Tuesday, 30 September 2025

Afkondiging: Bid saam met ons vir ...

Jaffel-fees Vrydag by Ons Huis

* Op 3 Oktober 2025 verkoop Ons Huis die heerlikste Jaffels vir slegs R25 elk.
* Die verkoping word vanaf Ons Huis se stoep gedoen.
Jaffels sal vanaf 12:00 uur gereed wees - kom haal dit af by die hek.
Bestel asseblief vooraf om 
teleurstelling
 te voorkom.
Stuur bestellings aan:
👉 Irma: irma@acvv-kimberley.co.za
👉 Neveshni: neveshni@acvv-kimberley.co.za
Tel: 053 842 1141
Bestellings kan ook by kerkkantoor geplaas word!

Tel: 053 842 1100

Tiendemaand: Ons sĂȘ dankie!


Oktober is tradisioneel tiendemaand-dankoffermaand. Op hierdie manier sĂȘ ons op ‘n spesiale manier dankie vir die Here vir al die genade, seĂ«ninge en liefde wat ons op 'n daaglikse basis uit sy hand ontvang.
Met hierdie bydrae bevestig ons net dat alles ‘n geskenk vanuit sy almagtige hand is!

Mandjie Hoop: God is altyd by ons ...

Ons het vanoggend opgestaan met ...
* GOD se krag wat ons dra.
* GOD se mag wat ons vashou.
* GOD se hand wat ons bewaar.
* GOD se liefde wat ons omvou.
* GOD se wysheid wat ons rig.
* GOD se vrede wat ons omring.
* GOD se genade wat elke mĂŽre nuut en vars is.

Afkondiging: Selgroep

Monday, 29 September 2025

Matriektee: DANKIE!

Gebed: kom ons bid saam

Here, ek bid dat ek sal aanhou bid nadat ek amen gesĂȘ het.
Ek bid dat ek U sal sien
wanneer my oë oop is.
Ek bid dat ek U sal proe
in my oggendkoffie en laataandtee.
Ek bid dat ek U sal hoor
in die wekkers en sirenes en die mense wat lag.
Ek bid dat ek U in die draai van my maag sal voel
wanneer so baie kinders huil.
Ek bid dat ek U sal beleef
in elke heilige sekonde
van hierdie gewone dag.
Ek bid dat ek u blyplek sal bly
as ek uitloop in die straat waar ek woon.
In die Naam van Jesus Christus.

Riaan van der Merwe
(Uit: Die groot gebedeboek, Piet Naudé, 2014)

Sunday, 28 September 2025

Matriektee 2025


Foto's: Elsa Minne

Santa Shoeboks: Dankie aan elkeen!

Afkondiging: Kwartaalprogram

Afkondiging: Stel jy belang? Kontak die kerkkantoor!

Mossiestilte: Jer. 17:7

Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue in die Here is.

Die Here gee nie vir jou seëninge verniet nie; dit is nie vir jou om te hou nie, maar om dit te deel met die wat dit benodig.
Jy sal soos 'n boom wees wat nie hitte vrees nie, want jou wortels is by 'n waterstroom.
Die boom is altyd groen en hy hou nie op om vrug te dra nie. (Jer. 17:8)
Daar is dus altyd koelte in die hitte van die dag vir ander; daar is altyd nesmaak plek vir diere; daar is altyd iets om te eet al kan die boom self, nie eers dit eet nie.
So 'n boom is nie selfsugtig nie, maar gee baie aan ander; dit gee ook suurstof en neem koolsuurgas op in sy stam se houtvate.

Dankie Here, vir die oorvloed van water wat ek van U af kry. Dankie vir die lig van die Seun van God wat my voed. Dankie dat selfs giftige gasse vir my tot voordeel kan wees en my nie siek maak nie. Dankie vir die oorvloed van u voorsiening, sodat ek altyd met 'n oop hand vir ander kan sorg. U is my Voorsiener en my krag, op Jesus vertrou ek. Amen

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Saturday, 27 September 2025

Kerkgenotjies: Sonde?

* Gehoor van die vrou wat so 'n goeie huishoudster is?
Elke keer as sy skei, hou sy die huis.

* Die predikant van Edenburg betrap 'n seuntjie in sy tuin, besig om vrugte te steel. Na vele teregwysinge sĂȘ die dominee: "En, nou seun, weet jy hoekom vertel ek jou al hierdie dinge? Daar is een voor wie selfs ek 'n kruipende wurm is. Weet jy wie dit is?"
"Natuurlik," antwoord die seun, "Mevrou dominee!"

* In Kestell het die landdros vir die eerste keer 'n paartjie in die huwelik bevestig. Na die bevestiging staan die jong paartjie nog, asof hulle nog iets verwag. Die landdros wat dapper probeer het om 'n godsdienstige einde aan die seremonie te koppel, sĂȘ toe: "Daar is hy, dis verby. Gaan heen en sondig nie meer nie."

Friday, 26 September 2025

Die skoene

Ek was vars gestort en netjies geskeer. Ek het my mooi das nog eenkeer reggetrek en toe vertrek. Ek het net betyds by die kerk bank ingeskuif en wou net my oë toemaak in gebed toe ek uit die hoek van my oog n paar skoene sien wat langs my ingeskuif het.
 
Ek het gesug ... was dit nou nodig om so naby aan my te sit dat ons skoene aan mekaar geraak het? Ek het my oĂ« gesluit ... ONSE Vader ... toe onthou ek dat die Here ook sy vader is ... Maar nog steeds ontsteld wonder ek of hy nie net sy skoene kon skoonmaak nie. Die skoene se punte was afgekrap ... 'n dik laag stof het op die skoene gelĂȘ en sowaar daar was nog 'n gat aan die kant van die skoen.

Sekerlik het die man geen skaamte of trots nie ... DANKIE VIR U SEËNINGE het die gebed aangegaan. "Amen" het die paar skoene langs my hardop gesĂȘ.

Ek het so hard probeer om op die gebed te konsentreer maar elke keer het my oë gedwaal na die paar skoene langs myne.

Sekerlik moet ons altyd probeer om op ons beste te lyk wanneer ons by die kerk deure instap. Wel sekerlik het hierdie paar skoene langs my nie baie moeite gedoen nie.

Die gebed het geëindig en die lofsange het begin. Die paar skoene langs my het met volle oorgawe saamgesing. Met oë gesluit en hande omhoog het die skoene uit volle bors met diep oortuiging die lofliedere aan ons Skepper geoffer.

Ek was seker dat nie net die Here nie maar die hele dorp hierdie man se lofliedere gehoor het.
En toe kom die tyd vir die offergawe. Ek het n stewige bydrae ingegooi, en toe die bordjie aangegee na die skoene langs my. Daar was diep in die sakke gekrap ... eers die een en toe die ander een en diep onder in die sak is sy bydrae uitgehaal en met 'n helder geklink het die muntstukkie in die pragtige silwer bord geval.
 
Ek het gesteurd na die skoene langs my gekyk maar hy het so 'n salige uitdrukking op sy gesig gehad. So dankbaar dat hy wel iets gehad het om te gee.

Toe was dit tyd vir die Woord. En laat ek nou maar eerlik wees dit het my tot in my siel verveel, tot ek na die skoene langs my se gesig gekyk het.

Groot trane het by sy wange ofgerol ... Hy het met diep aandag geluister ... en ek het gewonder wat ek dan gemis het.

Ek was so besig met die skoene en die oordeel in my hart dat ek die seëning van die Woord totaal en al gemis het. Sy hart was vol ... sy honger was gestil ... en ek, ek het gewonder waarom ek dan nog so leeg gevoel het.

Toe besef ek; ek het nie soos die skoene langs my gekom met 'n verwagting nie ... daarom het ek niks ontvang nie en sy beker loop oor. Golwe skuldgevoel het oor my gespoel en ek het geweet die stukkende skoene het my vandag 'n baie duur les geleer.

Dit was ons gewoonte om altyd na die diens vreemdelinge te laat welkom voel, en na die slot gebed het ek my hand na die skoene uitgesteek.
 
Die gesig was oud en verrimpeld van baie son en weer en die hand wat myne vasvat was vol eelte.
Die skoene het na my gekyk en gesĂȘ: My naam is Charlie en ek is so bly om jou te ontmoet. Sy oĂ« was vol hartseer en pyn.

Ek kom al 'n paar maande hier maar jy is die eerste om my te groet. Ek weet my kleredrag is nie op standaard nie maar ek probeer baie hard om altyd op my beste te lyk, en ek politoer gereeld my skoene maar die lang stap hierheen op die stof pad laat dit altyd weer vuil en vol stof.

My hart het begin pyn en ek het swaar gesluk aan die groot knop in my keel. Ek was stil, want ek het geweet as ek iets sou sĂȘ sou my woorde leeg en blikkerig klink teenoor die opregtheid van die stukkende skoene.

Ek het weer sy vereelte hand gedruk en toe met trane bely: Jy het my siel aangeraak en vandag het jy my 'n groot les geleer ... dat die mooi van die mens in sy hart lĂȘ en nie in sy blink nuwe skoene nie.
Dankie dat jou skoene vandag vir my 'n groot les geleer het. Dat daardie vuil stukkende skoene my geleer het om anders te sing, om meer intens te luister en om altyd met 'n verwagting te kom sodat ek vol en tevrede kan uitstap.

(Internet: Skrywer onbekend)

Afkondiging: Erediens

Thursday, 25 September 2025

Dink hieroor: Ɖ Verligte gevoel

Ons dink dat as ons op ander se foute hamer ons beter sal lyk. 

“ Weet jy wat sus of so gedoen het ...” laat my sommer al klaar beter voel. Ja-nee, ek is self darem nie so sleg nie. Dit is sowaar Ɖ snaakse manier om jouself beter te laat voel en lyk, deur ander seer te maak.

Jy sal weet wanneer dit gebeur. Dit gaan gewoonlik so: “Hanrie het haar goeie punte, maar ...” en dan trek jy los. Of  “Moet vir niemand sĂȘ nie – ek sĂȘ net vir jou ...” en dan word die krane oopgedraai. As jy klaar is, het jy so bietjie van Ɖ verligte gevoel, want jy voel so bietjie meer tevrede met jouself.

Jy het nie nodig om op die seerkry van ander te klim om beter te voel nie. God het jou lief soos jy is … onthou net altyd dat Hy die mense oor wie jy so skinder, ook liefhet.

Verjaardagwense

Ds. Ensie, mag die vrede van ons Hemelse Vader
altyd met jou wees.
Mag genade jou omvou.
Mag seën op jou rus
en wysheid jou lei.
Mag Sy liefde opnuut
nesskop in jou hart.

Mag hierdie spesiale dag  gevul wees met vreugde, vrede en oorvloedige seĂ«ninge.
Dankie vir jou onbaatsugtige diens en toewyding. 
Mag God jou nog vele jare van krag en wysheid skenk!

Wednesday, 24 September 2025

Erfenisdag

Mossiestilte: Tit. 2:11

Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn

God wil vandag aan jou sy reddende genade bewys.
Moenie dink dat jy nie goed genoeg is vir God se genade nie.
Reeds aan Abraham is hierdie belofte gegee, dat alle volke deur hom en Isak geseĂ«n sal word. 
Jesus Christus het reeds aan jou sy reddende genade gebring ... sien ook gerus, Titus 3:4-7.

Dankie, Vader, vir die belofte wat U gestand gedoen het, van Abraham af tot nou toe. Ek sien die tekens van U tye, en dat U koms naby is. Dit was ook belowe aan die mens in Joh. 14, dat U vir ons 'n plek gaan voorberei en ons weer sal kom  haal om by U te wees. U bly nog altyd by ons deur u Heilige Gees. Here ek dank U vir u getrouheid deur die eeue heen. Ek dank U dat U my gered het deur u genade. Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Tuesday, 23 September 2025

Kry jou kaartjie betyds

Jesus het vir hom gesĂȘ: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie."
- Joh. 14:6

Jy kan op enige trein klim en afklim waar jy wil wees - solĂĄnk jy 'n kaartjie het! Dieselfde geld as jy met 'n vliegtuig ĂȘrens heen wil gaan. Jy kan heerlik gemaklik sit, 'n fliek kyk, iets drink en na Ă©nige plek in die wĂȘreld vlieg - solank jy net 'n kaartjie het!

As jy eendag hemel toe wil gaan, moet jy reeds nĂłĂș jou kaartjie kry. Die enigste manier wat jy in die hemel gaan kom, is om in Jesus Christus te glo. HĂœ is die Ă©nigste weg!

Dierbare GOD, ek glĂł dat JESUS vir my sondes gesterf het. Ek glo dat HÝ in my hart lewe en daarom WÉÉT ek ek gaan HEMEL toe. Help my asseblief om vir ĂĄnder mense daarvan te vertel, sodat hĂșlle óók hemel toe kan gaan. Amen

[Carolyn Larsen]

Mandjie Hoop: Ek weet aan Wie ek my toevertrou het

“Aan U o God my dankgesange
U wil ek in my aandlied prys!
Al kwyn die sonlig teen die hange
U lig, my Lig, sal hoër rys!
 
U het my met U guns versadig
en as n Vader my beskerm;
met seëninge so mildadig
U dag en nag oor my ontferm.

Ek weet aan Wie ek my toevertrou het
al wissel dan ook dag en nag.
Ek ken die Rots op wie ek gebou het
Van wie ek al my heil verwag.

Eens aan die avond van my lewe
sal ek van sorge en moeite vry
vir elke dag my hier gegewe
U hoĂ«r, reiner loflied wy!”

Afkondiging: Selgroep

Monday, 22 September 2025

'n Pragtige gebed

Hou my styf vas, Here, wanneer my voete gly.
Hou my vas, Here, as ek op verkeerde paaie bly.
Troos my, Here, wanneer die trane vryelik vloei.
Genees my hart, Here, wanneer my hart bloei.
Hou my geselskap wanneer ek eensaam voel.
Gee sekerheid as ek dink die lewe is sonder 'n doel.
Wees U my vriend as mense my verlaat.
Wees U my wysheid as ek soek na goeie raad.
Wees U my geneesheer as ek siek is en vol pyn.
Wees U my kragbron as my kragte begin kwyn.
Wees U my anker as die vloed my mee wil sleur.
Die Gare wat vaswerk as my lewe uitmekaar skeur.
Wees U my stut wanneer ek op moeilike paaie loop.
Wees U my Vertroue as ek voel daar is geen meer hoop.
Duisend maal dankie, Here, dat ek dit van U mag vra.
Duisend maal dankie, Here, dat U my deur alles dra.
AMEN

Sunday, 21 September 2025

BRIEFIE VAN JESUS

My dierbare Vriend

Hoe gaan dit met jou? Ek móét net hierdie briefie aan jou skryf om jou te vertel hóé baie ek vir jou omgee ...
Ek het gister gesien hoe jy met jou vriende gesels en het die hele dag gewag in die hoop dat jy ook met My sal gesels ...

Ek het aan jou 'n sonsondergang gegee om jou dag mee af te sluit, en 'n koel briesie om jou te verfris, en gewag ... maar jy het nie gekom nie. Dit het My dĂ­Ă©p seergemaak, maar ek hĂ©t jou nog steeds lief, want jĂœ is MĂœ vriend.

Ek het jou laasnag sien slaap en wou graag jou voorkop streel, toe laat ek maar die maan se strale oor jou gesig speel; wéér het ek gewag ... gereed om my na jou te haas sodat ons lekker kon gesels. My trane was in die reën.

As jy maar net wil luister. Ek het jou só ontsettend baie lief. Ek probeer om dit aan jou te vertel in die blou lug en in die stil, groen gras; ek fluister dit in die blare van die bome en adem dit uit in die kleure van die blomme, roep dit jou toe in die gekabbel van die bergstrome en gee aan die voëltjies liefdesliedjies om vir jou te sing.

Ek klee jou met die koesterende sonskyn en sprei die aangename geure van die natuur oor jou uit. My liefde vir jou is díéper as die díépste oseaan, en gróter as die grootste begeerte in jou hart.

VrĂĄ na my? PrĂĄĂĄt met my? Moet my ĂĄsseblief nie ignoreer of vergeet nie? Ek het sĂł baie om met jou te deel!!
Ek sal jou nie verder pla nie ... dis jĂłĂș besluit of jy 'n plekkie in jou hart aan My wil afstaan ... Ek het vir jĂłĂș gekies en ek sal ĂĄltyd op jou wag - want ek het jou innig lief en sal jou vir ewig liefhĂȘ!

Jou vriend
JESUS

[Dankie, Rosetta]

Jy is uitgenooi na ACVV Ons Huis se jaarvergadering

ACVV Ons Huis val binne die gemeentegrense van Dutoitspan en daarom neem ons die vrymoedigheid om u hartlik uit te nooi na ACVV ONS HUIS se jaarvergadering.

Waar: ACVV Ons Huis, Ariadne Rylaan 8, Beaconsfield, Kimberley
Wanneer: 23 September 2025 om 09:00
RSVP: 22 September 2025 by 053 842 1141  
Jy is baie welkom! 

Mossiestilte: 1 Kor. 8:6

tog is daar maar vir ons een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.

Die Almagtige God, het die mens gemaak na sy beeld en sy gelykenis. 
God het jou gemaak om Hom te dien en eer, die kroon van sy skepping en saam met Hom te wandel. 
Hierdie God het jou ook kom haal, toe jy op jou laagtepunt was en gebring om aan sy tafel te eet.
Hierdie God het jou geskep, sodat jy soos een van hulle lyk, want Hy het gesĂȘ: Kom ONS maak mense na ons beeld en gelykenis. 
Hoe kan jy daaraan dink om 'n ander God te dien en eer?

Liewe Vader, ek kom in aanbidding na U toe, in die Naam van Jesus Christus, u Seun. U het my wonderlik gemaak volgens u plan. Ek mis partykeer die doel, maar U het my nog nooit verlaat nie, maar keer op keer weer kom optel as ek val. U seën my daagliks met u brood en U gee my onverdiende eer en oorwinning, oor alles in my lewe. Ek wil U elke dag net loof en prys. U goedheid omvou my, en U barmhartigheid dra my. U genade is my kos elke dag. U alleen is waardig om geloof te word. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Saturday, 20 September 2025

Kerkgenotjies: Rympies

* Klein Riekie was klein bietjie stout:
om haar kerk toe te vat, was 'n fout.
Sy vra vir die diaken,
met die hemp sonder kraak in:
"Ek sĂȘ, Waiter, waar's daai Kouk?
[Philip de Vos]

* My vrou Griet
in die hemel is sy niet,
in die hel, dit weet ek wel.

* My vrou Griet
in die hemel is sy,
nie in die hel,
dit weet ek wel.
(Leestekens op die regte plek, maak 'n ewigheidsverskil.)

Friday, 19 September 2025

September is World Alzheimer's Month including dementia: Warning signs of dementia

In most cases, dementia symptoms progress gradually over years. The early signs, usually memory problems, may not be immediately obvious.

Symptoms vary and forgetting things is a normal part of aging, but those with dementia often have one or more of the following:

* memory problems (short-term);
* diminished ability to plan activities;
* problems with language and communication;
* general confusion, disorientation in time and/or place;
* difficulty with abstract thinking, lapses in judgment;
* difficulty performing a familiar activity;
* misplacing objects and problems keeping track of things;
* behaviour and personality changes;
* sudden mood swings;
* challenges in understanding visual and spatial information; and
* loss of initiative and or apathy.

Afkondiging: Erediens

Thursday, 18 September 2025

Baie dankie vir die pragtige blomme wat elke Sondag kleur en atmosfeer aan die erediens verleen


Blomme speel ‘n baie groot rol in die erediens. Groter as wat ons moontlik dink of besef! Blomme skep nie net ‘n sekere atmosfeer wat ons gemoedstoestand voorberei vir die boodskap nie, maar blomme dra ook ‘n spesifieke boodskap uit.

Dankie vir elkeen wat hul talente op hierdie manier met die kerkgangers deel.


Foto's: Ds. Ensie

Kimberley goes PURPLE for dementia awareness


"Caregivers, you are not alone!"

Can you share details about major ongoing projects or initiatives?
* During Purple parkrun in September, participants wear purple for the Run for Dementia at the Rooifontein game farm next to Kimberley.
* A WhatsApp support group is available for those affected by dementia. In-person meetings occur monthly at the Belgrave Lodge and quarterly at the Acacia Retirement Village, offering a safe space to share experiences and gather information.
* Monthly activities for the elderly is held at Belgrave Lodge, which include games, sing-along, chair exercises, and fun-filled social engagement.

Currently, more than 55 million people all over the world have dementia, with nearly 10 million new cases reported annually, with over 60% of these living in low and middle-income countries.

Think about it: Be that ONE today

One tree can start a forest.
One smile can begin a friendship;
One hand can lift a soul;
One word can frame the goal;
One candle can wipe out darkness;
One laugh can conquer gloom;
One hope can raise your spirits;
One touch can show you care;
One life can make the difference,
BE THAT ONE TODAY.

[Unknown]

Wednesday, 17 September 2025

Jy is uitgenooi na ACVV Ons Huis se jaarvergadering

ACVV Ons Huis
 val binne die gemeentegrense van Dutoitspan en daarom neem ons die vrymoedigheid om u hartlik uit te nooi na die ACVV se jaarvergadering.

Waar: ACVV Ons Huis, Ariadne Rylaan 8, Beaconsfield, Kimberley
Wanneer: 23 September 2025 om 09:00
RSVP: 22 September 2025 by 053 842 1141  
Jy is baie welkom! 

Mossiestilte: Psalm 78:19

En hulle het teen God gespreek, hulle het gesĂȘ: Sou God ‘n tafel kan dek in die woestyn?

– Twyfel in wat God vir ons kan en wil doen, sal ons van ons vertroue beroof.
– Moenie sy getrouheid bevraagteken nie, ongeag hoe moeilik dinge mag wees.
– Onthou dat daar geen ‘as’ by die Here is nie, net ‘Hy kan.’
– Die Here kan meer doen as wat jy ooit kon vra of dink.

Vader, dankie dat U KAN doen wat nodig is in my situasie. Dankie dat wanneer ek nie die moed kan vind om ‘n splinternuwe begin te maak nie, U my die moed kan gee wat ek nodig het. Amen

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Dutoitspan sĂȘ dankie aan elke adverteerder op die kerkalmanak


Ondersteun asb. hierdie lojale borge!

Tuesday, 16 September 2025

Mandjie Hoop: Exodus 3:14a (AFR53) En God sĂȘ vir Moses: Ek is wat Ek Is

EK Is hier vir jou.
EK Is die antwoord op jou gebede.
EK Is die uitkoms
EK Is die Uitweg.
EK Is jou Heenkome.
EK Is jou Steunpilaar.
EK Is jou Verlosser.
EK Is jou Redder.
EK Is jou Vader en jy is Myne.

Afkondiging: Selgroep

Monday, 15 September 2025

Verjaardagwense

Baie geluk met jou verjaardag, Bobo. Mag elke oomblik gevul wees met ons Vader se groot genade. Geniet jou dag!

Gebed: My gebed vir jou ...

Ek lĂȘ jou vandag voor Jesus neer
Hy ken jou naam, jou lag, jou seer.
Hy ken jou omstandighede 
die dinge wat jou pla
Hy hou jou hand, Hy wil jou dra.
Hy neem elke las, kommer en vrees
Hy het gesterf sodat ons vry kan wees.
Ek bid vandag dat jy Sy Gees ervaar
dat jy staande sal bly, Hy is altyd daar.
Moenie kyk na die berg voor jou
Sien die kruis, en moenie daaroor rou.
Sy bloed het gestort vir jou en my
Hy het ons van satansmagte bevry.
Moenie dat versoekings jou onderkry
Sing lofsange, juig en wees altyd bly.
Jy is ‘n Koningskind, geroep by die naam
Hy het jou lief, elke treë stap Hy saam.
Jou hand in Syne, Hy sal jou nooit laat los
Hy het die prys betaal, jou volkome verlos.
My gebed is dat Hy jou seën met alles wat mooi is:
Liefde, vrede, vreugde, wysheid, vriende, 
glimlaggies, sonskyn, en gawes van die Gees.
Dankie, Vader, dat U verhoor.
Amen

[Aangestuur]

Sunday, 14 September 2025

Mossiestilte: Luk. 2:27-30

En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet,
het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesĂȘ:
Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord, 
omdat my oë u heil gesien het,

Die Here het aan jou sy Heilige Gees gegee om Hom raak te sien selfs wanneer jy dit dalk die minste verwag.
Die Gees van God sal jou nou in sy genade laat leef.
Die Gees van God sal jou leer en lei om sterker in die Woord te word en die genade te deel van Christus vir almal om jou.
Simeon en Anna het God se aangesig gesoek en was deur God se Gees gelei om die verlossing van God te sien.
Mag God ook so aan jou wys, wie en wat hy vir jou en die hele aarde beteken. 

Here, ek bid nou u Heilige Gees oor my. Wys my in u wysheid en krag, u heil en verlossing. U genade is genoeg vir my. Laat ek ook groei en sterk word in die Gees vol van wysheid.(vers 40).

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Verjaardagwense

Eugene, baie geluk met jou verjaardag. 'n Nuwe lewensjaar gevul met alles wat mooi is, word jou toegewens. Geniet 'n spesiale geseĂ«nde dag! 

Saturday, 13 September 2025

Kerkgenotjies: Juweeltjies uit kindergebede

"Liewe Jesus, miskien sou Kain en Abel mekaar nie doodgemaak het as hulle elkeen hul eie kamer gehad het nie, want sjoe, dit werk vir my en my broer!"

"Liewe Jesus, as jy my Sondag in die kerk dophou, sal ek my nuwe skoene vir jou wys."

"Liewe Jesus, dankie vir my bababoetie, maar ai, ek het vir 'n hondjie gebid!"

"Liewe Jesus, moet 'n kameelperd so lyk, of was dit 'n ongeluk?"