oorleef.”
In haar laaste sin skryf sy: “ Verlede jaar ... was ‘n jaar vol buitegewone seëninge van God ... en ons het dit vol verwondering en dankbaarheid beleef...”

Uit watter perspektief sien jy die lewe? Uit selfbejammering of uit dankbaarheid?

Abraham Lincoln het gesê: “ Ons kan kla omdat roosbosse dorings het, of ons verheug dat doringbosse rose het.”

‘n Gospel-liedjie lui: “Count your blessings, name them one by one ... and it will surprise you what the Lord has done.”

Dankbaarheid is ‘n ingesteldheid, ‘n lewenstyl. Sien die klein dingetjies raak en moenie dit as vanselfsprekend aanneem nie.

Amore Bekker, die bekende radio-omroepster skryf:
“Klein, alledaagse vreugdetjies soos die son op jou gesig, die wind deur jou hare, ’n teksvers wat direk met jou praat, ’n vinkie se borrelliedjie in die tuin, jou man se goeiemôre-soen, jou kleinkinders se arms om jou nek, die reuk van jasmyn, ’n louwarm brood, die eerste koppie koffie soggens ... Ek sal sommer op die oomblik my hele boek kan vol skryf!

Selfs wanneer dit vir jou voel asof jy nie ’n enkele rede kan opnoem waarom jy vandag dankbaar behoort te wees nie, kan jy dankbaar wees vir Jesus. Dit is immers die boodskap van God se liefde vir jou wat Hy op aarde kom aflewer het, wat inhoud gee aan ons dankies. Ons het so baie - en elkeen van daardie dinge wat ons het, het ons van God ontvang. Kom ons onthou elke oomblik om vir Hom dankie te sê, want dankbare mense vind dit baie moeilik om moedeloos te bly.”

Kom bid saam: Hemelse Vader, help ons om ons oë van onsself af weg te draai en in dankbaarheid te kyk na al die mooi en goeie dinge waarmee U ons elke dag seën. Amen. 

[Dankie, ds. Ensie, dat jy hierdie met ons deel.]

Monday, 14 February 2022

Valentynsdag 2022

Agter: Elsa Minne, Sarie Le Roux, Joe Fredericks,
 Voor Chrisna Piek, Amelia Kock, Anna van Wyk
Die personeel van Dutoitspan het die rooi-en-
wit-boodskap sigbaar uitgedra.
 Wees soos 'n boom ... 
'n Valentynsboom ... 
wat omgee- en liefdes- 
en naasteliefde-vrugte elke dag dra ...
nie net op 14 Februarie nie. 
Geniet jou Valentynsdag en so ook
elke dag van hierdie jaar!

Foto's: Elsa Minne

Friday, 11 February 2022

150 genadejare: Piet Smit sing by Dutoitspan se feesvieringe

Piet Smit is een van Suid-Afrika se geliefste Gospel-sangers. Hy is passievol oor lofprysing. Dié bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer gaan Vrydagaand by die AGS TD Ouditorium optree. Kontak die kerkkantoor indien jy belangstel om kaartjies te koop.

Wednesday, 9 February 2022

Tuesday, 8 February 2022

150 genadejare: Toeka tot nou


Beplanning vir die NG-kerk Dutoitspan se 150ste bestaansjaarfeesvieringe is op koers en die publiek kan na ’n propvol naweek uitsien. Hou hierdie blog dop vir verdere opwindende inligting.

Boek solank die naweek van 24 April 2022

Tuesday, 4 January 2022

Saturday, 1 January 2022

2022-wense


Dutoitspan-gemeente bid vir jou toe: die Here se Genade, Liefde, Vrede, Sorg, Beskerming, Voorsiening en alles wat jy & dié naaste aan jou, hierdie nuwe jaar nodig mag kry.
Mag Hy in Sy Goedheid jou omvou in Sy Omgee-Liefde, jou gebede & diepste hartsbegeertes verhoor, jou beskerm en elke dag in jou behoeftes voorsien.
En mag jy die genade ontvang van daaglikse gehoorsaamheid aan Sy volmaakte Wil en altyd die beste gebruik maak van élke geleentheid (Ef 5:16) tot Sy eer om ook jou roeping in Sy Diens met dankbare, bevoorregte erns, daagliks uit te leef.

Saturday, 25 December 2021

Maar by julle moet dit nie so wees nie ...

Kersfees word wêreldwyd deur Christene en selfs nie-Christene gevier. Die rede vir die feesvieringe en die manier van feesvier verskil egter baie. Die boodskap wat ek meen die Here op my hart kom lê het, is die eerste deel van Markus 10:43 waar Jesus op ‘n stowwerige pad onderweg na Jerusalem die basiese les in leierskap en Christenskap met sy dissipels deel.

Hy praat oor die gedrag en optredes van regeerders en groot manne wat baasspeel en hulle mag misbruik en dan volg sy woorde: “Maar by julle moet dit nie so wees nie.”

* Die wêreld vier Kersfees om groot winste te maak, maar by julle moet dit nie so wees nie.
* Die wêreld vier dit op ‘n manier waar dit met losbandigheid en dronkenskap gepaard gaan, maar by julle moet dit nie so wees nie.
* Die wêreld vlug weg van realiteite, soos eensaamheid en verwerping deur verdowingspille te neem, maar by julle moet dit nie so wees nie.
* Die wêreld is bang om by ander mense betrokke te raak weens hulle eie swaar laste, maar by julle moet dit nie so wees nie.
* Die wêreld sien geen waarde in die arm en gebreklike mense nie, maar by julle moet dit nie so wees nie.
* Die wêreld wil nie jammer sê oor dinge wat in die verlede skeefgeloop het nie, maar by julle moet dit nie so wees nie.
* Die wêreld is besorg oor wie die belangrikste en vernaamste is, maar by julle moet dit nie so wees nie.
* Die wêreld spoel gereeld hulle monde uit oor alles wat verkeerd is in ons land, maar by julle moet dit nie so wees nie.

Die boodskap vir Kersfees is dat jy moet oplet wat in die wêreld om jou aangaan, die boodskap van Jesus ter harte neem en dan begin om dinge te doen wat anders is. Anders in die sin dat jy begin dien soos Hy dit gedoen het vir sondaars soos ek en jy. Hy het nie in sy besluit om aarde toe te kom na die vernaamste mense gekyk om te bepaal of dit die moeite werd sou wees of nie. Nee, Hy het ook gekom vir die geringstes onder ons.

Kom ons slaan ag op sy besluit om sy posisie van eer op die troon in die hemel te verlaat, aarde toe te kom en ander te kom dien. Kom ons neem sy voorbeeld en woorde ter harte om nie aan die wêreld gelykvormig te wees nie, maar om ander te dien.

Daarom wil ek jou aanmoedig om vrygewig te wees in hierdie dae. Vrygewig, nie net met goed nie, maar veral met genade vir hulle wat anders as jy dink en doen; vrygewig in tyd afstaan vir jou gesin deur dinge saam te doen wat hulle wil doen en hoe hulle dit wil doen. Dit kan beteken dat jy op die mat langs jou kind of kleinkind moet gaan sit en speel. Dalk moet jy daardie familielid of buurman/vrou bel met wie jy vir jare lank nie gepraat het nie. Dit kan ook beteken dat jy ‘n geselsie moet aanknoop met ‘n werker se kind, of met die persoon by die kasregister, of met die geringstes onder ons om te hoor wat hulle vir Kersfees gaan doen.

As die wêreld dan skree “Jy mors jou tyd, want hulle is nie belangrik nie!” onthou dan Markus 10:43 – maar by julle moet dit nie so wees nie.

Geseënde Kersfees aan al ons lesers en mag die andersheid waarmee jy hierdie Kerstyd aanpak, vele seëninge vir jou bring.

[Ons deel graag hierdie boodskap van Jannie en Retha de Villiers met julle - klik HIER vir die oorspronklike boodskap]

Seën vir Kersfees

Mag die viering van Kersfees in 2021 vir jou, jou gesin, familie en vriende opnuut ‘n vars intieme besondere Christusfees wees wat die hele 2022 julle sal bybly!

Friday, 12 November 2021

Sunday, 7 November 2021

Klink dit bekend?

The children now love luxury; they have bad manners, contempt for authority; they show disrespect for elders and love chatter in place of exercise. Children are now tyrants, not the servants of their households. They no longer rise when elders enter the room. They contradict their parents, chatter before company, gobble up dainties at the table, cross their legs, and tyrannize their teachers.

Die skrywer van hierdie aanhaling was Socrates – wat bykans 400 jaar VOOR Christus geleef het.

Sunday, 31 October 2021

Gebed vir die eksamen

Dankie vir alles wat U vir my en diegene rondom my doen.
Ek weet dat u my so baie seën, 
maar ek wil vra dat U my sal help om te fokus
wanneer ek eksamen skryf. 
Ek het U hulp nodig om die inligting wat ek moet leer
goed te kan onthou en toe te pas wanneer ek skryf. 
Ek het U nodig om my te help om meer selfversekerd te wees
wanneer ek in die eksamenlokaal instap
en om te ontspan, sodat ek kan konsentreer.
Here, help asseblief die mense om my om te verstaan
dat ek moet fokus en studeer. 
Here, ek vra dat u my lei om na die regte plekke te kyk
en op die regte plekke te fokus. 
Daar is soveel inligting voor my,
en ek weet ek sal notas hê, 
maar help my om dit te lees op 'n manier wat sin maak.
Help my om die inligting duidelik te sien,
want dit sal my help om te slaag.
Here, help my ook dat wanneer ek in die eksamenlokaal instap,
ek vrede in my gemoed sal hê met die wete dat ek my bes gedoen het
om voor te berei vir die eksamen. 
Ek bid Here, vir U leiding wanneer ek eksamen skryf.
Here, dankie vir al die seëninge wat U in my lewe geplaas het.
Dankie dat U hier is in hierdie tyd wanneer ek 'n bietjie oorweldig voel.
Dankie dat U altyd daar is en my toelaat om op U te vertrou.
Ek prys U Heilige naam.
Amen.
[Dankie, Anoniem, dat jy hierdie met ons deel.]

Friday, 8 October 2021

Ek het amper u Seun vir 50c verkoop!

'n Paar jaar gelede het 'n predikant van die platteland 'n beroep na die stad aanvaar.

Een spesifieke dag moes hy per bus na die middestad gaan. Nadat hy vir sy kaartjie betaal het, en 'n sitplek gekry het, het hy gesien dat die busbestuurder hom 50c te veel kleingeld gegee het.

Hy het gewik en geweeg. Sal hy dit nou terug gee of nie? Dis net 50c! Hy het 'n bietjie daaroor nagedink en besluit om die 50c terug te gee.
 
Toe die bus stop, het hy vorentoe geloop en voordat hy uitklim die 50c vir die bestuurder teruggegee. Die bestuurder het opgekyk en gevra: "Is u nie die nuwe dominee van die platteland nie?"
"Ja" antwoord die dominee verbaas dat iemand hom hier sou ken.
Die busbestuurder sê toe: "Ek het die laaste ruk baie gewonder oor waar ek kerk toe moet gaan om te aanbid. Ek wou net sien wat u sou doen, as ek u te veel geld gee. Ek sien u Sondag"
 
Van die bus af, moes die predikant vir 'n oomblik aan die lamppaal vashou.
"O Here!" het hy uitgeroep.
"Ek het amper u Seun vir 50c verkoop!"
 
Ons lewens is dikwels die enigste Bybel wat mense ooit sal lees. Dis skrikwekkend om te weet hoe baie mense ons as Christene dophou en sonder dat ons weet, ons toets.
 
Wees dus altyd versigtig oor wat jy sê en wat jy doen. Onthou: jy dra die Naam van Jesus Christus op jou skouers as jy jouself 'n Christen noem!

[Dankie, ds. Ensie!]

Monday, 16 August 2021

An acrobat, a wheelbarrow, and a challenge of faith

Can you imagine a tightrope stretched over a quarter of a mile and spanning the breadth of Niagara Falls? The thundering sound of the pounding water drowning out all other sounds as you watch a man step onto the rope and walk across!

This stunning feat made Charles Blondin famous in the summer of 1859. He walked 160 feet above the falls several times back and forth between Canada and the United States as huge crowds on both sides looked on with shock and awe. Once he crossed in a sack, once on stilts, another time on a bicycle, and once he even carried a stove and cooked an omelet!

On July 15, Blondin walked backward across the tightrope to Canada and returned pushing a wheelbarrow.

The Blondin story is told that it was after pushing a wheelbarrow across while blindfolded that Blondin asked for some audience participation. The crowds had watched and "Ooooohed" and "Aaaaahed!" He had proven that he could do it; of that, there was no doubt. But now he was asking for a volunteer to get into the wheelbarrow and take a ride across the Falls with him!

It is said that he asked his audience, "Do you believe I can carry a person across in this wheelbarrow?" Of course the crowd shouted that yes, they believed!

(Later in August of 1859, his manager, Harry Colcord, did ride on Blondin's back across the Falls.)

The Charles Blondin Story - a Picture of Faith

The story of Charles Blondin paints a real life picture of what faith actually is. The crowd had watched his daring feats. They said they believed, but their actions proved they truly didn't.

It's one thing for us to say we believe in God. It's true faith though when we believe God and put our faith and trust in His Son, Jesus Christ.

Don't worry, Jesus has carried many across to Heaven's gates. He can be trusted! It was then that Blondin posed the question - "Who will get in the wheelbarrow?' Of course...none did.

[Read the story HERE and HERE.]