Friday, 31 October 2025
Thursday, 30 October 2025
Dink hieroor: Matteus 5:9
“Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.”
Die Boodskap: “Gelukkig is almal wat vrede maak tussen mense wat in vyandskap met mekaar lewe. God sal op die laaste dag voor almal sê dat hulle sy kinders is.”
Moeder Teresa: “As ons geen vrede het nie, is dit omdat ons vergeet het ons behoort aan mekaar. Vrede en oorlog begin in die huis. As ons waarlik vrede wil hê, laat ons begin deur mekaar in ons eie families (en gemeente) lief te hê.”
Die Boodskap: “Gelukkig is almal wat vrede maak tussen mense wat in vyandskap met mekaar lewe. God sal op die laaste dag voor almal sê dat hulle sy kinders is.”
Is jy ‘n vredemaker? 'n Aktiewe vredemaker? Dit is nie genoeg om net oor vrede te praat nie. Jy moet daarin glo en dit daagliks op alle terreine van die lewe uitleef.
Moeder Teresa: “As ons geen vrede het nie, is dit omdat ons vergeet het ons behoort aan mekaar. Vrede en oorlog begin in die huis. As ons waarlik vrede wil hê, laat ons begin deur mekaar in ons eie families (en gemeente) lief te hê.”
Wednesday, 29 October 2025
Terugblik: So sê die Woord: Handelinge 11:1-10
Vers 2 en 3: Toe Petrus dan in Jerusalem kom, het die Joodse gelowiges hom verwyt: “Jy het mense besoek wat nie besny is nie en het selfs saam met hulle geëet.”
Petrus se medegelowiges in Judea het verneem dat die heidene in Cesaréa ook vir Jesus as Saligmaker aangeneem het. In plaas van daaroor bly te wees, verwyt hulle Petrus omdat hy sekere Joodse wette oortree het deur in hierdie onbesnedenes (nie-Jode) se huise in te gaan en saam met hulle te eet. Petrus verduidelik aan hulle hoe die Here deur 'n visioen aan hom verduidelik het dat hy niemand onrein mag ag vir wie God as kind aangeneem het nie. Dit is belangrik om mense nooit net op grond van hulle uiterlike dinge te beoordeel nie.
Kan jy eerlik aan jouself rekenskap gee op grond van watter dinge jy mense of hulle doen en late beoordeel of dalk soms veroordeel?
Gebed: My Here, help my om nie mense te veroordeel nie.
[Uit: Dorstfontein NG Gemeente Dutoitspan Maandblad Oktober 1986]
Tuesday, 28 October 2025
Mandjie Hoop: Mag jy altyd ...
genoeg GEDULD hê om jou dierbaar te maak
genoeg VERDRIET hê om jou menslik te maak
genoeg VERDRIET hê om jou menslik te maak
genoeg VREUGDE hê om die sonskyn met ander te deel
genoeg HOOP hê om jou gelukkig te maak
genoeg TERUGSLAE hê om jou nederig te hou
genoeg VRIENDE hê om jou te troos
genoeg VERDIENSTE hê om jou gemaklik te laat lewe
genoeg HOOP hê om jou gelukkig te maak
genoeg TERUGSLAE hê om jou nederig te hou
genoeg VRIENDE hê om jou te troos
genoeg VERDIENSTE hê om jou gemaklik te laat lewe
genoeg DANKBAARHEID hê om jou seëninge te deel
genoeg GEESDRIF hê om jou na die dag van môre te laat uitsien
genoeg GELOOF hê om jou staande te hou in vandag se lewe vol uitdagings
genoeg WILSKRAG hê om elke dag 'n beter dag as gister te maak!
genoeg GEESDRIF hê om jou na die dag van môre te laat uitsien
genoeg GELOOF hê om jou staande te hou in vandag se lewe vol uitdagings
genoeg WILSKRAG hê om elke dag 'n beter dag as gister te maak!
[Dankie, Rosetta]
Monday, 27 October 2025
Gebed: Beskerming
Vader, dankie vir seën en liefde uit u genadehand. Dankie dat ek U ken, dat ek u naam oor my lippe mag fluister en na U kan uitroep. Ons kom vanoggend baie dankie sê vir die vrede wat U vir ons voorberei het. Mag ons hierdie vrede as 'n lewende werklikheid ken sodat niks en niemand ons kan laat bewe of vrees nie! Seën ons asseblief in die onbekende dag met U liefde, krag en genade. Dankie, Vader, dat U ons nooit verlaat nie, maar met u liefdeshand beskerm. Amen
Sunday, 26 October 2025
Hulp benodig! Kan jy dalk help??
Kimberley SA - Ons benodig 'n baie groot tent vir ons Bybelskool 1-5 Desember 2025 by NG Dutoitspan. Enige hulp/raad?
Kontak ds. Ensie Enslin by: 079 522 9680
DANKIE!
Watter soort lidmaat is jy?
· Die kruiwa-tipe: nutteloos tensy iemand anders my stoot
· Die kano-tipe: ek moet gedurig geroei word voor ek beweeg
· Die vlieër-tipe: aan ‘n lyn vasgebind anders raak ek weg
· Die voetbal-tipe: niemand weet watter kant toe ek gaan spring nie
· Die ballon-tipe: vol wind en gereed om enige oomblik te ontplof
· Die sleepwa-tipe: doen niks tensy ek getrek word nie
· Die neonlig-tipe: nou aan die brand en dan weer dood
· OF: SOOS ‘N BETROUBARE HORLOSIE: 'n Oop gesig. Suiwer goud. Altyd stilweg besig. En propvol goeie werke!
Mossiestilte: Matt. 6:33&34
Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg van sy eie kwaad
In hierdie "laaste dae" as mens na die tekens van die tye kyk, kwel mense hulle baie oor môre.
Sommige wil net reg wees vir die wegraping, ander vrees die tyd wat die antichris sal kom.
Elkeen wil slimmer wees oor die uitlegte van profesieë.
Dan vra ek eerder: wat kan ek doen om iets vir iemand, my naaste te doen.
Is jou "mate" van geloof wat jy van God gekry "gevul".
Jesus sê tereg: as jy nie vir die minste wat honger was, gevoed het, of in die tronk besoek het, of iemand wat naak is, beklee het, het jy dit ook nie aan My gedoen nie.
Nie almal wat vir My sê Here, Here, sal in die koninkryk van God ingaan nie.
Here, U het u Heilige Gees aan my gegee om my te leer en te herinner aan wat Jesus ons geleer het. 'n Nuwe gebod het U ons ook gegee: om mekaar lief te hê soos wat U ons liefgehad het. (Joh. 13:34). Here bewaar ons van die bose en lei ons nie in versoeking nie en vergeef ons ons skulde (Matt. 6:12 & 13). Help my, Here, om op U te fokus en nie te fokus op die DINGE, wat ek uit my verhouding met U kan kry nie. Amen.
Saturday, 25 October 2025
My Genade is vir jou genoeg!
Met 'n stem vol liefde, so sag en so teer,
fluister Jesus Christus:
My kind lê jou hoof op My skoot neer ...
Vergeet van jou probleme en al jou smart
Vergeet van satan wat jou uitlok en tart
Vergeet van die las wat swaar op jou rus
Vergeet van jou sonde, dis reeds uitgewis
Maak net jou oë toe en luister na My Stem
Jy is Myne, lank voor tyd het Ek jou geken
Jy is tot alles instaat deur My Krag wat Ek jou gee,
Ek sal jou paaie gelyk maak, as jy My ken in al jou weë
Ek is jou Rots, jou Verlosser, by My kan jy skuil
Ek wil jou teen My vashou, jou troos as jy huil
Ek wil vir jou gee, meer as wat jy My vra
Ek wil langs jou wandel en jou laste dra
Ek wil hê jy moet weet Ek het ook vir jou die prys betaal ...
Moenie opgee nie, maak nie saak hoeveel maal jy faal
Ek vra nie wees perfek nie, Ek vra net dat jy probeer
Wanneer jy val, moenie bly lê nie, staan op, probeer weer
My Genade is vir jou genoeg!
JESUS SE KOSBARE LIEFDE
[Onbekend ]
My kind lê jou hoof op My skoot neer ...
Vergeet van jou probleme en al jou smart
Vergeet van satan wat jou uitlok en tart
Vergeet van die las wat swaar op jou rus
Vergeet van jou sonde, dis reeds uitgewis
Maak net jou oë toe en luister na My Stem
Jy is Myne, lank voor tyd het Ek jou geken
Jy is tot alles instaat deur My Krag wat Ek jou gee,
Ek sal jou paaie gelyk maak, as jy My ken in al jou weë
Ek is jou Rots, jou Verlosser, by My kan jy skuil
Ek wil jou teen My vashou, jou troos as jy huil
Ek wil vir jou gee, meer as wat jy My vra
Ek wil langs jou wandel en jou laste dra
Ek wil hê jy moet weet Ek het ook vir jou die prys betaal ...
Moenie opgee nie, maak nie saak hoeveel maal jy faal
Ek vra nie wees perfek nie, Ek vra net dat jy probeer
Wanneer jy val, moenie bly lê nie, staan op, probeer weer
My Genade is vir jou genoeg!
JESUS SE KOSBARE LIEFDE
[Onbekend ]
Kerkgenotjies: Tieners
* 'n Kwessie van tyd
Pa: "Het ek die staanhorlosie in die sitkamer drie hoor slaan toe jy gisteraand ingekom het?''
Seun: "Ja, Pa, dit sou elf geslaan het, maar toe stop ek dit om Pa-hulle nie te steur nie."
* 'n Gholfspeler is 'n man wat vyf kilometer met 'n swaar gholfsak aansukkel, maar dan sy tienerseun vra om vir hom 'n asbakkie te bring.
soek geselligheid.
soek na vreugdevolle en gelukkige samesyn.
wil ontspanne lewe in 'n blye atmosfeer.
begin koop en koop,
omdat hy soms meer in sy beursie het
as in sy kop en in sy hart.
[Phil Bosman]
soek na vreugdevolle en gelukkige samesyn.
wil ontspanne lewe in 'n blye atmosfeer.
begin koop en koop,
omdat hy soms meer in sy beursie het
as in sy kop en in sy hart.
[Phil Bosman]
Die klas se dromer sit die hele periode en tyd verspeel, totdat die klok lui en hy sy vraestel moet inlewer.
Bitter haastig krap hy toe die volgende sin in sy boek:
"Die snaaksste ding wat ek nog ooit gesien het, was te snaaks vir woorde!"
Verjaardagwense
Elsa, mag Jesus jou seën met gesondheid en jou lewe vul met gelukkige oomblikke, liefde en vreugde. Mag vrede en genade jou deel wees vir jou nuwe lewensjaar. Wonderlike wense vir 'n geseënde dag.
Friday, 24 October 2025
Terugblik: Inhoudsopgawe van "Die Dorstfontein" Oktober 1986
Inhoudsopgawe:
1. So sê die Woord (bl. 1)
2. Vrouediens (bl. 2)
3. Jeug (bl. 2)
4. So sê die gemeente ... (bl. 5)
5. Troosdae (bl. 8)
6. Van alles en nog wat (bl. 8)
7. Senior Burgers (bl. 9)
8. Ons stel voor ... (bl. 10)
9. Om die draai - Novembermaandaktiwiteite (bl. 11)
10. Mooi gedagte: Tyd (bl. 12)
11. Inkleurprent vir die kleuters (bl. 13)
Elke vereniging of aktiwiteit het maandeliks verslag gedoen oor hul doen en late die betrokke maand en het net so geraak aan wat die volgende maand op die lede wag. Op hierdie manier is daar deeglik rekord gehou van wat in die gemeente gebeur. Hierdie tipe inligting is van onskatbare waarde as daar in die geskiedenis van die gemeente gedelf word.
Daar gaan die volgende paar Vrydae uittreksels uit "Die Dorstfontein" van Oktober 1986 gegee word.
[Letsie Joubert het o.a. "Die Dorstfontein" getik.]
Thursday, 23 October 2025
Afkondiging: Kersbederf by Ons Huis
Kersfees 2025 is om die draai. Ons wil graag Ons Huis se inwoners bederf met 'n heerlike ete en geskenkies. Ons het egter elke gemeentelid se bydrae nodig om hierdie bederfprojek 'n sukses te maak.
Bydraes in die vorm van seep, waslappe en koekies kan by die kerkkantoor afgegee word.
Afsnypunt vir geskenkies: 24 November 2025
Help ons om Ons Huis-inwoners te bederf en
om 'n oor-tot-oor-glimlag op hulle gesigte te sit.
Kerssangdiens 2025
KOM DEEL IN DIE VREUGDE
VAN DIE KERSSANGDIENS!
WANNEER: 30 November 2025
TYD: 17:30 vir 18:00
WAAR: By NG Kerk Dutoitspan
Kom vroeg en bring die bure, vriende en familie saam!!
Heerlike vrugteslaai en roomys na die diens!
Dink hieroor: En saam maak almal die mooiste bos blomme
As mense soos blomme kon wees, sou daar geen nydigheid gewees het nie. Elke blom staan trots en fier in sy eie kleur - die kleintjies en fyntjies, is net so mooi soos die sterkeres en groteres. Almal kry 'n plekkie in die grond en in die son. En saam maak almal die mooiste bos blomme. Selfs die blare is 'n fees vir die oog.
Hoe lyk ‘n bedagsame lewe voor God? Dit is wanneer jy jou kop bewustelik optel en met nuwe oë na die wêreld om jou begin kyk. Liewe mens na aan God se hart, het dit nie tyd geword dat jy begin blom net daar waar God jou geplant het nie?
Wednesday, 22 October 2025
Mossiestilte: Sag 12:10 Godspraak
Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind.
Kom ons kyk weer na nog 'n profesie van Jesus. Maar let op, dit is God wat praat: En hulle sal opsien na "Hom" vir wie hulle deurboor het.
Vir al die wat sê dat daar nêrens in die Ou Testament gesê word dat Jesus, God is.
Bestudeer die hoofstuk en die spesifieke vers by jouself en sien hoe lewendig word die openbaring van die Woord van God voor jou.
Vergelyk ook hoofstuk 13 vers 6 & 7.
Baie dankie, my Vader, wat in die hemele woon, vir die openbaring van Uself en die beklemtoning van die God drie-eenheid. U was geslaan vir my sonde en u wonde aan die kruishout, het erge bloed gestort om my sondes af te was en my te reinig, en my wonde te genees. Dankie dat U 'n waarmaker van u woord is. Ek verlustig my in U, in Jesus Naam. U is die Here my God! Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Tuesday, 21 October 2025
Mandjie Hoop: Wees geseënd
Mag GOD vandag rotse breek vir jou en
mag HY lewende waters in jou lewe spoel.
Mag HY jou voed met Hemelse Manna.
Mag HY jou lig gee,
Mag HY jou lig gee,
jou omring met vuur
jou met SY wolke oorskadu.
Mag HY SY weermag en engele stuur om jou te beskerm.
Mag HY jou seën op elke moontlike manier met alles wat jy mag benodig.
Mag HY SY weermag en engele stuur om jou te beskerm.
Mag HY jou seën op elke moontlike manier met alles wat jy mag benodig.
[Dankie, Rosetta]
Monday, 20 October 2025
Gebed: Dankie vir U beskerming Here
Dankie dat U ons beskerm al voel ons bang
Heer, dankie dat ons al U wonderwerke mag sien
Dankie dat U ons die keuse gee of ons U wil dien
Ons hoef nie in vrees te lewe nie
Want U is die eindpunt waarna ons strewe
Heer, neem ons dankgebed aan in hierdie kort gedig
U is die rede waarom ons kan stap oor hierdie brug
Heer, U gee ons soveel geleenthede om U aan te neem
Help ons terug waar ons van U begin vervreem het
U ken al die opstruksies waarteen ons daagliks vaskyk
U ken al die tekens wanneer ons begin afwyk
Maar my hart jeubel en juig op hierdie dag
Weereens maak U ons oë oop en wys ons u krag
Nog ‘n geleentheid word geskep waarin ons kan terugkeer
Want in U liefde vergeef U ons keer op keer
Dankbaar dink ons terug aan Christus op die kruis, Amen.
Dankie dat U ons die keuse gee of ons U wil dien
Ons hoef nie in vrees te lewe nie
Want U is die eindpunt waarna ons strewe
Heer, neem ons dankgebed aan in hierdie kort gedig
U is die rede waarom ons kan stap oor hierdie brug
Heer, U gee ons soveel geleenthede om U aan te neem
Help ons terug waar ons van U begin vervreem het
U ken al die opstruksies waarteen ons daagliks vaskyk
U ken al die tekens wanneer ons begin afwyk
Maar my hart jeubel en juig op hierdie dag
Weereens maak U ons oë oop en wys ons u krag
Nog ‘n geleentheid word geskep waarin ons kan terugkeer
Want in U liefde vergeef U ons keer op keer
Dankbaar dink ons terug aan Christus op die kruis, Amen.
Sunday, 19 October 2025
Mossiestilte: 2 Tim. 1:7
Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
Jy moet nooit skaam wees oor die Heilige Gees wat Jesus jou as geskenk van die Vader gegee het om in jou te leef nie.
Dit is jou krag en liefde en selfbeheersing
God het jou gered en jou met 'n heilige roeping geroep volgens sy plan en genade wat in ons geplaas is van ewigheid in Christus Jesus.
Hfst 2:1 ek herinner jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur oplegging van my hande
Dankie, Jesus, vir die sterkte en krag en liefde en selfbeheersing van u Gees. Ek het U volheid van wysheid en kennis gekry deur u U Gees om die wêreld van U te vertel en U naam groot te maak. Amen
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Saturday, 18 October 2025
Kerkgenotjies: Allerlei
* Mediese raad wat op die lange duur finansiële voordele kan inhou:
As jy wil ophou rook, gaan spreek 'n sielkundige. Nadat jy sy rekening gekry het, sal jy nie meer sigarette kan bekostig nie.
* Van watter woord hou 'n vrou die meeste?
Die laaste een.
* Plesier maak plooie:
"Goeie genade," sê die dokter toe 'n nuwe pasiënt sy hemp uittrek vir 'n ondersoek, "soveel plooie en eelte op 'n maag het ek nog nooit gesien nie! Is dit hoekom jy my kom spreek het?"
"Nee, dokter, ek is hier weens sinus. Dié maag is pure plesier. Ek speel elke naweek trekklavier in 'n boeremusiekorkes."
* Die Iere:
Gehoor hoe Paddy in die hospitaal beland het?
Hy was besig om die kerk se dak reg te maak. En toe hy die laaste teëls gelê het, het hy teruggestaan om sy handewerk te beskou.
Friday, 17 October 2025
Matrieks: Baie sterkte, kalmte en genade ...
Sukses is iets wat jy self bepaal.
Dis om te werk as ander rus;
aan te hou te midde van teenstand;
altyd te beur na ’n ver wenpaal.
Sukses is ’n droom, ’n ideaal.
Dis om in die sleurwerk van elke dag
iets anders en beters te sien wag,
en deur aanhou en uithou
uiteindelik daardie droom te verwesenlik.
Gedig: Geen tyd
Ek het gekniel om te bid,
Ek moes my na my werkplek haas,
My Christelike plig was tog nou nagekom,
Geen tyd is gemaak om met vriende oor Christus te praat -
Met neergeslane oë het ek voor die Here verskyn
"Jou naam verskyn nie in my Boek nie," sê God toe Hy met my spreek,
"Ek wou dit op 'n keer neerskryf, maar die tyd daarvoor het ontbreek".
maar soveel het my te doen gestaan,
dus was dit van korte duur.
Ek moes my na my werkplek haas,
anders kon dié aan wie ek iets skuld,
my aangluur.
Derhalwe het ek gekniel,
Derhalwe het ek gekniel,
gou 'n gebed gedoen;
en vinnig van my knieë opgestaan.
My Christelike plig was tog nou nagekom,
so my siel kon in rustigheid weer voortbestaan.
Die ganse dag het die tyd ontbreek
Die ganse dag het die tyd ontbreek
om 'n woord van bemoediging teenoor iemand te spreek.
Geen tyd is gemaak om met vriende oor Christus te praat -
hulle kon met my die draak steek.
Geen tyd, geen tyd, te veel om te doen,
Geen tyd, geen tyd, te veel om te doen,
dit was my voortdurende klaaglied
Geen tyd afgestaan aan siele in nood,
Geen tyd afgestaan aan siele in nood,
maar eindelik baie tyd:
dít wat die dood aan my bied.
Met neergeslane oë het ek voor die Here verskyn
en daar moes ek staan en bewe,
Want in Sy hand het God 'n boek gehad:
Want in Sy hand het God 'n boek gehad:
dit was die Boek van die Lewe.
"Jou naam verskyn nie in my Boek nie," sê God toe Hy met my spreek,
"Ek wou dit op 'n keer neerskryf, maar die tyd daarvoor het ontbreek".
('n Variasie op verlede week se TYD-gedig. Klik HIER om dit weer te lees!)
Subscribe to:
Comments (Atom)






































