Saturday 31 August 2024

Kerkgenotjies: Hondeliefhebber

‘n Man loop in die park waar hy 'n vrou op 'n bank sien sit met 'n hond wat langs haar lê. Hy is baie lief vir honde en wil die hond streel, maar eers vra hy haar: "Mevrou, byt jou hond?"
"Nee, my hond byt nie."
Die man vryf oor die hond se kop, maar die dier hap sy hand dat die bloed loop. Woedend skree hy vir die vrou: "Ek dog jy sê jou hond byt nie!"
"Hierdie hond,'' sê die vrou komkommerkoel, ''is nie my hond nie."

Bankbesonderhede


Friday 30 August 2024

'n Boemelaar-dankie aan elkeen wat vanaand spesiaal gemaak het!!


Resep beskikbaar by die kerkkantoor!!

Foto's: Ensie Enslin en Elsa Minne

Gedig: Boemelaar se fluit

ek fluit vir jou 'n lied van heimwee en verdriet,
van tye lank verby
toe ons nog saam kon bly.

Wat het gebeur?
hoe kon ons liefde so skeur,
in flenters val ons liefde neer
nou is daar net die seer.

Jou lyf warm teen 'n ander ou
wyl ek sit hier in die kou,
my lewe is nou flenters
geen uitsig
deur skoon vensters.

[Bron: Klik HIER vir nog gedigte.]

Thursday 29 August 2024

En so lees ons stil-stil verby 166 000

Geniet 'n heerlike koue boemelaarsaand

Dink hieroor: Het jy al saam met die gebrokenes van hart gesit?

Bekeer jou denke en beïnvloed die wêreld positief

Op ‘n dag het ‘n dosent vir sy studente ‘n swart kol op ‘n groot wit bord geteken. 

Hy vra toe vir sy studente, wat hulle sien. Elke student het ‘n antwoord gehad. Elkeen het die swart kol se posisie, grote en vorm beskryf. Die dosent antwoord toe vir hulle dat hulle almal verkeerd is. Daar is nie net ‘n swart kol op die bord nie. Daar is ‘n hele witbord vol wit oppervlakte rondom die swart kol. Hulle het so gekonsentreer op die swart kol, dat hulle die wit oppervlakte mis gekyk het.

So kyk ons ook dikwels na die swart kolle in ons lewe en ons sien nie die groot wit oppervlakte van geleenthede en groei raak nie. Die swart kolle, kan persoonlike probleme wees, jou omstandighede, jou teleurstellings, jou verliese of jou bekommernisse. Ons konsentreer so daarop, dat ons die potensiaal van die lewe miskyk. Ons val vas in die swart kolle van die lewe en ons mis ‘n lewe van groei, lewensgeluk en potensiaal. Ons konsentreer so op die negatiewe in die lewe, dat ons die baie positiewe dinge in ons lewe miskyk.

Daar is ‘n lied wat sê : “Tel jou seëninge, tel hul een vir een.” As dit jou lewensmotto is, kan jy nie anders as om gelukkig te wees nie.

Wat maak of breek ‘n huisgesin? Mense met ‘n voortdurende kwetsende negatiewe ingesteldheid wat net altyd die swart kolletjies op die groot witbord raaksien, maar nooit die groot witbord, vol positiewe potensiaal raaksien nie.

Wat laat huwelike kwyn? Wanneer ek gedurig net my maat se foute, die paar swart kolletjies op die witbord raaksien. Ek konsentreer so op die negatiewe, dat ek nie eers meer die positiewe raaksien nie. Die paar swart kolletjies word so oorheersend, dat my lewensmaat uit fokus raak en ek onvergenoegd met my huwelik raak.

Ons kan ons kinders so bombardeer met die negatiewe, dat hulle later ook negatiewe grootmense word, wat oor alles negatief is. Ons kan so negatief oor ons kinders praat, dat hulle dit later begin glo en lei aan ‘n negatiewe selfbeeld.

Dan bestaan ‘n mens net. Dan leef jy nie. Jy oorleef miskien, maar jy leef nie. Dit terwyl die Here juis vir ons ‘n lewe van oorwinning wil gee. Die Here wil hê dat ons vreugdevolle huwelike en gesinne moet koester. Die Here wil hê dat ons positiewe kinders met ‘n gesonde selfbeeld moet grootmaak. Die Here wil hê dat ons, ons werk met vreugde moet doen. Die Here wil hê dat ons as sy beelddraers elke dag skeppend en kreatief dié lewe moet skep. Net positiewe mense kan skep.

Ja, ons moet vreugdevolle huwelike en gesinne skep, deur positiewe denke en gedrag. Ons moet ons werk elke dag vreugdevol doen, deur skeppende positiewe kreatiwiteit. Net positiewe mense kan skep.
Positiewe mense skep dankbaarheid, vergenoegdheid, deernis, empatie, vriendelikheid, gasvryheid, vergewensgesindheid, en liefde en al die ander gawes van die Gees.

Juis daarom moet ons leer om dankbaar te wees, onder alle omstandighede. Dankbaarheid is alleen moontlik, wanneer ek, soos Paulus in Fil 4: 4-9 my gedagtes instel op alles wat reg en mooi en prysenswaardig is. Om dankie te sê, verander ‘n mens se lewe. Dit draai die fokus weg van jouself, weg van jou eie behoeftes en eise en maak van jou ‘n mens wat eerder wil gee as om te ontvang.

Onthou die volgende aanhaling: “ Dankie Here, vir alles wat U vir my gegee het; vir alles wat U van my weggeneem het; vir alles wat U vir my laat staan het.”

Dit is nie wat jy verloor het, wat tel nie, maar wat jy oorhou. Werk en woeker daarmee, totdat jy jouself uit jou onvergenoegdheid bevry het. Wees dankbaar en positief, selfs oor die “bietjies” in jou lewe en jy sal bevrydend en oorwinnend kan lewe.

Mag God se Gees gee, dat ons ons denke sal bekeer, tot skeppende kreatiewe positiewe mense, wat deur ons positiewe gedrag die wêreld positief beïnvloed.

[Dankie, Rosetta, vir hierdie lewenswaarheid.]

Wednesday 28 August 2024

Dink hieroor: Wonderwerke

 

[Dankie, Rosetta, vir die aanstuur.]

Mossiestilte: Luk. 6:19

En die hele skare het probeer om Hom aan te raak, omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak.


Die groot Geneesheer is vandag wakker oor jou, om jou gesond te maak. Krag gaan gedurig van Jesus uit aan almal wat Hom aanraak. Sy krag is 'n onuitputbare ewige bron van krag. Praat vanoggend met Jesus en vertrou Hom, om jou te genees. Jesus het nie vir die regverdiges gekom nie, maar vir die wat ongesteld is, want hulle het Hom nodig.

Here, ek het U daagliks nodig. Ek moet elke minuut van elke dag myself aanspreek, om gehoorsaam te wees aan U alleen. Ek roep U elke dag aan, of dit goed gaan en of ek ongesteld is. U Heilige Naam wil elke dag verheerlik en verkondig. U genees my; krag van die ewige koning, gaan uit U uit en versterk en genees my. U is hoog en verhewe. Mag u Naam verheerlik word. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Tuesday 27 August 2024

'n Ewige tuiste ...

Ons God, ons hulp deur die eeue heen,
Ons hoop vir heel die toekoms,
Ons beskutting as die storms kreun,
'n Ewige tuiste vir ons.
- Isaac Watts -

Monday 26 August 2024

One tree at a time - plant a free tree where you live

Life is a short journey ...

You work 8 hours to live 4.
You work 6 days to enjoy 1.
You work 8 hours to eat in 15 minutes.
You work 8 hours of sleep 5.
You work all year just to take a week or two vacation.
You work all your life to retire in old age.
And contemplate only your last breaths.
Eventually you realize that life is nothing but a parody of yourself practicing your own oblivion.
We have become so accustomed to material and social slavery that we no longer see the chains. 
Life is a short journey, live it!

[Thank you, Rosetta]

Maandag-gedagtesaad

Sunday 25 August 2024

Soli Deo Gloria!


Ds Ray Goddess is sharing God's Word this morning at NG Dutoitspan, Kimberley. After the service there will be time for prayer for healing. Soli Deo Gloria!!!

Photos: Ds. Ensie Enslin

Derde kwartaalprogram: Augustus & September

25 Augustus: Na die erediens is daar 'n genesingsdiens.
25 Augustus: Bybelsondag
30 Augustus: Boemelaarsaand 
30 Aug.-1 Sept.: Vrouefees 2024 op Upington 
7 September: Lentefunksie (60+)
11 September: Kerssangdiensvergadering
20 September: Skole sluit
21 September: Fear Factor-aand (Jeug)
11-12 Oktober: Belydeniskamp
19 Oktober: Potjiekoskompetisie  

Mossiestilte: Es. 47:9

En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe;


Na aanleiding van die groet van 'n vriend ...
Toe iemand hom vra hoe dit gaan, sê hy: "Strome!"
Die vraagsteller het onmiddellik geweet wat sy vriend met die antwoord bedoel ... strome van seën.
Is dit nie wat ons in die kerk sing nie?
Waar kom dit vandaan? Jesus sê in Joh. 7:38 - strome van lewende water sal uit sy binneste vloei ... uit wie? Uit hom wat in Hom glo.
Die water en stroom spreek van die Heilige Gees.
Jesus wil vandag aan jou sy Vader se geskenk gee naamlik, die Heilige Gees; die stroom van die Heilige Gees.
Uit jou sal strome van seën vir almal om jou vloei, omdat jy na Jesus toe gekom het om jou dors te les.

Dankie Vader vir die stroom van lewende water wat vanuit u troon vloei vir almal om van te drink. Es. 47 sê: alles lewe by die stroom, en die bome langs die stroom, hou nooit op vrugte dra nie en hulle blare verdor nooit nie. By U Here, is die lewe, en lewe in oorvloed. Ek drink vandag by u stroom van lewende water, sodat strome van lewende water ook uit my kan stroom en u Naam verheerlik kan word. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Dagboek: 25 Augustus

Oesmaande: Augustus

Saturday 24 August 2024

Konferensie: sessie 2 en 3

Foto's: Elsa Minne

Wees sterk, wees vasberade.

Daar was eendag ‘n ou tannie wat vreeslik lief was vir tuinmaak. Met liefde en sorg het sy na al haar plantjies en blommetjies omgesien. Verbygangers het eers vir ‘n wyle stil gaan staan om haar pragtige tuin te bewonder.

Eendag daag ‘n joernalis op, om met haar ‘n onderhoud te voer. Te hoor wat sy dan doen dat haar tuin so uitstaan bo al die ander tuine in die dorpie.

En toe vertel sy dié storie:
“Jare gelede, toe die dorpie tot stand gekom het, het die burgemeester ons almal genooi om saad en toerusting te kom haal sodat ons die dorp se tuine kan mooi maak. 

Omdat ek moeilik loop, as gevolg van my skewe voet, het ek laaste daar aangekom en laaste in die ry ingeval. Almal voor my het die beste pakkies saad uitgesoek en die mooiste gieters gevat. Of só het ek destyds gedink.

Toe ek uiteindelik voor kom, was daar nog net ‘n paar oorskiet pakkies saad oor en ‘n stukkende gietertjie. Die gietertjie was gebuig en vol gate, maar het vir my so kosbaar en mooi geword met die jare.

Ek het al die saadjies wat ek bymekaar kon kry in my tuin kom saai en getrou dit natgegooi met die stukkende gietertjie. Want, het ek agtergekom, die gietertjie vol gate het soos ‘n spreier gewerk. Dit kon terselfdertyd op verskillende plekke natmaak. Ook ‘n straaltjie op my skewe voet laat val, wat tussen my tone kielie, en my laat skaterlag het. Onwillekeurig het ek my tone begin beweeg van die tinteling en daar het weer lewe in my voet gekom. Daardie gietertjie het wyd gesprei.

Dit was dus ‘n seën dat ek al die verskeidenheid saadjies en die beste gietertjie kon gekry het.”

Werk dit nie maar in die lewe ook so nie?

Ons almal probeer altyd die mooiste en beste in alles kies en wees. Die regop gietertjies met perfekte tuitjies, sonder duike of merkies. Ons moet mos altyd goed vertoon, ‘n mooi straaltjie kan gooi, sonder om onnodige druppels te mors, sekuur gemik op die teiken.

Niemand van ons wil tog, as keuse, ‘n gebuigde ou gietertjie, vol gate, wees nie. Maar dis juis daardie gietertjies vol gate, wat wyer kan besprinkel, as die perfekte gieters. 

Jesus self, was vol gate gemaak, daar waar Hy aan die kruis vir ons gehang het. En deur daardie wonde kon Sy liefde wyd oor die mensdom uitvloei. Hy was liggaamlik geknak, nie meer heel nie. Hy moes stukkend word, sodat ons geestelik heel kon word.

Die lewe knak ons ook soms. Bitter min van ons kom ongeskonde anderkant uit. Maar dis juis dan wanneer ons meer bruikbaar word vir God en ander.

Want as jy vol ‘gate’ is, kan Sy liefde wat deur jou vloei (wat die bron van lewende water is) beter sprei oor ander, maar ook oor jou eie binnetuin. Die Here kies soms die mees gebuigde gietertjies, met die meeste gate, om groot dinge vir Hom te doen. Want hulle is nie meer so ingestel op hoe hulle lyk nie, maar net op hoé diensbaar hulle kan wees.

“Here, dankie dat U nie na ons uiterlike kyk, of na die verwonding van ons innerlike nie. Dankie dat U elke hart raaksien. Dat U liefde dit vir ons moontlik gemaak het om diensbaar te kan wees. Dankie dat U stukkend geword het, sodat ons heel kon word. Gee dat ons met trots U liefde sal sprei oor ander en onsself. Gebruik my, stukkende gietertjie om vir ander lewende water te gee wanneer ek nie meer kan nie, want ek weet in my swakheid word U krag volbring."
Amen

(Skrywer onbekend)

“Ekself gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” Josua‬ ‭1‬:‭9‬

[Dankie, Rosetta, vir hierdie pragtige bydrae.]

Kerkgenotjies: Goeie buurmanskap

Hennie se hond kom by die huis aan met die buurman se duur, ingevoerde Angora-konyn in sy bek. Die konyn is erg besmeer en duidelik dood. Hennie wil nie kwaaivriende met die buurman raak nie en maak ‘n plan: Hy was die dooie konyn deeglik, blaas hom met sy vrou se haardroër droog en gaan sit hom stilletjies in sy hok terug.
‘n Rukkie later loer die buurman oor die heining en sê: “’n Baie snaakse ding het gebeur. My konyn het gister gevrek en ek het hom begrawe. Vanmôre lê hy sowaar silwerskoon terug in sy hok.” 

Friday 23 August 2024

Konferensie: sessie 1


26 konferensiegangers het vir die eerste sessie van hierdie besondere konferensie geregistreer. Di. Ray Goddess en Mike Endicott van Wallis en Portsmouth (GB) was vanaand aan die woord.

Foto's: Elsa Minne