Sunday, 31 August 2025
Mossiestilte: Jes. 40:31
Saturday, 30 August 2025
Kerkgenotjies: Die manlike spesie ...
Friday, 29 August 2025
Genade, onbeskryflik groot
verlore seun - 'n wegloopkind -
weer in die Vaderhuis.
2. Ek is die naam van kind nie werd -
wou self my sake reël.
My lewe, kanse, tyd en geld
is nutteloos verspeel.
3. Maar U sien ver, oneindig ver.
U sien my honger, dors.
Nog voordat ek kon skuld bely,
druk U my aan die bors.
4. Genade, onbeskryflik groot -
daar's fees, ek is weer tuis.
U Seun bring my - verlore mens -
weer in die Vaderhuis.
Lied 510
NG Kerk Uitgewers
Thursday, 28 August 2025
Dink hieroor: Moed is ...
wat gevrees moet word
en hoe om nie te vrees
wat nie gevrees moet word nie.
David Ben-Gurion (1886 – 1973)
Wednesday, 27 August 2025
Mossiestilte: 2 Kron. 27:6
'n Gedig vir Woensdag: Vir 'n pepermossie
Vleilangs loop
En droë takkies
Die wilgers sal gekruisig
Aan die hemel hang
En ek sal, dood menslik
Na jou terug verlang
Soos na die somer se rinkink
Van vinke in palmiete
En die onbeholpe liefde
Van wildeganse tussen riete
Vleilangs loop
En droë takkies
-Willie van der Merwe-
Tuesday, 26 August 2025
Mandjie Hoop: Hoe meer ...
hoe meer kry jy.
Hoe meer jy lag,
hoe minder huil jy.
Hoe meer jy deel,
hoe meer bly oor.
Hoe meer jy liefhet,
hoe meer sal jy ervaar.
Want net wat ons weggee,
verryk ons, oud en jonk.
Medelydende Vader,
help my om selfsug opsy te skuif
Heer, ek het U elke dag nodig!
Monday, 25 August 2025
Doopsondag: Die doop is 'n genadeverbond
Gebed: Gebed veroorsaak 'n beroering
is daar ‘n BEROERING in die HEMELE en op AARDE.
Elke GEBED wat ons BID,
sneller ‘n Goddelike REAKSIE in die GEES.
Die ALLERHOOGSTE GOD mis nie een gebed nie.
Elke gebed wat ons BID,
het bonatuurlike MOMENTUM en KRAG.
Gebed verander nie net OMSTANDIGHEDE vir ons nie.
Dit verander ook ONS vir die omstandighede.
Soms bid ons vir die BERG om te skuif …
maar dikwels skuif die HERE ons.
Soms gee die HERE nie vir ons wat ons gevra het nie,
want Hy het iets BETERS in gedagte.
Solank ons net glo en verstaan:
HY weet altyd die BESTE vir ons.
Daarom het HY die LAASTE SÊ!
GEBED is altyd ‘n teken
van ons KINDERLIKE geloof in die Lewende GOD.
Dankie VADER dat U altyd na ons GEBEDE LUISTER!
Amen.
Sunday, 24 August 2025
Mossiestilte: Heb. 1:9
Saturday, 23 August 2025
Kerkgenotjies: Allerlei
Friday, 22 August 2025
Kontraste
Thursday, 21 August 2025
Dink hieroor: Jou denke beïnvloed jou geluk
Wednesday, 20 August 2025
'n Moderne weergawe van Psalm 23 vir elkeen in die werkplek
Die Here is my eintlike baas ek kom niks kort nie.
Hy maak my rustig, al is daar chaos rondom my.
Hy bring my by waters waar daar vrede is,
Hy gee my telkens nuwe krag
Wanneer die gevaarlike weë van korrupsie vir my wink,
Selfs al gaan ek deur die donker dieptes van
ontelbare e-posse, rekenaars en netwerke wat "oppak,"
die rugstekery van kollegas, bestuurders, begrotings en
'n moeë liggaam wat ek soggens uit die bed moet sleep,
sal ek nie bang wees nie, want U is met my.
In u hande is ek veilig.
U laat my by die feesmaal van u liefde aansit,
selfs al dreig die regering met verdere "regstellende aksie"
of al is daar praatjies van afskaling en afdankings in die maatskappy waarvoor ek werk.
U ontvang my soos 'n eregas
selfs al word ek telkens deur my bestuurders oor die hoof gesien.
al ontvang ek weinig erkenning vir my harde werk.
U goedheid en liefde is vir my meer werd,
as enige bonustjek, want dit sal my lewe lank by my bly.
Al is my mediese voordele en my pensioen maar skraps,
sal ek tot in lengte van dae by U tuis wees,
in die Ewige Aftree-oord wat U vir my beloof!
(Geleen HIER. Skrywer van aangepaste Psalm 23: Onbekend.)
Tuesday, 19 August 2025
Mandjie Hoop: Ek is God se kind ...
Monday, 18 August 2025
Gebed: Aan die begin van 'n nuwe dag.
Sunday, 17 August 2025
Mossiestilte: Jak. 2:10
Saturday, 16 August 2025
Kerkgenotjies: Werksontevredenheid en andere
Friday, 15 August 2025
Vrouefees: Is jou vorm in? Vandag is die laaste dag!
Waar: NG Kerk Keimoes
PERSOONLIKE INLIGTING
Naam en Van: _________________________
Kontaknommer: ____________________
Adres: _______________________________
e-pos: _______________________________
Gemeente: ___________________________
Enige siektetoestand waarvan organiseerders bewus moet wees?
_____________________________________
INSKRYWINGSFOOI: R650
Ingesluit: alle etes en aktiwiteite tydens fees.Ontbyt = Koffie en beskuit, ligte middagete, aandetes.
RSVP: 15 Augustus 2025
e-pos asseblief die voltooide inskrywingsvorm en bewys van betaling na ngkerkkanoneiland@vodamail.co.zaVir navrae: whatsapp Anneléne: 082 755 2271 (Ma-Do: 8:00-13:00)
Bankbesonderhede:
NG Kerk KanoneilandFNB - Upington
Takkode: 230604
Tjekrek: 631 608 22 186
Verwysing: VF + naam & van
Verblyf en Vervoer:
NB: Feesgangers is verantwoordelik vir hul eie verblyf en vervoer. Spesiale akkommodasietariewe vir feesgangers te:
Ikaia River Lodge: 082 331 1353
JY KAN … MAAR JY MOENIE
Jy kan op ’n hoë, wankelrige leer klim … maar jy moenie.
Jy kan ’n storie begin met “In MY dae” … maar jy moenie.
Jy kan (modieuse) geskeurde jeans dra … maar jy moenie.
Jy kan op jou hurke sit en vinnig opstaan … maar jy moenie.
Jy kan loshande op die huis se dak rondloop … maar jy moenie.
Jy kan oor ’n redelike groot plas water spring … maar jy moenie.
Jy kan jou 3-jarige kleinkind probeer inhardloop … maar jy moenie.
Jy kan jou broek sommer so in die loop aantrek … maar jy moenie.
Jy kan ’n styfpassende help-my-beter-lyk-T-hemp dra … maar jy moenie.
Jy kan met jou hande in jou sakke by ’n trap afhardloop … maar jy moenie.
Jy kan by die badkamer in die winkelsentrum verbyloop … maar jy moenie.
Jy kan die week se kruideniersware op een slag uit die kar dra … maar jy moenie.
Jy kan probeer om die spyskaart te lees sonder jou leesbril … maar jy moenie.
Jy kan kliphard kommentaar lewer op mense se voorkoms … maar jy moenie.
Jy kan altyd die hele rekening betaal as die familie gaan uiteet … maar jy moenie.
Thursday, 14 August 2025
Dink daaroor: Jy het drie keuses ...
Wednesday, 13 August 2025
Projek Resthaven
Mag ons vandag onthou dat ons sy hande en voete moet wees vir mekaar deur gehoorsaam te wees. Dis met jou oë waardeur Hy met deernis na hierdie wêreld kyk.
Bybel in Kaaps: Psalm 23
1 Die Jirre is my herder, niks sal my ontbreekie.
2 Hy laat my neerlê in groen weivelde,
daa waa die waters rustig is, lei hy my heen,
3 hy gie my siel nuwe krag.
Hy lei my oppie regte paaie,
tot die eer van sy Naam.
4 Selfs al loep ek deurie donkeste paaie
sal ekkie bang wiesie,
wan U is met my;
U stok en U staf,
hulle vetroos my.
5 U het ’n tafel gedek vi my
tewyl my vyande kyk.
U het my kop gebedek met olie;
my bieke loep oor.
6 U goedheid en U liefde sal my volg
allie dae van my liewe,
en ek sal innie huis van Jirre loep
tot in lengte van dae.
Psalm 23 - beryming
en hul laat neerlê in die veld van milde groen,
met sagte hand hul lei langs stille waters -
so is die HEER, so het Hy ook aan my gedoen:
Hy laaf my siel en lei my swakke skrede
in vaste spoor van sy geregtighede.
2. En is ek soos 'n skaap in doodsgevare,
wat in die velde as 'n prooi vn wolwe gaan,
en moet ek in die doodsdal, diep n donker,
van alle hulp ontbloot, in my alleenheid staan -
dan nog ken ek geen doodsvrees of verskrikking
omdat u staf my troos is en verkwikking.
3. U bring vir my die tafel in gereedheid,
my hoof druip olie en my beker vloei van wyn,
'n bron van goedheid stroom vir my gedurig;
dit is my gees 'n vreug, my vyande 'n pyn;
dit kroon my lewe met u welbehae;
en in u huis, daar bly ek al my dae.
Tuesday, 12 August 2025
Monday, 11 August 2025
Mandjie Hoop: Bekeringsoomblik
- Benjamin Whichcote (1609 – 1683) -
Gebed: U is groot
Ek loof en prys U, Here.
Dankie vir u genade onbeskryflik groot.
Ek is vry, ek is verlos, ek is gered.
My geloof red my elke dag.
Ek neem dit,
Ek is vry deur Jesus se bloed.
Ek is verlos deur Sy genade.
Ek is gered in die MAGTIGE NAAM VAN JESUS CHRISTUS.
In Jesusnaam.
AMEN
Sunday, 10 August 2025
Mossiestilte: Gal. 6:7-10
Saturday, 9 August 2025
Gelukkige Vrouedag en -maand
Nasionale Vrouedag word elke jaar op 9 Augustus gevier en dan val die kollig op die vroue wat daagliks met moed, krag en deursettingsvermoë hul bydrae tot die huishouding, gemeenskap en land moet lewer.
Vroue is kosbaar, veerkragtig en onmeetlik waardevol. Hulle beskik oor die vermoë om oor hoë hekkies in moeilike tye te kom. Vrouedag is ’n geleentheid om nie net na die verlede te kyk nie, maar ook om na die toekoms, want vroue beskik oor die vermoë om 'n verskil in die wêreld te maak.
Kerkgenotjies: Ander lande
Friday, 8 August 2025
Maklik vs. Moeilik
Waarom word ons so vaak in die kerk,
Waarom is dit so moeilik om oor God te praat,
Waarom is dit so vervelig om in 'n Christelike tydskrif te lees,
Waarom word 'n e-pos met 'n godvresende strekking so maklik uitgewis,
Waarom word die kerke al hoe kleiner,
Mag God jou bewaar en jou seën.
Thursday, 7 August 2025
Dink hieroor: Ses eenvoudige maniere om gelukkiger te leef
Wednesday, 6 August 2025
Psalm 23 soos deur Lina Spies verwoord
ek kom niks kort nie; daar is niks wat my ontbreek.
In groene weiveld en by stille water
laat Hy my uitrus in ‘n bar en dorre streek.
Die steiltes ken Hy en die skerpste draaie:
Hy rig my altyd op die regte paaie.
2. Nie een sal U ooit van u skaap berowe:
U is by my in diep en donker klowe.
Wanneer ek afdwaal, haak u staf my nader
en met u stok verdryf U die gevare.
By U is ek beveilig en geborge:
Bevry is ek van vrese en van sorge.
3. U dek in my teenwoordigheid ‘n tafel:
My vyande kyk toe en staan verslae!
U vul my beker, voed my en verheug my;
u goedheid volg my al my lewensdae.
Ek ken u liefde en u gunsbetoning
en bly ‘n leeftyd, Here, in u woning.
Tuesday, 5 August 2025
Verjaardagwense
Mandjie Hoop: God ken die regte tyd
die tyd weet wanneer die vye ryp is,
so weet ook God die tyd
om die regverdiges uit hierdie wêreld
weg te roep.
Leo Tolstoi (1828 – 1910)
Monday, 4 August 2025
Verjaardagwense
Gebed: Krag vir vandag
wees ons opgeeharte genadig.
U weet hoeveel moed dit vat om oor te gee,
U weet alleen waar ons vandaan kom,
hoe swaar ons dra aan alles,
laat moed ons opgee se hand vat
sodat ons saam ‘n nuwe lewe kan begin.
Neem ons vrees en maak ons dapper
sodat ons die lewe kan leef
wat U vir ons beplan het
volgens U wil en vir U.
Help ons asseblief, Here,
niks is by U onmoontlik nie.
Maak ons hart stil
sodat ons U stem kan hoor.
Amen
Sunday, 3 August 2025
Wie is Jesus?
• Vir die oogarts is Hy die Stralende Oë.
• Vir die dokter is Hy die Groot Geneesheer.
• Vir die bankier is Hy die Kosbare Skat.
• Vir die tuinier is Hy die Herfsroos van Saron en die Lelie van die Velde.
• Vir die koerantman is Hy die Tyding van Groot Blydskap.
• Vir die geoloog is Hy die Ewige Rots.
• Vir die regter is Hy die Waaragtige Getuie.
• Vir die advokaat is Hy die Voorspraak.
• Vir die prisonier is Hy die Verlosser.
• Vir die dorstige is Hy die Fontein van Lewende Water.
• Vir die landbouer is Hy die Ware Wynstok.
• Vir die skaapwagter is Hy die Goeie Herder.
• Vir die sterrekundige is Hy die Blink Môrester.
• Vir die musikant is Hy die Soetste Melodie.
• Vir die treurende is Hy die Trooster.
• Vir die sagmoedige is Hy die Prins van Vrede.
• Vir die vermoeide is Hy die Een wat Rus gee.
• Vir die sondaar is Hy die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.






















